Dis mos ons lui!!!

Wie van julle onthou nog die ou handsentrales….    Die mense het hulle foon se lui uitgeken aan die hoeveelheid lang en kort luie.  Coetzersdam naby Vryburg werk tot vandag toe met ‘n handsentrale.  Dis maar een waarvan ek weet.  Ek is seker in die Karoo en meer afgeleë gebiede in ons land is daar nog heelwat van die dinge.  My tannie op die plaas buite Vryburg se lui is drie langes en twee kortes en dit is verbasend hoe vinnig ‘n mens se oor ‘leer’ om daarna te luister.  Tot onlangs toe, as jy wou skakel het jy die gehoorstuk opgetel en geluister of die lyn ‘skoon’ was.  Dan het jy die slingertjie gedraai en gewag vir die sentrale om te antwoord.  “Coetzersdam, nommer asseblief….”    Jy het jou nommer gegee en gewag vir die sentrale om te kyk of hulle die ander persoon aan die hande kan kry!!!

So met my gepakkery, het hierdie vier outjies aan die beurt gekom.  Hulle het nog ‘n maatjie maar hy is iewers in ‘n kas gebêre en ek het nog nie met my geskattejag op hom afgekom nie. 

Laastens wil ek julle vra om asseblief saam met ons te bid dat ons huis vinnig verkoop.  Na baie kopkrap en wik en weeg het ons maar besluit om na die stap oor te gaan.  En om eers te gaan huur en dan binne ‘n kwessie van maande weer te trek sien ek rerig nie kans voor nie.  So asseblief, dink maar aan ons….

20 Responses to Dis mos ons lui!!!

  1. Estelle says:

    Dit is die mooiste telefone. Jy moet ‘n uitstal hoekie in die nuwe huis skep. Sommer so terloops. My ouers bly hul lewe lank al in Bloemhof (die ou Wes-Transvaal) so ek weet presies waar Vryburg is.

  2. Adrie says:

    Ek onthou ‘n tyd wat Amsterdam ‘n handsentrale gehad het. Dalk deurmekaar met iewers anders.

    Ek weet ook presies waar Vryburg en Bloemhof for that matter is. Gelukkig het my ouers van beter geweet om in die W-Tvl af te pak.

  3. BB says:

    Sal beslis!! x

  4. boendoe says:

    Ek hou duimvas, Pikkie!

  5. Wipneus! says:

    Ek is mal oor sulke ou telefone. Ek het vir die kantoor ‘n telefoon gekoop wat lyk soos ‘n antieke telefoon. Telkom verkoop die mooiste telefone!! 😆

    Ek sal vir julle bid. Julle huis sal vinnig verkoop. Dis ‘n pragtige plek!

  6. Dellie says:

    Hulle is baie mooi! Ek onthou ons lui van die plaas ook nog – een korte, en twee langes. En dis darem vreemd hoe mens later nie eers meer die ander luie “hoor” nie, net jou eie, selfs in die nag!

    Sterkte met die huisverkopery, en lekker week vir julle!😉

  7. Sterkte jong! Alles sal fine wees en op die regte tyd gebeur! Hou net moed en vertrou!
    (((Pikkie)))

  8. Emil says:

    Dit is museum stukke!

    Sterkte met die huis situasie.

  9. Jenny says:

    Sterkte met die huis-ding! Dinge werk soos dit moet, jy moet net bid, en glo.
    Die storie oor Angus en Loftus is in wording, net ‘n bietjie geduld…

  10. demoerin says:

    Ek hou duim vas!

  11. Tersia says:

    Baie sterkte met die huis. Ja, by my ma op die plaas is daar steeds landlyne (twee langes….). Sodra al my dinge agtermekaar is, sal ek julle my versameling telefone wys. Ek het nou selfs ‘n outydse telefoonhokkie gekry wat net 1 venstertjie kort en bietjie rooi verf! Ek gaan al my telefone daarin uitstal. Julle moet maar vir my laat weet waar ek nog kan kry (ongelukkig is die reproduksies nie die ware jakob nie!)

  12. Eilandkind says:

    Ons lui was 3 kortes en 3 langes. Wonderlike ou dae.
    Ons het altyd ingeluister wanneer my ma nie by die huis was nie!
    Een van die tannies in ons omgewing het altyd so ingeluister en dan lui haar koekoek klok soms!
    Sterkte met die huis.

  13. hey. lekker gelees en geklag. ons was 2 langes en 2 kortes

  14. Ons het ‘n lyn met 3 ander mense gedeel, almal ou mense, ag tog dit was geen pret om in te luister nie. Hulle het nt gekla oor hulle kwale, die bediendes en die weer.

  15. maxie says:

    Jy’t my nou laat dink aan die TV program “Nommer asseblief” van baie jare terug😉 Sterkte met die verkoop van die huis!

  16. alta says:

    Sal hierdie fone nooit vergeet. 2langes en 2 kortes was my lui. En die inluister op daai plaaslyne. 😀

  17. Tersia says:

    Ek onthou eendag het die telefoon gelui en ons het almal aan tafel gesit…. Dis mos steeds so as die telefoon lui, spring almal die kinders) op om te antwoord…. Toe my 2 susies altwee opspring skree my pa vir wie dit gewoonlik altyd was), “Ek is nie hier nie….” My sussie antwoord so ewe en toe die man vir my pa vra, se sy so ewe: “Oom, my pa se hy is nie hier nie….”

  18. Wandelpad says:

    Dis lekker om so bietjie terug te gaan in tyd!

  19. DGS says:

    Daai fone is classics! Die tannie by die skakelbord was ook gewoonlik die een wat alles geweet het, want sy het rustig sit en inluister op elke siel in die dorp se gesprekke.😆

  20. mark says:

    Baie nice om te sien dis nie net ek wat sulke fone het
    nie.Myne het al gegroei tot 267 en hulle kry kleintjies lol .Ja dis n gogga wat my gebyt het en niemand kan glo as hulle al hierdie fone in my studeer kamer sien nie.Hoop julle huis is al verkoop
    en julle is al op julle nuwe plek gesettle
    Groete
    M

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: