Sondag Advertensie…

As iemand my iets vra en hulle vra so mooi kan ek mos nie weier nie!!!  Ek weet nie eers vir wie hy almal gevra het nie, maar dit maak ook nie saak nie. 

“Wil jy nie asseblief iets skryf oor al die “Free Afrikaanse” musiek wat vanaf my website onder “Independent SA Artists” afgelaai kan word. Al die musiek daaronder is verniet in mp3 formaat. Ons maak geen geld nie ons probeer net die kunstenaars bevorder.”

Frans ek dink dit is ‘n wonderlike initiatief en ek sit dit graag vir jou op.  Wildhorse Entertainment het ‘n blokkie daar waar hy gratis MP3 musiek van onbekende kunstenaars kan aflaai, ek het gaan kyk en dit is rerig mooi!  Ek kan ook sê my kompie het deesdae ‘n ‘state of the art’ antivirus program in, en hy het nie eers een keer vir my geskree nie.  Die site is veilig sover dit my program aanbetref. 

As ek nou nie so tegnologies gestremd was nie het ek ook so ‘n Spelertjie in my sidebar gesit sodat julle ook na die musiek kan luister, maar miskien kan Frans my sommer daarmee help???  LOL…

4 Responses to Sondag Advertensie…

  1. Wipneus! says:

    Baie nice. Dankie Pikkie!

  2. Nikita says:

    hi Pikkie…ek was so ‘n paar weke gelede ook daarop en het ‘n paar afgelaai. Dis nogal oulik, ek het gehou van wat ek afgelaai het. Lekker dag! dis redelik warm en bedompig hier, ek hoop vir koeler weer met ‘n paar belowende wolke wat hier rondswerf. 😉

  3. maar die kat en die meisie dans oulik

  4. Frans Maritz says:

    Baie dankie vir die plasing, wil net ook se dat ons nou oor die 60 liedjies het van kunstenaars regoor die wereld wat nou vir ons musiek gegee het vir “Free Download”
    As jy so ‘n speler wil he kan ek dit maklik vir jou reel, al die musiek wat daarop speel is “Independent SA Artists” en hulle sal dit nog meer waardeer. Weereens baie dankie en jou Blik is Bliktasties

Leave a reply to Wipneus! Cancel reply