Merc, BMW, Crystler, Bell…

Ek is ‘n motor-Amoeba…  As ‘n motor verbyry of iewers geparkeer staan is dit vir my ‘n mooi of ‘n lelike voertuig.  Ek weet nie wat die perdekrag of die topspoed of die brandstofgebruik is nie.  ‘n Wit of ‘n swart motor is vir my oor die algemeen mooi, terwyl ek nie van rooi voertuie hou nie.

Gelukkig vir my het ek met ‘n man getrou wat gek is oor voertuie….  Hy het oor die drieduisend daarvan!  Nie grotes waarmee ‘n mens kan rondry nie, skaalmodel voertuie…  Karre, Trokke, Trekkers, voertuie waarmee aan paaie gewerk word (wat noem mens dit in Afrikaans?), renmotors…  As ek nie blog nie, loer ons by Old Toy Shop, of Modelcars, Modelspot, Scalecars of ons is besig om te bie by Bid or Buy!  My man se stokperdjie het ook myne geword!  En alhoewel ek nounog nie een motor van ‘n ander kan uitken nie, geniet ek dit amper net soveel soos hy…  As ons karre soek, soek ek vir die naam en hy kyk sommer die prentjies, iets klink vir my bietjie onregverdig daaraan, maar miskien moet ek net my luigeit laat staan en beter konsentreer.  Ek het egter ‘n idee dit is nie iets wat my verstand wil inneem nie, want na vyf jaar sukkel ek nog steeds om die verskil in die motors te sien!!!

Nuwe modelle is nie op ons prioriteitslys nie.  Ons versamel eerder die ouer motors, ten minste kan mens definitiewe verskille op hulle waarneem wat my aanbetref!  Ek wou al lankal hierdie inskrywing gemaak het, maar die kaste wat die motortjies ingepak is het glasvensters en as ‘n mens dit afneem kry jy lig waar jy dit nie wil hê nie!  Toe ons gister egter begin om die outjies in te pak het ek my kans waargeneem en vinnig ‘n paar foto’s ingekry toe die glase af is…    (Kliek op die foto om dit groter te maak…)

Natuurlik is sy “pride and Joy” sy Ayrton Senna Racing Car Collection.  Hier is ‘n loertjie en die sertifikaat wat daarmee saamgekom het…

25 Responses to Merc, BMW, Crystler, Bell…

  1. Wipneus! says:

    Liewe genade Mynick 😯 Dis ‘n reuse versameling!!!!
    Hierdie versameling gaan baie bokse volmaak!!
    Baie mooi!!

    Wipneus hou van karre, maar natuurlik regtes, en hulle moet kan galop oor die pad 😉

  2. Nats says:

    Hi Pik!!

    Sjoe… dis ‘n versameling en ‘n half!! Ek is self mal oor sulke mini modelle!!

    Ek is net bly ek hoef hulle nie af te stof nie… wat nog van in bokse pak🙂

  3. Dellie says:

    Sjoe dis mooi! Daai versameling is ook seker ‘n aardige klompie werd? Ek hoop dis verseker! Boys and their toys, hey? Maar daar word seker nie met hulle gespeel nie…

  4. Alda Augustyn says:

    En Tannie Alda kan net dink hoe blinkoog staan en wens daai Kleinman dat hy groot genoeg kan word om saam te “Bid or Buy”!! My seun het ook so ‘n paar John Deere modelletjies. Hy het hom op gespeel daarmee. Mooi versameling!

  5. inSyarms says:

    Weet jy Pikkelik jy het 3 goed reg
    1 Nick het seker die mees indrukwekkendste versameling vir iemand wat dit nie profesioneel doen nie.
    2 jy wou net nooit in karre genoeg belangstel om hulle name te leer nie en dit is nie jou fout nie dit is net nie vir die meeste vrouens belangrik nie
    3 Vandag se karre lyk almal maar die selfde met net ‘n drukvlerkie of ‘n liggie hier en daar wat verskil- maar daar is darem so hier en daar die uitspringer wat werklik darem mooi is en in ‘n ander klas.

  6. Pikkelik says:

    Wipneus – Spoedvraat!!!!! 😈
    Nats – dis meestal darem heel beskerm teen die stof in die kaste, dis net die inpak, elkeen moet afsonderlik in bubblewrap toegedraai en dan ingepak word!
    Dellie – Jy sal my nie glo nie, maar as ons die karretjies verkoop is ons uit ons verknorsing uit! 😦 Maar ‘n mens doen mos nie so iets nie!!!! 👿
    Alda – Jy weet net nie!!!! 😆 Ouboet is al net so erg, hy bere al klaar sy karretjies as hy nuwes kry… Dan vertel hy vir almal “Dis nie speelgoed nie!!!”
    inSyarms – Boeta – jy weet mos man!!!! 😆

  7. Rustig says:

    Dit is ongelooflik hoe waardevol die goed word as dit in sy oorspronklike verpakking is. Ek was model trein mal, tot ons getrek het van plaas na dorp. Toe verkoop ek sommer alles.😦

  8. Zee says:

    Sjoe!!! Tot John Deer trekkers!! Ek is bly ek hoef nie hierdie versameling in te pak nie. Dit lyk amper vir my of hierdie versameling amper so in ‘n tipe van ‘n “showcase” is. Help seker vir al die stof.

    Amazing!

  9. BB says:

    Ek ken ook nie die verskille nie… mooi is mooi en lelik is ehhhhhhm wel, lelik😀
    MAAR – ek kén van ‘n AUDI TT – en daai is seker die een allermooiste kar op die pad tans –
    /me likes TT – baaaaaaaaie!!!😎
    Hierdie model versameling van jou liefie is awesome!!
    Gepraat van versamelings: ek het ‘n Chicco dummy wat my ma in 1965 gekoop het – hy’s nog in sy in sy boksie mét die kwitansie toegevou daarin – ‘n hele 27sent!!! – ek wou hom nie hê nie toe prop sy hom terug in die boks en sit hom in my memory-box….

  10. BB says:

    (Dink julle hy’s iets werd?? – nie eers een behoorlike suigie gehad nie…😳:mrgreen: )

  11. Pikkelik says:

    Rustig – hierdie goed is baie waardevol, die hap wat hulle elke maand aan die versekering vat moet seker iets beteken.
    Zee – Ja dit is alles in kaste uitgestal. Dankie tog daarvoor. 😳
    BB – Wat is ‘n Audi TT??? 😳 Ek skaam my dood!😆 Wat jou dummy aan betref miskien moet jy een van die ouens probeer. E-mail hulle, hulle sal jou dalk kan sê:
    http://www.antiqueshops.co.za/
    http://oujuweel.co.za/
    http://www.artandantiques.co.za/
    http://www.prettyancient.co.za/site/default.asp

  12. BB says:

    Thanks skat! maar ek dinkie iemand wil hom hê nie – antique is blykbaar als ouer as 100 – en ek het gecheck – ek en my dummy het nog ‘n paar jaartjies om te gaan😀 – as ek hom so kyk lykit ook maar vir my soos ‘n regte bok-tiet – ek dink hy’t my kleintongetjie dag 1 al goed naar gemaak…

  13. Pikkelik says:

    BB – Daar kom staan jy alweer my dag en maak!!! 😆 😆 My kiddies wou om de dood ook nie die goed suig nie!! EN dis die beste raad vir koliek!! Ek wou soms die blerrie goed sommer met ‘n rek om hulle koppe vasmaak dat dit net in die mondjies moet bly. Poppedyn het seker 40 verskillende dummies gehad wat ek probeer het net om haar aan’t suige te kry maar niks!!! Hoekom jy ook nou so ‘n moeilike babatjie moes wees sal net jy weet!!! 😆 😆

  14. BB says:

    Ek het eers heelwat later begin suig😉

  15. BB says:

    I meant that in the nicest possible way!!😳 – ek bedoel nie ek’s ‘n sucker nie – ek bedoel ek het geleer van suig… ja toemaar… kom ons spaar nou vir my en Poppedyn ‘n moerawiese verleentheid hier😆

  16. BB says:

    Sjoe!!!!😳 Maakie saak hóé ek dit sê nie – it still sucks!!! LOL!!!

  17. Pikkelik says:

    BB – Whahahahaha 😆 😆 bowhahahaha, lyk dit nou amper of jy met jou voet in jou mond sit… (en suig!!!) 😆 😆 😆

  18. Hoe lekker lag ek nou vir jou BB!
    Dis ‘n flippen cool collection! Ek is mal oor karre en was so ruk terug hier in Korea by ‘n motorskou met allerhande vinnige, plat en blink nommertjies!
    Elk geval, ek het nou die dag iewers sulke modelle van die ou volkswagen minibussies gesien. Daai regte egte 60’s passion wagons😉
    Dit was so flippen cool gewees!

  19. Eilandkind says:

    Wow, dis nou vir jou ‘n klomp karre!
    Ekself is mal oor die ou 50ger jare se karre, ek het spesiaal Kuba toe gegaan om al die pragstukke te gaan sien wat oral in die strate van Havana rondry/staan.
    Hier op die eiland deel ek my man se GROOT, ou, swart, Ford trok. Ek word altyd aan gestaar deur die Wes-Indiese mans wanneer ek verby ry.
    Dit is miskien ook omdat daar ‘n sticker agter op is wat se: Just say no to crack (en dit wys ‘n paar boude met ‘n gleufie wat bo die broek uitsteek)
    Ek lees lekker aan jou blog Pikkelik!

  20. mockajava says:

    ek is mal oor di collection. Ek kan nie eers begin dink wat n moerske mission dit moet wees om alles te verpak nie. Ek is besig om hier n verameling van animasie mannetjies bymekaar te maak. Die goed is glad nie cheap nie, maar dis wat ek van kleint tyd af al wou gehad het. Nou kan ek dit bekostig, maar om dit in SA te kry is makliker gese as gedaan. die taal is een probleem en dan worry ek ook of dit nou by die bestemde destinasie gaan uitkom. maar n boer maak n plan al is die boer in chopstciks land.

    (dankie vir die skop onder die agterstewe pikkelik)🙂

  21. Pikkelik says:

    Kaalvoeters – Ek is bly jy het dit geniet! 8)
    Eilandkind – Welkom in die Blik! 😆 @ daai crack!!
    MJ – Geniet jou versameling en daai skop was ‘n hengse plesier! 😈

  22. Salomè says:

    Sjoe, Doom Cobus sal beslis hierdie versameling wil sien. Hy is self ‘n ywerige versamelaar, maar dit is beslis nog nie so ‘n groot versameling nie.
    Jy moet nou maar mooi pak, moet nie dat hulle krap of beskadig . . .

  23. Salomè says:

    Ek en Liefie sit ons hier en verstom en wonner – hoeveel karre / wiele goete is daar? Moet net nie vir my sê julle het dit nog nie getel nie.

  24. Pikkelik says:

    Salome – Laas toe ons getel het was daar net so oor die drieduisend, twee honderd… Ons het intussen nog heelwat bygekoop, maar ek WEIER om dit nou te tel… Jy sal maar moet wag tot ek dit eendag uitpak!!!! 😆 😆

  25. Skoor says:

    Goeie donir!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: