‘n Vlieg in die salf.

Adrie het my getag om ‘n storie te skryf oor vlieg.  Enige vlieg – kan jy dit glo!!!  Maar here goes nothing…

Party mense sal sê ek is van gemiddelde lengte, 1.66m in my sokkies.  Vir sommige mense mag dit dalk lank wees, vir my is dit te kort.  In my jonger dae het ek altyd die hoogste denkbare skoene gedra.  Hoe hoër hoe beter.  Tot my bittere spyt.  Vandag suffer ek met my voete, maar op daardie stadium kon ek darem meeste mense min of meer in die oë kyk.

Daar is vreeslik baie nadele daaraan om kort te wees.  Ek is oortuig dat ek een van die dae ‘n ernstige nekprobleem gaan ontwikkel, want ek moet vir 90% van alle mense opkyk.  Ek moet opkyk na die verkoopsdame in die klerewinkel, opkyk na die bankbestuurder, opkyk na my man, en ek is oortuig daarvan een van hierdie mooi dae sal ek moet opkyk na my kinders…  Verder moet ek letterlik in elke vertrek in die huis ‘n stoel hou om bo in die kaste by te kom.  In die kombuis het ek ‘n leertjie, anders kan ek nie die kos uit die boonste rak haal nie.  Ook nie die borde, bakke of teekoppies nie.  Dit is egter nog hanteerbaar, wat my die meeste frustreer is om in die kettingwinkels op die boonste rak by te kom!  Hoe in die lewe kry jy daardie goed daar af???   Ek het al opgegee.  Ek wag maar tot iemand verbyloop wat redelik lank is, en vra in my mooiste Afrikaans vir daardie persoon, Groot asseblief.  Dit is blerrie embarrising!!!

Poppedyn het dan ook ‘n lieflike ou kot waarin sy slaap.  Die voorste gedeelte skuif nie op en af soos die nuwerwedse tipes nie, hy is nog vas aan ‘n onderste gedeelte met skarniere en die hele vlap slaan dan so op en af.  Dit is ‘n heerlike groot kot en sy en Ouboet het al saam daarin geslaap maar dit is nou net by hierdie kot waar die vlieg in die salf is, of neuk is eintlik ‘n beter beskrywing!  In die nag word Poppedyn wakker, en as sy nie haar bottel kry nie raak sy aan die kerm, wat later oorgaan in ‘n allemintige geskree wat die dak sal lig as ek nie ingryp nie.  Ek staan dan maar vinnig op en loop soek haar bottel vir haar.  Ek sien hom ook gewoonlik maar dis nou net hier wat die popo die fan strike.  Want al staan ek op die punte van my tone is ek nog steeds te kort om tot binne-in die kot by te kom.  Gewoonlik gryp ek dan sommer ‘n hanger of iets om die botter vinnig mee nader te hark, maar eergisteraand kon ek nie ‘n hanger in die donker raaksien nie.  Ek dink toe so in my slaapbeneweldheid dat as ek net so 3cm verder kan rek ek die bottel kan bykry.  Ek kan nie dink waar my verstand was nie, maar toe ek weer sien verloor ek my balans en kom met ‘n allemintige slag binne in die kot te lande.  Kop en skouers binne, bene buite al wapperende in die lug…

Ek weet nie hoeveel van julle al in so ‘n posisie was nie, maar ek kan julle verseker dit is bykans onmoontlik om jouself weer daar uit te kry.  So hier lê-hang ek toe in die kot, Poppedyn dink dis speeltyd en wil haar paplag en mamma sweet, spartel en raak so effe paniekerig.  Met die derde probeerslag kry ek toe op een of ander manier genoeg gewig of momentum of wat ook al in my onderlyf om myself daar uit te kry.  Maar waar ek hier sit voel dit nog steeds of ‘n paar van my ribbes gebreek is.  Ek hou rerig erig net mooi niks daarvan om so kort te wees nie….

Ek moet dit egter sê, daar is een groot voordeel aan kort wees.  Daar is geen manier hoe iemand kan sê ek is hoogmoedig nie.  Dit is onmoontlik om teen jou neus af vir iemand te kyk as jy vir daardie persoon moet opkyk!!!               😆

37 Responses to ‘n Vlieg in die salf.

  1. Sam q says:

    EERSTE!

  2. Sam q says:

    En weg is my 2de comment!

  3. Pikkelik says:

    Hi Sam Q – wie steel nou jou comments??? Sulke blerries….

  4. Sonkind says:

    Pikkie ek VOEL jou pyn! Ek is 1.6m. Join die kortgatklub!

  5. Pikkelik says:

    Dankie Sonkind, ek kan sommer sien jy weet waarvan ek praat! My bynaam is SS (shortshit) en joune????

  6. Wipneus! says:

    He he hello shorties!!! Groet ek julle van hier bo af – ek is 1.85!!

    toe del doe lekker slaap

  7. Adrie says:

    Hallo

    Goed gedoen Pikkie. 12/10 – net omdat ek nog korter is. 1.39m, dus is my pyn erger as julle s’n

  8. alta says:

    Flip en ek is 1.76 m. Klomp kortgatte!!

  9. ICE says:

    1,98…. 😉

  10. Sjoe, maar jy IS lank Wip!!! Ek is darem 1.7m, maar sou graag so paar cm langer wou wees!
    EK het nou lekker gelag vir jou wat so in die kot vassit! Wens ek kon ‘n vlieg teen die muur wees om dit te sien! 😆

  11. Meermin says:

    Lekker naweek!

  12. BB says:

    1.57 + ½!! 😳

  13. Wipneus! says:

    Lekker naweek, pasop vir die kot!! 😈

  14. Liewe Heksie says:

    Ek sit baie saam met mense babas in die kot. Hulle kan my sien maar die mammas nie. Dan lag hulle vir my en die mammas dink die baba het vir hulle gelag.

  15. Zee says:

    Hallo kortgat!!! Ek sien jou bene wapper hier in die lug rond 😆

    1.69cm, ‘n hele 2cm langer as jy 🙂

  16. Zee says:

    O ja, wys ons bietjie ‘n pic van die kot!! Duplicate die die stunt en laat Mynick jou afneem!!!!!!!!! 😉

  17. Adrie says:

    Zee dit is nou ‘n briljante plan.

  18. Roer says:

    Shortie… ek meen Pikkelik! 😆

  19. Ek like daai plan Zee! Wees ‘n sport SSSShorty!

  20. Reisiger says:

    1.74 m en ek wens ook ek was ‘n vlieg teen die muur!! 😆

  21. inSyarms says:

    Pik jy moet ook vir hulle se jy is die kortste in die famielie. Jou KLEIN boetie is 1.94cm!

  22. Pikkelik says:

    Hallo almal, aan al my kort vriendinne – Dankie tog!!! 😉
    En aan al die hemelbesems… 😈 Julle gelukkige derduiwels!! Alles word mos om julle ontwerp!!! 😆 😆

  23. Pikkelik says:

    O ja – die kot kan ek afneem, maar of ek weer daardie event sal kan recreate is ‘n heel ander storie… en ek weet nie of ek rerig weer lus het daarvoor nie!!! 😆 😆

  24. Jenny says:

    Al julle lang mense, is dit koud daarbo?

  25. BB! LOL.

    Pikke. ek stuur vir jou 12 Red Bulls…

  26. mynick says:

    in baie ou maat is ek 5 voet 10 duim.
    ek is gek na korter mense en is toe ook geseen met n pragtige kleiner korter meisiekindvrou.
    sy is n wonderlike sagte mense en net die SKEPPER kon dit vir my gee.
    ek laaaaaaaaaaiiiiiiik vir jou baaie in liefde
    groetenis

  27. Boerinballingskap: 36C

  28. Zee says:

    :LOL: @ Rosie!!!

  29. Pikkelik says:

    Jenny – 😆 Warm lug styg!! Ek dink nie hulle kry so koud soos ons kortgatte nie!!! 😆
    Rosie – Hehehehe, dan kry ek uiteindelik my vlerkies, dit was ook natuurlik ‘n beroep wat ek moes agterweë laat as gevolg van my lengte – lugwaardin….
    Mynick – Dankie my man, ek’t jou ook baie, baie lief.. ♥♥♥
    Bib – Ag shame man…. 😆 😆
    Rosie – 34A – Scary but true!!! 😆 😆 😆
    Zee – LMGA – Sy is skerper as ‘n Minora lemmetjie!!!!

  30. Whahahaha @ Pikkie op Bib se comment!!! Rosa jy’s ‘n wenner!!!! 😆

  31. 36C….YOU GO GIRL!!!! 8)

  32. Pikkelik says:

    Bib – 😆 😆 😆 😈 😆 😆

  33. reisiger says:

    😆 😆 😆 😆

  34. netjane says:

    1.63. Ek kan ‘n medalje losslaan in die “Stoel balanseer – dames onder 30” afdeling.

  35. René says:

    Hehe, julle grapgatte!! 😆

    Ek is ook 1.66 en meer as dit sê ek nie! :mrgreen:

Leave a reply to Wipneus! Cancel reply