Ek Zap! die huiswerk.

Wipneus het my getag om ‘n Mosaic/Meme te doen, wat toe nou nie so maklik was nie, eers wou hy nie al my foto’s laai nie, en dan elke keer as ek wou safe vries my rekenaar my!  Maar ek het dit uiteindelik reggekry- glo die of nie!!!

1. Pikkie 的秋天, 2. IMG_5086, 3. Van Riebeeck Landing at the Cape of Good Hope, 4. When I’m sleeping, I slow down my breathing…Living in dreams, dreams that come true…thinking of the color blue… ZZZzzzzzz…, 5. Mr. Bean, 6. Tap Water, 7. Diamond Falls in St. Lucia, 8. profiteroles with chocolate sauce and icecream, 9. Cherish, 10. Duck Family Portrait, 11. Crazy At The island!, 12. Kitchen Shelves are ready for Christmas!

 

Wat is jou naam?        PIKKIE

Wat is jou gunsteling kos?   TOASTED CHICKEN MAYO

Watter hoërskool het jy bygewoon?   RIEBEECK

Wat is jou gunsteling kleur?    BLOU

Watter vermaaklikheid ster is jou gunsteling?     MR BEAN

Jou gunsteling drankie?     WATER

Jou droom vakansie?     DAIMOND FALLS IN ST LUCIA

Gunsteling nagereg?     ROOMYS

Wat wil jy wees wanneer jy groot is?    CHERISHED

Wat in die lewe het vir jou die meeste waarde?      FAMILIE

Een woord om jouself te beskryf?          CRAZY

Jou blog/flickr/chat naam?     PIKKELIK SE BLIK

Dellie verduidelik mooi hoe om dit te doen, en ek het nou nie haar slag met verduidelikings nie…  Gaan loer daar.

 Nou die volgende huiswerk… 

   

 
 
 

 Adrie aka Adriana aka Liewe Heksie aka Ripper aka nog honderde ander goed het my getag om my Brands te display – So here goes…

 

Tandepaste? Aquafresh

Wasgoedseep? Sunlight

Skottelgoedseep? Ajax with bakingsoda

Lyfseep? Elizabeth Anne’s se pers babaseep .

Parfuum? panachè

Tjoklit? Ek doen nie tjoklits nie…

Tjips? Enige sourcream en chives.
Kougom? Dentine

Aanmaakkoeldrank?  Die goedkoopste… ek’t twee kiddies.    😆

Grocery Winkel? Pick en Pay

Kar? Merc

Klere? Nee griet, sommer orals…

Bank? FNB

Selfoon? Nokia

Computer? Mecer

Ek dink ek moet  bietjie die jongetjies tag…  Aventer, en Jaans julle is getag, kyk of julle dit so tussen die leerwerk en huiswerk kan inkry!

24 Responses to Ek Zap! die huiswerk.

  1. Jy is baie goed met die water…daar is baie lekkerder goed wat ek kan drink as water😉
    Wat het jou laat besluit dat water jou gunsteling is?
    Ek het jou huiswerk geniet!

  2. Pikkelik says:

    Kaalvoetertjies – Ek is verslaaf aan water, vandat ek kan onthou…. ‘n Dokter het al op ‘n keer vir my gesê ek moet minder water drink, ek was glo al die soute en minerale en grootwoorde uit my gestel uit!! :mrgreen: Dis dalk hoekom ek so ‘n manie oor skoon water het! Ek hoop Upinton se water is skoner as Amsterdam s’n.

  3. Roer says:

    Jy doen nie chocolates nie?! Ek is geskok tot in my diepste wese in…😉

  4. boendoe says:

    Jinne, ek wens ek kon my spruit kry om aanmaakkoeldrank te drink. Hy is verslaaf aan Coke.😳 Maar wat kan ek doen, sy pa maak dan Coke… 😆

  5. Wipneus! says:

    Ek hou van jou mosaic!! Veral die roomys!! Mooi prentjies.
    Dankie vir die saamspeel!

    Jy eet nie tjoklits???? Is jy siek???
    Wat het jy met daai tjoklits gedoen? 😈

    panachè ruik lekker ek het dit gebruik toe ek jonger was, ek het gevlieg 😆

    Ek het ook Jontue gebruik, nou ruik die goed so sleg aan my, ek sê jou daar het iets met my vel gebeur, niks wil meer ruik soos dit geruik het nie!! Soms slaan ek ook die ene kolle uit van allergie 😆

    Lekker dag!!

  6. Alda Augustyn says:

    Wipneus daai parfuum wat nou vir jou stink…is omdat die “hormones” ingeskop het!!! Dis waar… al die reuke wat vir my eksoties geruik het toe ek jonger was ruik nou soos kat piepie. Die een waaroor ek nog steeds mal is…Revlon se Charlie! Ek verbeel my dit ruik nog steeds heerlik op my, en ek voel sommer weer 16 as ek dit aanspuit! (Ek hoop een van Revlon se bemarkers lees hierdie blog…dalk wen ek ‘n ietsie want ek was BAIE lank terug sestien….)

  7. Emil says:

    Wil jy nou meer? Daar kies ons presies dieselfde prentjie vir “Blou” : http://emiljung.co.za/?p=515

    Interessant hoe baie bloggers lief is vir blou! Daai prentjie van die broodjie het my nou ongelooflik honger!

  8. neykie says:

    Halooo pikkie, mr bean? hehe myne ook nogal.

    Lekker dag vir jou

  9. Zee says:

    Pikkie, ek is ook mal oor water, ek gaan bed toe met n bottel water langs my. Die pers baba seepies ruik darem maar lekker nê!

    Oulike kombinasie wat jy hier het hoor!
    Boendoe, moenie eers van die Coke praat nie!!!
    Wip, ek onthou ook die Jontue goed.

  10. Dellie says:

    Mooi foto’s! Ek moes tweekeer kyk, issit dan nie ‘n chocolate sousie oor die roomys nie?:mrgreen:

    Ek drink ook baie water, maar meestal in die nag. Ten minste twee liter.😯 Dis seker hoekom ek nooit kan deurslaap nie…

    Ek onthou ook Jontue! Was my gunsteling vir jare.

  11. Pikkelik says:

    Ek het julle nounet almal geantwoord belowe, toe seg die blikskottel ‘internet explorer cannot display this webpage’ HUH 😯 😯 Sal weer later my opstel kom skryf!!

  12. Adrie says:

    Pikkie

    Jy sal ge-aka word.

    Grrrrrrr

  13. boendoe says:

    Zee, het jy ook ‘n Coke probleem?? 😆

  14. Ogies says:

    Pikkie, ek wens ek kon my tjoklit verslawing los vir iets gesonds. Jy klink vir my soos ‘n ware “suiwer” vars briesie. Gaan elke keer as ek ‘n tjoklit wil hap dink aan jou en hoop dat my maag pyn so pyn dat ek dadelik ‘n glas water gaan drink!

  15. aventer says:

    So wat is nou eintlik die huiswerk?? Die meemblokkies of die brands?

    Sal albei met liefde doen maar dan vra ek net groot asseblief uitstel tot Maandag op die laatste…het ‘n effense hectic week

  16. Pikkelik says:

    Roer – 😯 Dis die waarheid as jy my innie hemel wil hê, gee vir my ‘n jellie iets…
    Boendoe – wees sneaky soos ek, verdun die coke stadig maar seker met water totdat dit so sleg proe hulle drink enigiets netnie coke nie… 😈
    Wipsiamees – Ek bere daai tjoklits vir ‘n romantiese aand saam met Mynick, hy kan hulle een een uit my naeltjie eet!!! 😈 😆 😆
    Alda – miskien moet ek hulle gaan spam sodat hulle beslis hier uitkom!!! 👿 Mens weet nooit!
    Emil – Ek het natuurlik ‘n persoonlike opinie oor die blou. 90% van die bloggers is inhirent introverte… Anders sou hulle mos minder tyd op die blogs en meer saam met vriende en by partytjies spandeer het. 😳
    Neykie – dis was eintlik my idee van ‘n grappie!!! 😆 😆
    Zee – daai sepies is hemels en sommer ‘n big saving. Ek koop dit virrie kiddies en gebruik sommer self oof.
    Dellie – wat sal die wêreld wees sonder water??? O so ‘n lekker lang glas vol met die doudruppels aan die kante!!
    Adrie – moet ek nou rerig kommentaar lewer?!! 😈 Ek wou nog sê amperse kinderdief!
    Ogies – Ek hou van gesond eet, ek drink nie en issie lief vir soetgoed nie, maar soos enige normale mens het ek ‘n ander vieslike gewoonte wat weereens kop uitgesteek het…. 😦
    Aventer – daar is geen haas nie girl, vat jou tyd… Ek verstaan!

  17. aventer says:

    Haha thanks jy

    Kan ek net se dat ek in ‘n flippen goeie bui is vandag…my vriendin praat nie met my nie, daar is tans 3 ouens (ekse en moontlike, kon-myne-gewees-het) wat my lewe tans vergal, maar tog het ek met ‘n smile opgestaan (ek was laat vir skool) en in pouse het Cobus vir my gevra wat is fout met my dat ek so smile😀

    Jammer ekke pak nou af hierso maar dis vir my lekker om hier te gesels…:)

    Lekker aandjie vir julle…die boeke moet bietjie klap (skryf rekeningkunde more 👿 )

    Julle is AWESOME:mrgreen::mrgreen::mrgreen:

  18. Adrie says:

    Kinderdief se gat!!! Poppedyn het heel gewillig in die motor geklim. En ERG onwillig daar uit. Gmf!!! Ek het 3 getuies.

  19. Paula says:

    Welgedaan met die huiswerk! 🙂

  20. aventer says:

    And in this corner we have Pikkie snatching in at an incredible 1.4 MB….okay…nee dis nie so effektief nie…

    Adrie en Pikkie…kiss and make up😆

  21. Adrie says:

    Aventer

    Ek baklei vir n hopelose baba wat by my wil kom bly.

  22. Eilandkind says:

    mooi meme Pikkie!
    Ek hou ook baie van Mr Bean!
    Ek soek dikwels na videos van hom op youtube!

  23. Nikita says:

    oops! Ek het al vergeet van Panache! Mensig en ek was gek daaroor toe ek ‘n student was! Nie geweet mens kry dit nog steeds nie! wys jou…ekkke…gaan toe oe deur die lewe…lol!

  24. jaans says:

    Interessante meme😀 Ek sal dit so gou as moontlik doen, maar dalk eers oor ‘n week of twee… moet nou eers my mondelinge voorberei lol😀

    Skool is lekker maar so besig:/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: