8,10 of 12

Hierdie kan bloot my verbeelding wees, maar ek glo nie!  Tien jaar terug as ek by ‘n winkel ingestap het, het ek eenvoudig ‘n nommer 8 klere, maak nie saak nie, broek, hemp, rok, baadjie van die rak af gehaal, dit betaal en huistoe gegaan.  Ek het dan die labels afgesny, dit in die was gegooi en gedra. Punt.  Ek het nooit getwyfel nie, ek het geweet dit gaan pas.  Ek het ook nooit foute gemaak nie, dit HET gepas.

Deesdae is dit nie die geval nie.  OK my lyf is ook darem nie meer wat dit was nie, ek het darem twee kinders agter die blad (of moet ek sê boude en maag), maar die punt is, volgens my afmetings is ek veronderstel om nou ‘n nr 10 klere te dra!  In my dreams, baby, in my dreams….

Stap ek by Woolies of Truworhs in, kan ek met ‘n redelik geruste hart ‘n nommer 10 (of dan ‘n 34) klere koop.  Dit gaan of pas of effens groot wees, stap ek by Edgars in kan ek maar eerder soek vir ‘n nommer 11, stap ek by enige ander winkel in, is dit pas en pas en pas en pas….  Ek vat maar so al die sizes van ‘n nommer 8 af tot by ‘n nommer 12 in dieselfde artikel en gaan pas.  Nie so maklik met ‘n hiperaktiewe kleuter en ‘n baba in ‘n stootwaentjie nie.  Daai aantrekhokkies is nie gebou vir ‘n Tarzan, ‘n pram en ‘n ma wat aantrek en uittrek nie!!!  Ek het tot die slotsom gekom dat ‘n mens nie mag klere koop as jy klein kindertjies het nie.

Nou wonder ek wat is die oorsaak hiervan.  Mynick sal sonder om twee keer te dink ‘n vinnige antwoord gee…  “Dis die Chinese…”   Maar het hy nie dalk ‘n punt beet nie?  Die meeste van ons hedendaagse klere word vanaf die Ooste ingevoer.  Dink bietjie daaraan, hulle is heelwat kleiner as ons, kledingstukke word teen ‘n abnormale tempo in abnormale hoeveelhede gemaak.   Stap by ‘n boetiek in en wat kry jy…  Klere ingevoer van Bankok!!!  HUH!!!            Wat maak dit so special????   

  

Dis nie asof dit uniek is nie!   Dieselfde onderbetaalde, 16 uur per dag werkers maak dit!   Wel my punt is, ek willie meer klere koop nie.  Daar is in alle geval selde ooit of amper nooit meer iets in die winkels waarvan ek hou nie.  Ek dink dit het tyd geword om weer my Singer nader te sleep en te begin stik.  Nee koek, alles wat ek koop moet in alle geval eers verstel word, so wat is die verskil!!! 

Kry julle nog klere wat reg pas?  Waar koop julle en hoe koop julle?

23 Responses to 8,10 of 12

  1. Ogies says:

    Nou praat jy ‘n waar ding! Ek kan nie onthou wanneer laas ek net iets van die rak kon afhaal en dra nie. Ek doen soveel verstellings, maak amper die ding oor!

  2. mockajava says:

    Jy is 100% korrek die oosterse mensies is relatief kleiner as die res van die wereld. Ek is woon agtig in Suid-Korea en ek moet se ek pas net net in die hemde, maar ek probeer nie eers die broeke nie. Ek dink ek sal wel in die hoofstede reg kom maar dis te flipping duur en ver net om inkoppies te gaan doen.

    As die kledingstuk se large dan moet jy weet dus n medium in ons term om small medium. Want pas ek die hemp aan dan lyk dit of ek n help my sterk lyk hemp aan het. Die large broeke kom nie eers bo my bo-bene nie. Tenminste het julle decent aanpaskamers, ek kan nie dieselfde vir die plekke hier se wat ek al by was nie. 🙂🙂🙂🙂🙂🙂

  3. Dit is ‘n gesukkel en ek haat dit om altyd te moet aanpas! Hier in Korea is dit nog ‘n groter issue! As jy ‘n small t-shirt dra en jy moet eweskielik ‘n large koop, moet jy weet die fout is nie by jou nie! Soos MJ se, dis ‘n stryd en die aanpaskamers is nie te wel nie!

  4. Dellie says:

    Story of my life! By elke plek is die groottes anders!😯 Veral as mens gaan rondsnuffel by plekke soos Clothing City en die minder bekende klere winkels. Ek probeer klere koop uitstel vir so lank as moontlik.

  5. Nikita says:

    Klink soos my storie ook! Waar’s die dae toe ek ‘n 8 was! liewe land…kan ons dit terug kry!😉

  6. Paula says:

    Ja nee, ek sit met presier dieselfde ding! Ek wil nie eers meer gaan klere shopping doen nie!

  7. meermin says:

    Ek het ook vir jare en jare ‘n 8 gedra, toe so in matriek ‘n 10, na my seun se geboorte weer in ‘n 8 geklim, maar aarde toggie ek kyk nie eers na ‘n 8 nie, 10 broeke pas nog om die middel, maar die goed is vrek, nie almal wat in ‘n 10 klim is lank nie!! Bo langs pas ‘n 10 nie meer nie, nou al ‘n 12! Ek dink die winkel se naam is Idenity of iets, ag mens die kleertjies wat hulle daar verkoop is vir vigs gevalle!! Nie eers ‘n laerskool kind pas in daai eina goede nie! Ja nee kyk die Mr Price se 10 lyk soos ‘n 8 Foschini se 10 lyk soos ‘n 12, en as mens ‘n 10 langbroek vat van so paar jaar terug en een wat jy nou onlangs gekoop het, die ding het langer geword!! Of word ek nou baie korter en dikker of wat?

  8. Zee says:

    As ek iets wil aanpas, vat ek van nommer 10 tot 14 saam, iewers moet een van hulle pas🙂

  9. boendoe says:

    Jip, Zee, ek operate ook so. Dis ‘n pyn innie gat. Ek koop nou so min as moontlik klere.

  10. Marina says:

    Ek stem saam!!! By Woolies kry ek ook broeke wat pas en kan glo die 10 sal my pas. Ek is egter baie kort en ALLES moet afgesny word. Ek haat ook die aanpassery in ander winkels waar jy nooit weet watter grootte jou vandag gaan pas nie.

  11. Salomè says:

    Julle is duidelik nie in my lyf size se omgewing nie, so ek sal maar die comments skip.

  12. Jaco says:

    As dit enige troos is, ons manne het presies dieselfde probleem. En dit is nog erger as daar so effens meer van jou is as die average ondervoede Etiopiër.

  13. aventer says:

    Hehe oe la la

    Shop till you drop…ek koop by Mr Price. Hulle jeans sit die gemaklikste

  14. Hulle maak die klere kleiner of hulle flippen werk nie van patrone af nie…sny sommer net.

  15. aventer says:

    Maar tog koop ons nog al die pad van hulle…hmmmm

  16. Adrie says:

    Ek is ‘n 6 – in breedte.

    Ek haat klere shopping. Koop net by Edgars.

  17. Sandra says:

    Ons het dieselfde probleem hier in die UAE. Mens is sommer depressief as jy die klere aanpas. Ek smile baie keer omdat besoekers glo hier kry hulle alles goedkoper en dan begin jy aanpas en as ‘n skielik van ‘n M na ‘n XXL gaan, is shop nie meer so lekker nie. My kinders se die klere word vir oempaloempas gemaak.

  18. Wipneus! says:

    Ek gee nie om wat ek dra nie solank dit net mooi sit.😆

    Ek gaan vandag bietjie retail therapy doen, niks so goed as om bietjie te gaan klere shopping doen nie.

  19. sonneblomseplekkie says:

    ek het nou lekker gelees. 1000 jaar terug was ek ook nommer 8😀 Nou koop ek stretch of goed met rek hehehe Toema Salome…ek voel saam jou😉

  20. Eendjie says:

    Mr Price is seker die ergste as dit kom by groottes. Hulle XXL pas dan nie eens vir my nie en ek dra no.14 grootte klere. Skoene se groottes is ook nie meer reg nie, ek dra ‘n no. 7 skoen, maar by sommige winkels moet ek ‘n no. 8 koop.

  21. Jane says:

    LMGA! Nou wonder die mans hoekom ons ure in klere winkels spandeer? Edgards en Woollies se sizes is vir my redelik in die kol. Ek hou baie van Jets se klere, maar hulle broeke is heeeeeltemal te lank. Ek stem saam Eendjie, Mr P se groottes is vir my ook nie reg nie. Eks ook ‘n 14, maar by hulle kom ek selde reg, veral met hulle check hempies. Aai en dis vir my so mooi. Selfs die mans sukkel daar, als is mos nou deesdae Slim fit. Nou ja wel, dan pas ons maar aan ne, want koop sal ons koop!

    • Pikkelik says:

      Hallo Jane, dankie vir die kommentaar! Ek ken daai storie van die broeke wat te lank is soooo goed… Die goed hang allewig tot onder my tone as ek op diè staan. Hoë hakke trek ek nie aan nie, dis maak te seer, so ek moet maar altyd met die sker inspring. Slim fit kan nog gaan, maar die alewige langbroeke wat net so bokant mens se boudgleufie ophou… Jitte dis te erg! Dit voel mos aljimmers of my maag ekstra groot is as dit so oor die band hang!! 😆

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: