Mamma

Sien julle daai smile op hierdie mamma se gesiggie – DIS FAKE/AANGEPLAK!!!!!!

As julle mooi kyk sal julle die sirkels onder haar oë sien….

30 Responses to Mamma

  1. sonneblomseplekkie says:

    Hehehehee 😉

  2. Eendjie says:

    Ag toemaar, dit sal ook verbygaan! 🙂
    Ons Ma’s is mos maar goeie aktrises!

  3. Ogies says:

    Jip, daai oge is net so groot omdat sy te bang is om hulle toe te maak, want dan gaan sy aan die slaap raak!!!

  4. Ja nee, daai oe gee haar weg!

  5. Zee says:

    Pikkie, weet jy wat, ek sal alles in die wêreld wil gee om ‘n “stay at home mommy” te wees. Ek sal maar die sirkels om die ogies verbloem 😉

    Sterkte!

  6. demoerin says:

    😆 Ja-nee, die tannie lyk bietjie gehawend. Sy voer die hond al die bottel, geen wonner die kind huil so nie!

  7. Alda Augustyn says:

    Ek het mos al vir jou gesê…enjoy! Tyd vlieg! Kringe onder die oë gaan ons altyd hê, oor ‘n paar jaar is die kringe van wonder of hulle OK is, gelukkig is, dat hulle harte nie gebreek word nie, dat hulle tog lekker “solid” grootmense moet raak…ag en dat hulle veilig by die huis kom as hulle uitgaan!!! Ewige stryd! (Lekker stryd…)

  8. Rustig says:

    As my “petty coat” so hang! As jy nou al so lyk, wag tot die hormone begin inskop en die tiener jare begin. Ek stel voor jy koop nou al ‘n pruik. Jy sal nie haar oor hê nie. Dit is hoekom ek nie kniders het nie. Ek sal hulle neem slegs as hulle aan en af geskakel kan word.
    😆

  9. Maritza says:

    Hi Tannie. My naam is Maritza. Tannie se man is my oom. My ma se naam is Christine, hulle was nou die dag daar by tannie-hulle.

    Ek wil graag hoor of tannie asb ‘n paar foto’s van die huis (binne en buite) kan neem en dit dalk sommer per e-pos vir my aan stuur. My ma het nie nou die dag kans gekry om foto’s te neem nie.

    Baie dankie

  10. Paula says:

    Gelukkig/ongelukkig? word die kinders groot 🙂

  11. Pikkelik says:

    Hallo almal, ek moet tog net regstel en sê ek voel nie elke dag so nie, dis net die pakkery en al die reelings so tussen die kinders deur wat my bietjie onder kry! 😈
    Maritza, ek het gewonder wanneer jy nou eendag ‘n comment gaan los!!! 😉 Welkom in die blik en ek sal dit met liefde vir jou doen, groete vir al die familie!

  12. Pikkelik says:

    BTW – vir die wat regstaan met die gewere, Mynick het 8 boeties en sussies, met getroude kinders en meeste van hulle het al kleinkinders, ek het rerig nog nie die geleentheid gehad om almal te ontmoet nie, maar ek ken darem hulle name en ek weet wie behoort by wie… So there!!

  13. want jy is ‘n survivor!!!

  14. Dellie says:

    Ek dog dis hongerpyne… :mrgreen: Jip, dis hongerpyne. Jy het roomys nodig, dink ek! 😆

  15. boendoe says:

    En moenie daai slippers miskyk nie! Pik, sloef jy ook so rond in jou slippers?? EK doen! 😆

  16. Adrie says:

    Cute prentjie.

  17. Adrie says:

    Maar moenie dat Pikkie julle ‘n rat voor die ogies draai nie. Dit is Poppedyn wat wil gly en Pikkie wat pleit dat sy moet bly.

  18. Pikkelik says:

    Rosa – Wahahaha, ek sal hulle onder die tafel in survive!!!
    Boendoe – Noooooit 😳
    Adrie – Ai, ai, ai – laat ek nou maar die aap uit die mou laat, Poppedyn is MAL oor karry!! As die wiele draai is sy in, en as sy jou like, is dit tickets!!!
    Nou ja almal, cheers vir eers, ek vat vanaand vir Ouboet sirkus toe so – ♪♫♪… wish me luck as you wafe me goodbuy….♪♫♪

  19. boendoe says:

    Haai, oe, Blommie! Laat weet hoe JY die sirkus ervaar het! Ek hoop Ouboet geniet dit!

  20. aventer says:

    Pikkie julle was seker by Boswell sirkus ne?

    My ma het gese dat groot dogtertjie nie meer mag sirkus toe gaan nie…maar toe ek se dat ek ‘n babatjie wil he, mag ek dit ook nie gedoen het nie…nou wat mag meisies my ouderdom nou eintlik doen???

  21. maxie says:

    😆 Jou opmerking onder die prentjie is cute! Geniet die sirkus! Help asb as jy nie omgee nie, en ‘n tydjie kan afknyp: hoe kry jy dele van jou inskrywing in “bold” ? (Verduidelik mooi en stadig asb… )

  22. Wipneus! says:

    Ek kan sien daardie prentjie is fake 😆

    Geniet die sirkus!

  23. Adrie says:

    Aventer

    As jy baie soet is, mag jy dalk matriekafskeid toe gaan. 😆

    Maxie

    vervang net die ( met die regte <

    Bold – (b) As jy klaar is (/b)
    Italics – (i) en dan (/i) terug na normaal.

  24. alta says:

    Jy het ‘n stywe dop nodig. Enige dop. Solank dit drank is!! 😀

  25. neykie says:

    😆

  26. maxie says:

    @ Adrie, baie dankie vir jou hulp! Kan nie wag om dit te toets nie.

  27. Roer says:

    Sy’t ‘n dag by die spa nodig.

  28. Nie net ‘n dag nie Roer. Ek dink ‘n hele week!

  29. pikkie: jou man moet jou ‘n naweek wegvat. los die kinders by ouma? (of is ek nou wreed met poppedwyn en die seun)

  30. vygie says:

    Haai siestog. Voel of ek in die spieel kyk… Maar ernstig hoor: Ek lyk liewer so en is by my kiddies. Kon dit nie altyd doen nie en is nou bitter spyt.

Leave a reply to Zee Cancel reply