Ek’s verslaaf…

Spesiaal vir my Siamees!!   Ek het ‘n ernstige siekte, belowe!  Ek is verslaaf aan skoene koop!  En nee nie vir myself nie, vir my meisiekind!  Ek weet dit is belaglik, hulle groei verskriklik vinnig en kry skaars kans om dit te dra, maar ek kan myself nie help nie, ek kan nie verby ‘n mooi dogtertjieskoen loop nie!  En dit is nie my skuld nie!!!  Dit is beslis skoenvervaardigers wat die goedertjies so mooi maak dat mamma’s wens daar was sulkes in hulle grootte se skuld.  En ‘n paar skoene maak tog ‘n uitrusting dan nie???

‘n Dame moet darem ordentlike skoene hê om saam met ‘n denim of ‘n sweetpak aan te trek…

En vir die strand…

En vir die kerk…

En as dit reën…

En as dit koud is…

Ag en squekerskoene is so oulik…  (hulle het ‘n fluitjie in en so ver sy loop squek! die skoene)

Hmmmm, nog vir kerk….

Pantoffels is so belangrik om die voete warm te hou…

Hmmmmm, nog vir kerk…

En vir DANS!!!! 

Whahahahahaha!!!!

 

23 Responses to Ek’s verslaaf…

  1. Wipneus! says:

    My vriendin jy is ‘n vrou so na aan Wipneus se hart!!!
    ‘n dogtertjie moet van kleins af skoene bymekaar maak. plat skoene, hoë hakke, cowboy boots, hof skoentjies, aand sandale, dag sandale, goedkoop skoene en duuuuur Prada’s. Maak oop jou beursie wyd, en koop daai skoen in die venster, as hy jou roep. Dis nou die een o skuus 2 dinge, ek vergeet my handsakke, waarop Wipneus glad nie suinig is nie. Ek het ‘n hele kamer vol skoene!! Netjane is presies dieselfde!!! Sy het al vir my foto’s gestuur!!! Jy gaan skrik. Nee wat daar is geen probleem as jy skoenverslawing het nie, ek sien dit as normale vrouwees 🙄 Moenie dat iemand jou anders oortuig nie. 😆

    Pikkie, Poppedyn se skoentjies is regtig te pragtig!! Ek kan nie een paar uitsonder. Hulle is almal mooi!!! Ek wens my ma het skoen verslawing gehad, dan was ek nou al baie verder in die lewe met hierdie versameling van my🙄
    Jy moet die mooistes bêre. Ek het nou die dag vir my seuns al hulle klein skoentjies gewys!!! Hulle en die girlfriends het dit so geniet!!!

    Lekker week vir jou

  2. Rustig says:

    Pasop! Onthou wat het met Imelda Marcos gebeur!

  3. maxie says:

    Dis die skattigste skoentjies🙂

  4. nee my aarde wat te erg is, is te erg.

    (baie oulik)

  5. netjane says:

    I like it! Soos Wipneus tereg opmerk: dit is glad nie ‘n probleem nie….😉

    Ek is juis opsoek na die boks(e) wat my skoene inhet. Ek verlang na hulle. As ek eers weer alles opspoor en my goed van Swede arriveer ook sal ek ‘n post oor al my skoene en handsakke doen. Dis (amper) belangriker as kos.😉

  6. Louisa says:

    Hehehe…mens kan nooit te veel skoene he^ nie!😛

  7. Eilandkind says:

    ag moeder dis nou oulik. Dis lekker om dogtertjies aan te trek.

  8. alta says:

    Wonder of daai skoene my sal pas. 😀

  9. meermin says:

    ekke ook verslaaf maar gelukkig nie skoene koop nie, ekke is verslaaf aan koffie!!

  10. boendoe says:

    O la la la!! Jy se dit: jy IS verslaaf! Oi!

  11. Emil says:

    Met al daai verskeidenheid, wie wil dan nou nie tyd spandeer aan skoene koop nie. Maar sonder, iewers in die toekoms sien hy probleme vir die toekomstige flankeerders😆

  12. Dellie says:

    As ek ‘n dogtertjie gehad het, sou dit seker ook so gelyk het! Daar is net vir my “iets” aan klein skoentjies – ek moet altyd eers stop en daarna kyk.

    Indrukwekkende versameling – sy gaan hulle nooit kan op dra nie!😉

  13. Adrie says:

    Ek lag my slap as Poppedyn een van die dae weier om skoene te dra.

  14. BB says:

    lol@Rustig!! Ek verstaan sóóóó vir Imelda Markos!! Ek kan nie verby ‘n skoenwinkel loop sonder om at least te loer nie – Helge loop sommer outomaties al by die shoe boutiques in – en dan draai hy soms verbaas om as hy sien ek is nie agter hom nie…😉

  15. Roer says:

    Jy maak mos nou ‘n ware dame groot en dis hoe dit hoort. Jou/Poppedyn se smaak in skoene is pragtig.

  16. krista says:

    /me hou ook verskriklik baie van skoene koop . . .😀

  17. Paula says:

    Ag moeder! … die skoene is te cute!
    Geniet jou meisiekind!🙂

  18. Blixer says:

    Imelda Marcos die Tweede!

  19. Zee says:

    Verslaaf is nou nie die woord nie😆
    Pikkie, daardie dans skoene is darem te pragtig jong. Het sy al handsakkies wat pas by die skoene?

  20. Carina says:

    Eina. Dink jy moet ‘n skoenkopers anon soek!

  21. demoerin says:

    Eishhh, ek dink jy ontketting ‘n wille dier hier!

  22. neykie says:

    Skoene koop is vir my ‘n nagmerrie van ek het nie vroulike voete nie…. hehe

  23. Eendjie says:

    Poppedyn het goeie smaak! 😉 Ek is mal oor die pers strandsandale met die magrietjies voor op. En dan natuurlik daardie goue dansskoene (vir die kugel in my!!)
    Pikkie ek het vir jou vanoggend ‘n email gestuur, het jy gekry?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: