Ek kan nie…

Soms wens ek, ek kon net my hande in die lug gooi en ten hemele skree:  ‘Ek kan nie!!!’  maar nou weet elke Mamma dat dit eenvoudig nie moontlik is nie, en voor ek nou weer oor ‘n paar uur met my voet in my mond sit moet ek sê dat ek weet my lewe is eintlik easy in vergelyking met ander sin.  Maar dit maak nie my gevoelens minderwaardig of minder intens as ander sin nie.

Ek ervaar daagliks letterlik honderde emosies…  En ongelukkig is dit nou so dat my emosies die afgelope tyd tussen irritasie, magteloosheid, woede en swartgalligheid wissel.  Ek raak moedeloos en raak ongelukkig en voel of ek net aan die skree kan gaan…  Soos ‘n besetene dinge kan stukkend gooi, sommer net aan die hardloop kan gaan, maar dit gaan my niks in die sak bring nie.  Ek sal maar net weer moet skoonmaak en terughardloop want ek het verantwoordelikhede.  Ek het mense wat op my vertrou, wat op my staatmaak om gebalanseerd te bly, om ‘normaal’ te reageer.  Dis byna hopeloos…

Maar dan kom ek soos vanaand in die sitkamer, en daar sit Ouboet en Winnie the Poo kyk, sommer so tussen die bokse, met ‘n stukkend plastieksaag in sy hand ( die speelgoed is al ingepak en daar is inderdaad net stukkende, verwoesde, geroeste, moes lankal weggegooi gewees het speelgoed in die huis.) Hy trek hansworsgesigte vir ‘n vale! ‘Nee, man dis nou genoeg snaakses, gee my nou ‘n mooi foto!’ – ‘maar Mamma so ene sal vleeslik, velskliklik mooi wees…!’   Nou hoe stry ‘n mens met so ‘n redenasie, dis dan nou so vreeslik, verskriklik mooi!!

Ek gaan maak ‘n draai in die kamer en Poppedyn lê soos ‘n paddatjie, vas aan die slaap en ek weet teen die tyd dat ek tot ruste kom is haar ergste roes afgeslaap en is dit al amper weer speeltyd, en ek kan nie help dat my hart swel van trots nie, sy is my geskenk. 

God het my waardig genoeg geag om hierdie twee wesens in my sorg toe te vertrou.  En maak nie saak wat my omstandighede is nie, hulle is en bly my verantwoordelikheid, en ongeag my buie en gevoelens, hulle is onvoorwaardelik lief vir my.  My engeltjies, my plat-op-die-aarde-houers, my moenie-moed-opgee-nie aansporing.  My man en my kinders is my lewe en as ek soms galbraak en afgaan is dit net omdat ek maar net ‘n mens is, ‘n vrou wat ook maar al die emosies en probleme het.  En weereens vergewe ek myself.  Belowe ek myself om maar net een dag op ‘n slag aan te pak, uur vir uur, en maar so op my knieë te bly, want Sy genade is groter as my probleme.

 

I cannot tell you how much I have loved you,
Nor give you an accounting of my joy,
Nor share with you the hopes with which I’ve held you,
Nor shadow forth the dreams I would employ.
You cannot know the pleasure that you gave me,
Nor grasp the grace in which I’ve spent my days,
Nor understand the standing that would save me
Whenever darkness met my morning gaze.
You’ve been to me a moment everlasting,
Though lasting but the moment of us all,
And given me a glimpse of what, in passing,
Must pass for what awaits beyond the wall.
Such love I wish for you as I have known,
But that must come from children of your own.

Copyright by
Nicholas Gordon

30 Responses to Ek kan nie…

  1. Eilandkind says:

    Jy is geseend…

  2. Carina says:

    Dis priceless. Onthou net altyd: ” This too shall pass”. Ek dink nogal jy moet bekommerd raak as jy nie emosies toon nie (ala psigopaat???). Jy doen great – jou pikkewouters is gelukkig – dis al wat tel. Ek lag altyd so as ek moody is dan rol die tiener sy oe en se “PMS – please move sideways”. Ek kan nie help om dan te lag nie!

  3. Nikita says:

    Pragtige foto’s, jy is maar net normaal!😉 soos enige ander ma! jou kinders lyk cute en oulik! ek hou van poppedyn se houdinkie in daardie hoekie, wens ek het my kind se padda-houding-foto hier gehad toe sy so onder 2 maande oud was.

  4. Nikita says:

    Ag nee! Ek dink ek sit al weer in jou spam! Ek weet nie hoekom WP my spam die afgelope 2 dae nie!

  5. Dellie says:

    Wat jy ervaar, is doodnormaal, ou Piks, onthou, daar gebeur groot dinge in julle lewe op hierdie stadium. Niemand, allermins jyself, moet jou verkwalik as jy soms voel of jy dit heeltemal verloor nie. Dat jy dit hier verwoord, is meer terapeuties as wat jy dink. Jy voel mos nou al klaar weer beter, nie waar nie? En jy weet ons is hier vir jou…😉

  6. Bruinoog says:

    My oë het sommer vol trane geword. Ek ken daardie gevoel maar al te goed. Dae wanneer jy voel jy wil nie meer nie en dan kyk jy vir jou kinders en jy besef hoekom jy MOET. Sterkte

  7. Adrie says:

    Pikkie

    Ek gaan jou kinders kom steel. Hulle bly pragtig.

  8. mynick says:

    EKKE IS SANDKORRELS TROTS OP JOU MY MOOISTE MEISIEKIND

  9. Wipneus! says:

    Nou hier het Mynick alles gesê! Wat kan ek nou nog sê na so mooi getuigskrif.

    Nee wat, ek sê ook soos die ander dis normaal. As ek na die kinders kyk, lyk dit vir my of jy baie goed doen.
    Lekker dag vir jou!

  10. neykie says:

    Lekker dag vir jou pikkie

  11. boendoe says:

    Ag, ja, Pikkie, jy het die beste (en belangrikste) werk op aarde. En jy doen ‘n baie goeie job, kan ek sommer sien.

  12. TristonJ says:

    Elke ma voel so van tyd tot tyd, en nes jy, sal op daai oomblik iets in jou kinders blyk wat jou herhinder aan hoe geseend jy is. Ma wees is harde werk, maar ook die enigste werk wat die moeite werd is om deur te sien tot die einde!

  13. krista says:

    Sterkte!

  14. Pikkelik says:

    Eilandkind – Dankie
    Carina – daai please move sideways sal ek bietjie onthou! 😆
    Nikita – het Boendoe jou nou aangesteek met hierdie spam siekte!! Toemaar ek het jou gered. My kinders slaap ook nog altyd so op die magies, hulle is altwee met reflux gebore en ek het hulle van die begin af op hulle magies laat slaap, en voor almal nou op my kop spring, hulle het slaapmonitors gehad, so dit was veilig. Om op hulle magies te slaap is die gemaklikste posisie vir reflux babatjies…
    Dellie – dankie, jy is kosbaar…
    Bruinogies – hallo daar, gaan dit nog goed, gooi bietjie vir my ‘n mail in die pos…
    Adrie – dit sal die dag wees, as hulle verdwyn weet ek waar om eerste te gaan soek!!! 😈
    Mynick – Ek lief jou stukkend!
    Wipneus – Dankie Siamees…
    Neykie – lekker dag vir jou ook vriendin.
    Boendoe – Dankie man, ek weet jy voel saam met my.
    TJ – Jy is so reg, dis uiters rewarding.
    Krista – baie dankie…

  15. Nikita says:

    Wat maak mens om uit hierdie “spam”-siekte te kom! Dit het nog nooit voorheen met my gebeur nie, hoop nie ek het ‘n “virus” van iemand gekry nie…hehe…gelukkig het Norton sy jobbie gisteraand weer gedoen

  16. Hey ons voel almal baie keer so, dis okay, jou paddatjie-pop is mooi, jou seunskind is cute, en jou man is lief vir jou. En jy is meer as net okay!🙂 jy weet….

  17. platterfuss says:

    ERG geseend…….

    (((((HUGS)))))

  18. Tersia says:

    Dit is so special!

  19. Suz says:

    Verduidelik as asb nou eers vir my wat is reflux?

  20. demoerin says:

    Mens bly maar mens. Dit is soos ‘n rollercoaster ride, die karretjie eindig darem weer by die begin na al die op, af en draaie.

  21. maxie says:

    Jy’s onder geweldige stres, jou gevoelens is heeltemal verstaanbaar. Sterkte man (en moet nou nie nog 11kg gaan verloor nie)! Jy’s ‘n wonderlike ma🙂

  22. flippiefanus says:

    Wens ek het woorde gehad om vir jou te verduidelik hoe wonderlik dit vir my is om saam met jou deur jou oe” jou pragtige kinders raak te sien en jou liefde vir hulle te ervaar. Dis ‘n kragtige ding die liefde want kyk hoe het dit jou opgebeur.

  23. Pikkelik says:

    Nikita – nee jong ek het nie ‘n clue wat hier aangaan nie, maar toemaar ek gaan loer kort-kort of ek julle nie dalkies moet red nie!
    Rosie – Ag dankie man, my kiddies het so laat in my lewe gekom ek waardeer hulle ontsettend baie.
    Plattie – Welkom terug, dankie vir die drukkie
    Tersia –😳 Dankie, ek weet! 😆
    Suz – Reflux is eintlik maar ‘n soort sooibrand. Hulle maagkleppies was onderontwikkeld met geboorte en die melkies en kos vloei vrylik op en af in die slukderm. Hierdie is eintlik ‘n hele post op sy eie, ek sal bietjie daaraan werk!
    DMI – Ja ek weet, maar ek sal dit darem wragtig like as ek nou weer bietjie by die begin kan kom en asem skep! 😈
    Maxi – As ek nog gewig verloor val ek deur my eie alie!! 😆 😆 Maar ek probeer baie hard om bietjie meer matigheid voor oë te hou!
    Flippiefanus – Welkom in die blik, dis lekker om jou hier raak te lees. Dankie vir die mooi woorde en jy is reg, liefde is kragtig! 😉

  24. alta says:

    Het ok al so gevoel. Mooi bly

  25. meermin says:

    Geniet elke sekonde saam hulle, hulle is so kosbaar. Lekker dag vir jou!

  26. Roer says:

    Ai, Pikkie, ek ken die gevoel. Jou kinders is pragtig! Dit was vir my altyd so lekker om daai doek boudjies so lekker te vryf terwyl hulle rustig in die kot le^ en slaap. Dis onbeskryflik krultone lekker.

  27. Sonneblom says:

    Hi Pikkie,
    Dis maar net menslik om so te voel. Gelukkig hou alles nie forever aan nie. Soos die ander bloggers se, jy doen ‘n goeie joppie😉 Lekker daggie vir jou
    Groetetjies
    Sonneblom

  28. Zee says:

    Adriana!!! Jy kan nie kinders steel nie, in elke geval, Poppedyn is klaar bespreek vir Zeethan!!

    (((Pikkie)))

    Jou kinders is oulik, daardie Pop wat so slaap betower my elke keer!

  29. Alda Augustyn says:

    Ag jou vyand! Ek raak soooo vrek jaloers as ek jou pragtige ou kindertjies kyk! Myne is groot en vol “sites”. Geniet hulle ….dis een wonderlike voorreg om hulle te hê. Kaapse groete.

  30. Koekie says:

    Hi Pikkelik.

    Jy’t pragtige kinders!

    Ek voel ook maar partykeer soos jy. Maar gelukkig gaan dit gou verby.

    Sterkte met die pakkery.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: