George en Tarzan

Reg ou lewe, jy het my vir lank genoeg nou onder jou voetsool verstrap.  Nou is ek weer my ou hoppende self en nou moet jy uitkyk, jy gaan bars….   So vir nou, tot my volgende ‘down’ aanval, Voertsek!!!  Niemand hou my vir lank onder nie, ek is soos ‘n superfast balletjie….  Vinniger op as wat jy kan droom om my op die grond te gooi!!!! 

Ouboet is seker ‘George of the Jungle’ se grootste aanhanger ooit!  Ek kan daardie fliek nou al woord vir woord resiteer!  Maar sy storie het ‘n kinkel.  George is nie George nie, George is Tarzan en daar is geen manier wat jy hom anders gaan oortuig nie!  En natuurlik is ek nie meer Mamma nie, ek is Ursala!  Dis nogal soms verwarrend as hy vir Ursala roep, maar ten minste is ek nie meer Tannie Pikkie nie…  Waar die kinders ook aan alles kom gaan my verstand te bowe.

Mynick en Oupie moes toue aan die bome vasmaak dat hy deur die oerwoud kan swing!  Nou die ander dag moes ek ‘n stok vashou sodat Mnr. Tarzan teen die ‘boom’ vas kan swaai!  Dit maak nie saak hoeveel keer ‘n mens vir hom sê dit sal seer wees nie, Tarzan doen dit en sy naam is Tarzan!!!

Vanoggend kom ek in die sitkamer en skrik myself yskoud!  My brein hardloop deur sy filing soos net ‘n brein kan.  Ek blaai deur die DVD’s dink wat hy kon kyk wat hierdie ‘euwel’ kon veroorsaak!  Maar niks, ek kan eenvoudig nie dink wat my seun sover sou kry om ‘n teddiebeer aan die gordyne te ‘hang’ nie!  En ek stres, het hy dalk iets by Oupie hulle (wat ‘n skottel het) gekyk….   Uiteindelik word hy wakker en ek begin subtiel uit te vra…  ‘Het jy ietsie gesien wat snaaks was?’, ‘het jy iewers iemand gesien wat seergekry het?’, op al my vrae kry ek ‘n ‘blank’ uitdrukking.  Hy kyk my aan asof iemand sy Ma ontvoer het en ‘n alien in haar plek gestuur het.  Naderhand kan ek dit nie meer hou nie, en vra direk:  ‘Hoekom het jou jou beertjie aan die gordyn opgehang????’   Jeeeeeeeezzzzzzz  wat ‘n verligting!  “Mamma, ek het hom nie opgehang nie, dit is Tarzan!!!!”

Flip, my kind het my amper ‘n hartaanval gegee!!  Hier sien ek die wording van ‘n laksman of massamoordenaar en al waaroor dit gaan is Tarzan wat aan die gordyn swaai.  Skielik besef ek maar dit is presies soos wat my lewe op hierdie stadium is.  Ek sien hierdie verskrikking voor my en eintlik is dit niks anders as ‘n avontuur nie.

Lekker dag vir julle almal!

29 Responses to George en Tarzan

  1. Estelle says:

    Dit is so ‘n pragtige voorbeeld van ons kinders se unieke sienning van die lewe en dinge om hulle. Dalk die rede hoekom Jesus wil hê dat ons soos kindertjies moet glo…

  2. Good for you! Ek is bly jy sien dit as ‘n avontuur! Vat hom vas!
    EK dink ek so ook nogal gewonder het oor die Tarzan beer…
    Ek het ‘n buurman gehad wat rerig so funny seuntjie het wat op ‘n stadium gedink het hy is ‘n eend…ek het net gesmile…

  3. Koekie says:

    Hehehe,,, ek het nou lekker gesmile vir jou Pikkelik. My kinders het net so groot verbeelding. Skiet skelms links en regs!! Maak die geluid van ‘n geweer perfek na. Maak ‘n tent in hul kamer met al die komberse in die huis en “bedryf” hulle army van daaraf. Weet ook nie of ek bekommerd moet wees daaroor nie, maar hulle kan darem lekker speel.

    Lekker dag.

  4. Wipneus! says:

    😆 Ek het die inskrywing geniet!

    Geniet die avontuur Ursula!!

  5. ICE says:

    Tannie Ursula, ek hoop Tarzan het darem die regte klere en ‘n regte pyl en boog?😉

  6. demoerin says:

    😆 Verbeelding is darem maar lekker!!

  7. Dellie says:

    Hehe, ja die kinders sien mos altyd dinge anders as ons!😆

    Dis die gees Pikkie, gryp hierdie ding aan die horings, en ry hom bloots!😉

  8. Alda Augustyn says:

    Ek verlang so na hierdie dae wat jy nou meemaak! Raak sommer jaloers…nou is myne almal so groot, en ek wil hulle net weghou van al die sere wat die lewe mag gee. Geniet dit! Almal sê dit seker vir jou, maar glo my TYD VLIEG! As jy jou oge uitvee het hy ‘n harder baard as sy pa, en sussie sit en droom oor watter rok sy na die Valentynsbal sal dra…ENJOY DIE JOURNEY!x

  9. Nats says:

    Hi Pik!!

    Ek sou presies soos jy reageer het!! Seker maar omdat ek ‘n dogtertjie was wat haar teddies laat slaap het in ‘n bed en nie OPGEHANG het nie
    😆 Maar ek moet sê ek het nou lekker gelag!!

    Nogal snaaks hoe ‘n grootmens deur ‘n kind se oë die wêreld anders kan sien.

  10. BB says:

    😆 !!!
    Jy sê dit self so tereg in jou laaste sin, Pikkie… now go and live it like you believe it!! (en ons is mos almal ok nou nie verniet hier nie – whenever, whatever, however enigeen van ons kan inspring en help – jy weet ons is ‘n ‘click away’ – skree net! )
    x

  11. Pikkelik says:

    Estelle – Jy is sooo reg!
    Kaalvoeters – Ouboet glo wat hy glo! Dis soms scary! Gelukkig is hy nie meer Tiger nie!! 😆
    Koekie, jip my kinders weet nog hoe om te speel, en ek geniet elke oomblik daarvan, hartaanvalle en al!
    Wipneus – Dankie man, ek doen!!! 😛
    demoerin – Jy sal weet!!!! 😆
    Dellie – ek ry hom, ek weet nie hoe gaan my boude op die einde lyk nie, maar who cares!!!
    Alda – Jyts – jy maak my skoon senuweagtig!!! Ek wil hulle so graag klein hou, maar soos jy sê, tyd vlieg!
    Nats – ‘n Mens kan maar net lag! 😈
    BB – Dankie… ek waardeer julle vriendskap! 😉 Eendag as my lewe ge-orden is skryf ek bietjie van eensaamheid op Amsterdam…

  12. Zee says:

    LoL Pikkie, hierdie mannetjie gaan vir jou nog baie plesier bring en in lagbuie laat uitskater!!! Tarzan kan dan rondswaai van een boom na die ander ma!!

    (Ek hoop nie my kleine Tarzan gaan in die bome rondswaai nie, my hart sal dit nie kan hou nie!)

  13. Pikkie dit is een van daai gebeure wat net so kreatief en oulik is dat jy dit vir hom moet bere om te wys as hy eendag groot is.

  14. Sonkind says:

    Shame, arme Teddie. Bwahahaha! Skuus, al kry ek Teddie hoe jammer, was dit regtig snaaks ook! Kinders is somtyds baie meer kreatief as wat ons grootmense ons koppe om kan kry😆

  15. maxie says:

    😆😆😆 dit is vreeslik snaaks!

  16. neykie says:

    helo ursula of pikkie😆😉

    Arme jy, gaan alle ma’s deur sulke dinge? Geniet die res van jou aand.

  17. Adrie says:

    Dit is hoekom ‘n mens nie ‘n kind se dade op sigself moet veroordeel nie.

  18. alta says:

    Stem Adrie

  19. Pikkelik says:

    Zee – 😆 Kom ons kyk maar, maar ek is oortuig hulle gaan almal deur daai stadium, Tarzan, Superman, Batman….
    Rosie – Ek gaan beslis, dis wat so lekker is van die blog, dit help my om nie te vergeet nie.
    Sonkind – Dit was baie snaaks… agterna… maar op daardie oomblik toe ek die beertjie sien hang het ek my sweet weggeskrik!
    Maxi –😆 😆
    Neykie – Wag maar ek is oortuig jou beurt kom nog!!! 😈
    Adrie en Alta – Julle is so reg… Kinders maak mens ‘humble’!

  20. Zee says:

    Of the subject!! Pikkie, hoe kry jy die bold reg in die comments? Ek is darem nou al moeg gedink hoe!!

  21. Zee – edit dit in wordpress na jy dit gepost het! Dit het my ook lank gevat voor ek toe nou maar gevra het 😳

  22. Pikkelik says:

    Zee – Ek doen wat Kaalvoeters doen!!! 😈 Ek sit hom eers in, dan edit ek hom en maak hom vet, draai hom skuins en alles wat lekker is!!!! 😳 😆

  23. Sorry dat ek so ingedruk het hoor! Maar dis al so laat in die dag hier (3:30) en ek moet my met iets besig hou terwyl ek vir die volgende klas wag!

  24. Zee says:

    Daarsy, het dit reggekry, dankie julle tweetjies😉

  25. Pikkelik says:

    Kaalvoeter – My magtig!!! Loop Slaap! Jy gaan siek word… Slaap is soos vitamine!!!

  26. As ek maar net kon slaap! Ek werk!!!!! Dis nie oggend nie, maar middag by my! EK is 9ure voor SA!!!!! Moenie so met my baklei nie magtig😦

  27. Pikkelik says:

    Kaatvoeters – Groootttttt aksies!!!!! 😥 Jyts, ja nee laat jy werk! 😆 😆 Ek sal hard probeer onthou!!! Oi, die ouderdom!!!

  28. Dis maar reg Pikkie! Jy kan nog nie kla oor jou ouderdom nie, jy is hopeloos te jonk! Ek is darem nou weer by die huis….agter my rekenaartjie….

  29. Pikkelik says:

    Kaalvoeters – Geniet dit!!!! Ek sal wat wil gee om net vir ‘n uur onverstoord te blog!!! 😈

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: