Tonteldoos….

More julle…   Hier is ietsie om julle mee besig te hou.   Ek kry niks op die internet nie.  Sal maar so bietjie in die biblioteek moet gaan rondhang sodra ek kans kry.  Maar hier is my tonteldoos.  Dit was my oupagrootjie s’n gewees.  Daar is werklik nog van die lappies in wat hy nog gebruik het.  Hoe hierdie outjie werk weet ek egter nie.  Miskien is daar een van julle wat my meer kan sê.  Die buisie gedeelte is van ‘n dun metaal gemaak so ook die doppie.  Maar die ovaal deel is van yster.  Ek sien hy is al afgekap aan die randte so ek het ‘n idee die deel moes ‘n mens teen iets kap.  Ek het my Ouma gevra, maar sy het net gelag en gesê dit was ‘Voor haar tyd’!   Sy kan nogal komies wees as sy wil.  So gaan soek bietjie deur julle boeke, en help my groot asseblief…

Lekker dag vir julle…..

Hierdie antwoord het ek van Die Wolf gekry…

Daai buisie gedeelte wat lyk asof hy van geelkoper gemaak is, is die doos waarin jy die tontel bêre. Die tontel is die lappie. Dit lyk vir my op die foto asof daar nog ‘n swart lappie in is.

Jy kort nou nog ‘n stuk flint. Jy vat dan die ovaal yster en kap die flint daarmee sodat die vonke spat. Jy kap die vonke na die lappie toe. Die lappie sal die vonke vang en gou begin gloei. Dan blaas jy net so ‘n bietjie aan en kan fyn droe stukkies gras ens. gebruik om die vlammetjie te laat begin.

Wanneer die lappie die vonke “gevang” het, kan jy maar blaas. Dit sal maak soos wanneer jy vleisbraai en die charcoal blaas. Hoe harder jy blaas, hoe meer sal dit gloei.

Die lappie is belangrik. Dis is nie sommer enige lappie nie. Jy moet die lappie eers voorberei. Die een in jou foto lyk klaar voorberei.
Jy vat ‘n linne (vlas) lappie. Ek dink amper katoen sal ook werk. Die lappie of twee moet netjies in die houertjie pas.

Nou vat jy die dekseltjie en maak die houertjie toe. Jy sit die houertjie nogal naby aan gloeiende kole. Die houertjie sal baie warm word. Die wit lappie sal binne-in brand en swart word, maar nie suurstof gebruik nie omdat die houertjie toe is. Daar waar die kettingtjie aan die houertjie vas is, kan miskien klein gaatjies wees. Daar sal rook uitkom. As daar nie gaatjies is nie, sal dit by die kant van die deksel uitkom.

Jy moet versigtig wees dat die lappie nie uitbrand nie. Jy moet “charcoal” maak van die lappie. Dis nogal ‘n kuns om die lappie voor te berei, maar as jy eers een het, hou hy nogal lank.

25 Responses to Tonteldoos….

  1. Estelle says:

    Ek kan glo die inpakkery is uitputtend. Maar op hierdie stadium wens ek jy kry nooit klaar nie, want al die skatte wat jy ontdek vat my terug na plekke waar ek lank gelede gelukkig was en waarvan ek nie wil vergeet nie.

  2. Dellie says:

    Baie interessant! Maar ek het ongelukkig nie ‘n idee hoe om hierdie ene te bestuur nie!:mrgreen:

  3. demoerin says:

    Nee hel, dit was lank voor my tyd die!😆 , As jy my vra lyk dit soos iets wat in ‘n adult shop hoort!

  4. meermin says:

    Huh?

  5. Die Wolf says:

    Daai buisie gedeelte wat lyk asof hy van geelkoper gemaak is, is die doos waarin jy die tontel bêre. Die tontel is die lappie. Dit lyk vir my op die foto asof daar nog ‘n swart lappie in is.

    Jy kort nou nog ‘n stuk flint. Jy vat dan die ovaal yster en kap die flint daarmee sodat die vonke spat. Jy kap die vonke na die lappie toe. Die lappie sal die vonke vang en gou begin gloei. Dan blaas jy net so ‘n bietjie aan en kan fyn droe stukkies gras ens. gebruik om die vlammetjie te laat begin.

    Wanneer die lappie die vonke “gevang” het, kan jy maar blaas. Dit sal maak soos wanneer jy vleisbraai en die charcoal blaas. Hoe harder jy blaas, hoe meer sal dit gloei.

    Die lappie is belangrik. Dis is nie sommer enige lappie nie. Jy moet die lappie eers voorberei. Die een in jou foto lyk klaar voorberei.
    Jy vat ‘n linne (vlas) lappie. Ek dink amper katoen sal ook werk. Die lappie of twee moet netjies in die houertjie pas.

    Nou vat jy die dekseltjie en maak die houertjie toe. Jy sit die houertjie nogal naby aan gloeiende kole. Die houertjie sal baie warm word. Die wit lappie sal binne-in brand en swart word, maar nie suurstof gebruik nie omdat die houertjie toe is. Daar waar die kettingtjie aan die houertjie vas is, kan miskien klein gaatjies wees. Daar sal rook uitkom. As daar nie gaatjies is nie, sal dit by die kant van die deksel uitkom.

    Jy moet versigtig wees dat die lappie nie uitbrand nie. Jy moet “charcoal” maak van die lappie. Dis nogal ‘n kuns om die lappie voor te berei, maar as jy eers een het, hou hy nogal lank.

  6. Paula says:

    Sjoe, danksy Wolf se mooi verduideliking kan ek ook nou sê .. Ja, ek weet hoe werk ‘n tonteldoos🙂

  7. Wipneus! says:

    Hier het die wolf nou vir my ook iets geleer!!
    Pikkie jy kom op skatte af daar!! 😆

  8. Dis supercool!!!! Ek vrek vir sulke ou goed!

  9. Eendjie says:

    LOL! Demoerin… stem saam met jou, as mens so vinnig kyk kan dit dalk lyk soos ‘n manlike “chastity belt” of iets! Maar danksy die Wolf is ons almal nou behoorlik ingelig!!

  10. Adrie says:

    Outydse kondoom dus?

    Sorry Pik, DMI en Eendjie se skuld.

  11. Pikkelik says:

    Baie dankie Wolf, die wil ek sommer uitprint en saam met die outjie wegpak!!
    DMI, Eendjie en Adrie, dit sal ‘n ekstra, ekstra small kondoom moet wees, daai dingetjie is omtrent so lank soos ‘n sigaretboksie!!! 😆 😆 😆
    Dankie vir almal se comments!

  12. Wahahaha Pikkie!😆

  13. annedelicious says:

    dus so maklik,dit is n……..um………………..selfoon?

  14. Pikkelik says:

    😆 Whahahaha @ Malanna!!! Kap jy hom soos die oerwouddromme???? 😆 😆

  15. Wandelpad says:

    Baie interessant!

  16. Dit is baie spesiaal ek smaak dit ek smaak dit ek smaak dit. Ek is versot op ou goed.

  17. Pikkelik says:

    Welkom in die blik Wandelpad!
    Rosie – Dis lekker nè? Ek is so spyt ek het die helfde ingepak voor ek daaraan gedink het om foto’s te neem en te post!!! Miskien met die uitpakslag!!! 😆

  18. demoerin says:

    Dankie tog vir Wolf se antwoord…😆

  19. neykie says:

    laat weet my ook wat ‘n tonteldoos is, dit klink weird😆

  20. neykie says:

    a3 hoekom het ek ok gedink wat jy gedink het😳

  21. Pikkelik says:

    Neykie – 😆 Gaan lees net bietjie boontoe by die comments – daar verduidelik Wolf dit mos mooi!!! 😆

  22. neykie says:

    oky ek sien nou pikkie

  23. […] te spring. Ander is weer besig om te pak en kom op interessante goete af. Ek dink nog steeds die lyk soos iets wat in ‘n adult shop […]

  24. Willie says:

    Het ook vandag op die net gaan soek na ‘n tonteldoos en kon net jou artiekel kry wat ‘n foto het
    Sulke oudhede is baie interresant en moet bewaar bly

  25. Louis Willemse says:

    Die Engesle naam is Tinder Box en jy sal hiervan lees in Grimm’s Fairy Tales. Tinder is fyn houtjies of skaafsels waarme n mens n vuur begin.In is die vertaalde naam Vuurkassie. Mu oorled pa is gebore op Tonteldoos in 1908

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: