Dis so mooi!!!

Boendoe was so gaaf gewees om haar sirkus hier na ons dorpie toe te stuur!  Ek was uit my vel uit!  Ouboet was nog nooit by die sirkus nie, die naaste wat hy daarby gekom het was ‘n ietwat negatiewe weergawe wat hy op een van sy ‘Gouelokkies en die drie beertjies’ Dvd gesien het. 

Ek was geskok toe ek sien wat dit kos, R50.00 vir onbespreekte sitplekke, R80.00 vir bespreek en R100.00 vir die voorste gestoeltes.  Nietemin, ek druk my hand toe diep in my sak in en kry vir ons 3 R100.00 kaartjies, (vir my, Ouboet en Oupa), want as ek die geld dan moet uitgee doen ek dit maar behoorlik.  Ek was nie teleurgesteld nie! 

OK, ek moet byvoeg dat Amsterdam nou nie van die vooruitstrewendste mense het nie, die tent was maar half vol (wat eintlik ‘n fees was) en almal maar almal wat dit kon bekostig was daar!   Ek kan julle nie eers vertel hoeveel mense ek mee gesels het nie, mense wat voorheen nie eens bewus was van my bestaan nie.  Dit was ‘n kwessie van twee tree loop, stop, “Hoe gaan dit met Jounick” – nee baie goed dankie – “wanneer trek julle” – oor twee weke – ” wat van die huis” – ek weet nie, sal maar sien – ” Cope jy?” – Ag please, hoe lyk dit vir jou…   ensovoorts,ensovoorts…  Wel uiteindelik het die sirkus begin en ek was AMAZED!!!

Ek was toe ek in graad 2 was laas in die sirkus en die eerste ding wat ek gedoen het toe ek ingaan was om my vriendin, Wipneus te SMS – “Was die tente altyd so klein, jyts, ek dog dis baie groter???” – “Whahahaha, (lag sy vir my) Nee jou pampoen, jy was baie kleiner…”  Nietemin, die vertoning was uit die boonste rakke.  Ek glo nie hierdie mense maak ‘n duit geld in Amsterdam nie, dit kan onmoontlik winsgewend wees om hier op te tree, maar hulle show was ongelooflik goed en profesioneel. 

Die eerste item was die tiere en die leeus, dit was spot on!  Ouboet het vasgesement op sy stoel gesit!  Tiger is dan daar!!!!   Ek dink as hy lank genoeg sonder asem kon bly sou hy nie eers asemgehaal het nie!  My hiperaktiewe kind het betower deur die hele vertoning gesit!  Maar sy mondjie was nooit stil nie, tussen die hoekoms en waaroms was dit ‘n onophoudelike stroom van “Dis so mooi!  –  Wow! – Doen dit weer!” – ek is oortuig iewers was daar ‘n verdwaalde “Goeie donnir” ook gewees, maar toe ek hom vinnig aankyk was daai gesiggie so betowerd dat ek dit maar daar gelaat het.  Sy gunsteling was ‘n dame wat aan lappe rondgeswaai en toertjies gedoen het.  Sy Ursula (alla George of the Jungle) sal hy seker nooit in sy lewe vergeet nie!  Ek kan ook byvoeg dat ek nog nooit sulke skreeusnaakse hansworse in my lewe gesien het nie!

Nou ja, all in all, ‘n aand om nooit te vergeet nie!  En glo my as daardie sirkus ooit weer in ons omgewing is, sal ek nie huiwer om weer daardie geld uit te haal nie.

13 Responses to Dis so mooi!!!

  1. Adrie says:

    Lyk my die skrif is teen die muur. Adriana Magrieta Swanepoel is n snob. Een met onredelike verwagtinge

    Ek dink ek moet dit op die middagvertoning blameer.

    Ek is bly Ouboet het dit geniet. Ek sidder as ek daaraan dink wat hy alles in sy eie sirkus gaan aanvang. 😆

  2. boendoe says:

    Ag, ek is bly, Pikkie!! Ek was so bang jy voel soos Adriana… 😉 Dis die beste treat om die kinders dop te hou. Veral, soos jy se, as hulle ‘bekende’ karakters soos Tiger en Simba in lewende lywe kan sien!

  3. Dellie says:

    Jinne, ek sal moet ‘n plan maak as die sirkus weer in ons valley kom draai. Ek weet hoeka van twee kindertjies wat dit nog nooit beleef het nie. Ek dink jy MOET sirkus toe gaan saam met ‘n kleintjie – dan ervaar jy dit deur hulle oë en al die magic van jou eie kleintyd kom terug. Ja-nee, ek maak hierdie ‘n mission!😉

  4. Ag lekker man! Hier was op ‘n stadium ‘n sirkus van Ukraine af, maar ek het dit ongelukkig gemis…Ek is mal oor die sirkus (ek is ‘n one woman sirkus) en om dit saam met ‘n kind te kan ervaar is sommer net weer magic van voor af!

  5. Wipneus! says:

    Ok, die sirkus moet hier kom draai. Ek sal maar vir Adrie saamvat sirkus toe😈

    Ek is bly jy het dit geniet. Dis ‘n blink plan ek weet ook van kinders wat ek kan sirkus toe neem!!!

    Lekker dag vriendin

  6. platterfuss says:

    Sulk ek nou! SIRKUS!!!! Eish! I wantttttttttttttttt!!!!

  7. Adrie says:

    Adrie sit nie weer haar voete in ‘n sirkus nie, tensy die opregte klein Adrietjies daarvoor kak en kerm. En ek was met ‘n 6 jarige by die sirkus.

  8. carina says:

    Dit klink so lekker! Ek was nog nooit by die sirkus nie. My ma het iets gemompel van diere mishandeling of so iets. eendag as ek groot is gaan ek ook sirkus toe.

  9. Eilandkind says:

    Ek was altyd mal daaroor om sirkus toe te gaan! Ek het selfs ‘n sirkus bygewoon in die Oékraine, wat wonderlik was.
    Mens MOET egter ‘n kind saamvat, sodat jy jou kan verlustig aan die gesigsuitdrukkings en uitlatings.

  10. Lorna says:

    Sirkus. Ek moet elke jaar my seun neem. Hy is mal daaroor.

  11. Zee says:

    Soos dit vir my hier lyk het Pikkelik hierdie uitstappie meer geniet as ouboet😆
    Ai, ek kan nie wag om ook weer sirkus toe te gaan nie.

  12. demoerin says:

    😆 Lekker, Sover dit sirkus en dieretuin aangaan sal demoerin altyd ‘n klein seuntjie bly.

  13. Paula says:

    Ek is bly julle het dit geniet!🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: