Ek wens…

Vanoggend toe ek opstaan het ek besef iewers is iets nie baie lekker nie!  Eerstens het ek my agterstewe afgeskrik toe ek my oë oopmaak en dit is 6h13…  Dit gebeur nooit, Poppedyn staan tussen 5h00 en 5h30 op…  Verskrik spring ek op en loer in die kot, maar sy is nie daar nie.  Ek swaai om en sien Mynick is ook nie in die bed nie, ‘n effense verligting.  Ek strompel toe badkamer toe en terwyl ek daar sit en wonder wat my getref het, want ek weet vir ‘n feit ek het 5h11 haar bottel gesoek en vir haar gegee met die hoop dat sy nog ‘n rukkie gaan rustig wees, oorval die allervreeslikste duiseligheid my…  Ek druk toe maar my kop met ‘n vreeslike gesukkel tussen my bene en besluit om op te hou dink…  Ek sal veel eerder vir Mynick vra wat ek verloor het.

Later vertel hy my dat hy haar alreeds 5h20 uitgevat het dat ek nog bietjie kan slaap.  Ek weet dit nie, ek weet nie hy het opgestaan of dat hy haar doek geruil het en haar skoene aangetrek het nie.  Binne 7 minute het ek so vas geslaap dat die derde wêreld oorlog om my kon uitbreek en ek dit nie sou geweet het nie.

My lyf is seer.  Dit is die buk uithaal, toedraai, weer buk om die watookal in die bokse te pak.  Iets wat my nog nooit gepla het nie.  Dit voel of my arms uit hulle sokke skeur as ek my kinders optel…  Ek sit nou iets neer en as ek dit twee minute later soek is dit weg, skoonveld…  Nou wonder ek, is dit dalk die ouderdom, of het my brein ‘n kortsluiting???  Ek weet nie, maar ek weet net, ek sou glad nie omgegee het om weer 20 jaar oud te wees nie!!!!

26 Responses to Ek wens…

  1. Adrie says:

    Pikkie

    Is dit nie dalk tyd om by ‘n Dokter te gaan kuier nie? Die duisligheid en tamheid klink vir my na meer as net ouderdom.

  2. Louisa says:

    Shame man, hoop jy voel gou beter!

  3. Jenny says:

    Sterkte Pikkie! Hoop jy voel gou beter!

  4. Marthie says:

    Piks, sien die gepakkery is nie vir sissies nie! Sterkte!
    Ek is seker die huis sal gou verkoop, dit is n pragtige plek en daar is so baie spasie! Mis jou! Groetnis xx

  5. demoerin says:

    Pak is definitief nie vir sissies nie. Veral nie as jy baie jare se versamel gehad het nie!

  6. Zee says:

    Sterkte met al die gepakkery. DIt was darem nou sweet van Mynick om jou bietjie later te laat slaap!!!

  7. Wipneus! says:

    Sterkte ek sal jou nou nou lui!!

  8. Nikita says:

    Sterkte, ek het al dit soveel keer gedoen, ek doen dit al in my slaap…nie regtig nie..lol! Dis glad nie iets wat ek sommer graag doen nie. Hoop jy voel al beter!

  9. Roer says:

    Dis ook dalk oor jy so vinnig opgespring het of lae broeddruk of albei. Sterkte met die pakkery. Nog MEER sterkte met die uitpakkery. Mal oor daai laaste grappie van die Viagra.😆

  10. Sterkte jong! Dink ook nie dit het iets met ouderdom te doen nie hoor! Want hoekom voel ek ook party dae so??? OUlike grappies wat jy opgesit het!

  11. Dellie says:

    Whahahjaaa! Skuus dat ek lag, maar jy laat my ‘n ding onthou…

    So ‘n paar jaar terug het ek erg griep. Dok boek my af met baie pille en stropies. Ek slaap die heeldag, en ontwaak so teen kwart voor sewe die aand. (Dit was somer, so dis nog lig.) Ek gee die wekker een kyk en vlieg uit die bed uit met ‘n hengse spoed. Storm die sitkamer binne waar Liefie en Seun rustig sit en TV kyk. “Vir wat sit jy nog hier”, gil ek vir Seun. “Jy gaan laat wees vir skool!”.

    “Ma,” sê hy, “gaan klim terug in die bed, dit is aand….”😳

  12. meermin says:

    Gaan dokter toe!!

  13. Eilandkind says:

    ja, gaan dokter toe!
    lekker gelag vir die oulike grappies!

  14. Adrie says:

    Dellie 😆

    Ek het al een oggend met ‘n spoed aangetrek om werk toe te vlieg. Toe onthou ek dit is Saterdag.

  15. Paula says:

    Sterkte vir jou Pikkie .. hoop jy voel sommer gou weer beter!

  16. Pikkie, jy weet ek lag maar ek belowe ek kry jou jammer. As daar in ons huis wakkergeword word om om 5:00 of 6:00 dan is iemand bitterlik siek. Of ons gaan met vakansie.

    Dit moet weird wees om ‘n mens-baba te he….

  17. Pikkelik says:

    Dankie vir almal se besorgdheid, maar ek dink werklik nie dit is ernstig nie. Ek het die afgelope paar weke bietjie van die oortollige gewiggies afgeskud, en saam met my strawwe ‘workout’, dink ek ook dit is net dalk die bloedsuiker of bloeddruk wat bietjie lol… Dankie dat julle my laat lag het!
    Hallo Marthie, lekker om jou raak te lees…. (Sy is ‘n horingou vriendin… )

  18. Pikkelik says:

    😆 😆 😳 Ek bedoel nie Marthie is horingoud nie, ek bedoel ek ken haar al bitter baie jare…. Ek het haar kiddies se doeke geruil en die jongste is 22!!! 😆 😆

  19. maxie says:

    😆😆 Het nou lekker gelag oor jou “horingou vriendin”! Jy’t so ‘n stresvolle tydjie agter die rug , en nou nog, dis dalk maar net die spanning oor die trek wat jou nou begin inhaal

  20. Sonkind says:

    Pikkie, om te trek is heel bo aan die streslys, saam met dood en skei🙂

    So, gee jouself tyd om weer te herstel na al die pakkery en kry vir jou multivitamines! Sterkte.

  21. Carina says:

    Dit help nie jy werk jou dood nie! En raas met Mynick, ek sal ‘n hartstilstand kry as my kinders en man “verdwyn”. Met goeie reg duiselig geword! Sterkte vir die pakkery, dis tog lekker om weer op goed af te kom wat jy lankal van vergeet het!

  22. alta says:

    Sterkte Pikkie!

  23. boendoe says:

    Ja, Pik, ek dink jy moet dalk maar vir veiligheid ‘n dokter gaan sien. Sterkte, hoor.

  24. Pikkelik says:

    Hi Boendoe!!!! Jy is nog steeds S(p)am!!!! 😆 😆

  25. Antie Koekie says:

    Hi Pikkie,
    dink so baie aan jou, elke keer as ek ‘n lee appelboks weggooi! Ek het empatie met jou! nee, dis nie ouderdom— dis multi tasking overload!
    jammer dat ek so lank stil was, almal wat my ken en nou miskien hier raaklees!
    Pikkie, stiuur tog ‘n posduif met al die nuus van die trekkery?
    groete,Antie Koekie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: