Die hoe en die waar – slot

Soos ek reeds geskryf het gaan trek ons iewers in Augustus Upington toe.  Maar alles is nie so eenvoudig nie.  My ouers bly nou al vir die afgelope vier jaar by ons in hulle eie houthuisie.  Dit lyk nou maar oes, want in Amsterdam groei niks in die winter nie, maar in die somer is dit ‘n lushof…  Ongelukkig is dit ook nou so dat hulle sal moet nuwe huisvesting kry want soos julle weet is ons ver van alles af.  Vir twee oumense om alleen hier agter te bly is nie alleen moeilik nie, maar ook onverskillig.

Hulle het egter ook gevestig geraak en nou moet hulle weereens hulle worteltjies uittrek en op ‘n ander plek gaan bly wat vir hulle bitter moeilik is omdat hulle gewoond geraak het aan die kleinkinders naby hulle.  Hulle is nog heeltemal selfstandig en kan nog baie goed op hul eie funksioneer, maar dit is nie maklik nie.  Baie trane het al gevloei en baie keer wil ek sommer weghardloop as ek die pyn wat hulle ervaar beleef.  Maar ons lewens moet aangaan en ons moet aan ons kinders se toekoms dink, so deurdruk moet ons deurdruk.  Ons Vader het egter ‘n uitkoms daar ook gebring, hulle help sporadies uit by ‘n ouetehuis in Randfontein (hulle hometown) en die mense het hulle gevra om permanent daar te bly, aangesien hulle rerig baie sukkel met personeel wat eerstens nie bevoeg is om na die mense om te sien nie en tweedens net maak soos hulle wil.

Verder het ek ook my Ouma om in ag te neem.  Sy bly tans in die Fanie Lombaard Oord op Amsterdam en trek ons en my ouers moet sy maar saamtrek, want ons kan haar tog nie alleen op hierdie afgesonderde stukkie aarde los nie.  Ook sy gaan haar agterkleinkinders verskriklik mis.  Die kinders is haar begin en einde en letterlik al waaroor sy praat.  Hulle is haar wêreld!!!  Maar in Upington sal sy nie oorleef nie, nie alleen is te warm nie, maar die lug is ook heeltemal te droog.  So nou begin die gesoek vir huisvesting vir haar weer van voor af.  Dit gaan net my verstand te bowe dat ‘n vrou wat vyf kinders in die wêreld in gebring het, nou met een sit wat omgee…

So daar het julle nou my hele penarie in ‘n neutedop.  Dankie vir julle goeie wense, dankie dat julle my met raad bystaan en dankie dat ek maar hier kan kla en kerm.  Lekker dag vir julle en ek dink soos ek gaan inpak, gaan ek op vele interessante inskrywings afkom…  So watch this space….

19 Responses to Die hoe en die waar – slot

  1. demoerin says:

    En elke puzzle-stukkie begin in plek val!

  2. Wipneus! says:

    Sterkte met alles (((Pikkie)))

  3. mockajava says:

    alles lyk donker en nag, maar die liggie brand altyd selfs in die moeilikste tye. Sterkte Pikkelik.
    Jou ouma en ouers kan trots op jou wees, dat jy tussen al jou persoonlike reelings ook so sorgvuldig aan hulle dink.🙂

  4. Estelle says:

    Jy is so geseënd om jou ouma nog te hê! Daar is twee dinge op hierdie aarde wat onvervangbaar is. ‘n Mamma en ‘n ouma. Verlang nou sommer weer na ouma se hoenderpastei en vars bruinbrood met appelkooskonfyt!

  5. ICE says:

    Sterkte vir alles wat voorlê, Piks!

  6. Alda Augustyn says:

    Ai ek dink SO aan julle! Dis nie sommer net vir trek nie…gister het ek al gedink, sjoe 42 jaar se koebaai sê moet erg wees, en nou kom vertel jy van die oumas en oupa wat ook nog deel van die “skeur” proses is!! Ek kan my nie eens indink hoe erg dit vir julle moet wees nie! Weet net ons is met julle, en baie sterkte vir julle almal! GLO NET …..ALLES SAL REG LOOP!

  7. BB says:

    Als in Sy Plan en Sy Wil , skat! You’ll be fine wherever you go – as long as you invite Him to come with😉 xx

  8. Zee says:

    BB, sulke waar woorde!!

    Pikkie, ek is seker die woonplekkies gaan sommer gou gevind word… Die regte plekkies!

  9. neykie says:

    Sterkte, dit kan nie maklik wees om vir so lank jou eie familie by jou te he en nou gaan hulle nie meer so naby wees nie.

    Lekker dag verder

  10. rendier says:

    Haai, ek kan openlik erken dat ek nie regtig weet waar Randfontein op ons landkaart is nie, maar een van my tokkelok pêlle is predikant daar. Klink na goeie mense op daai dorp.

  11. Bottertjie says:

    Sterkte met die groot trek! Hoop jul is baie gelukkig daarso! Aai, ons ouers het so mooi na ons gekyk toe ons klein en weerloos was, ons kan hul op hul oudag ook oppas en voor sorg. Dis die regte ding om te doen.

  12. aventer says:

    Sterktee vir julle, dis erg en hartskeurend maar op die ou end vind ‘n mens altyd weer geluk.

    Hierdie is avontuur…so gryp dit aan, jy weet nooit watter skatte jy gaan vind nie😉

  13. Dellie says:

    Dat jy so omgee en omsien na jou ouers en ouma, is vir my pragtig. Ons is nie almal bevoorreg genoeg om dit te kan doen nie. Ek glo ook dat alles reg gaan uitwerk, vir almal van julle. Veral as julle BB se raad volg.😉

  14. Salomè says:

    Aag tog, ek beny jou niks. Ek hou van inpak, so ek kan darem daar ‘n handjie by sit. En onthou; nie te groot bokse nie want dan sit hulle die swaar boks breekgoed te hard neer en dan het jy flenters. In die 5 keer wat ek al verhuis het, het ek nog net 2 stukkende glase gehad.
    STERKTE, STEKTE en nogmaals sterkte.
    (nou sit ek so in my agterkop en wonder of daai klein vroetel gesie van jou nie een kant uitpak terwyl jy ander kant inpak)

  15. Reisiger says:

    Ai Pikkie, dit kon wraggies nie maklik vir julle gewees het om die besluit te neem nie. Nie met soveel lewens wat geraak word daardeur nie… Baie sterkte weereens vir julle!!

  16. Carina says:

    Sterkte. Julle sal ok wees. Eendag sal jy terugkyk en presies weet hoekom nou juis Upington van alle plekke. Net soos jy nou kan terugkyk en weet hoekom nou juis Amsterdam van alle plekke – O ja, was in St 5 daar met veldskool and it scarred me for life! Ek onthou nog steeds die donkie kar in die pad. Dit was ‘n culture skok vir ‘n stadskind.

  17. Adrie says:

    Pik

    Ek hoop jou Ouma kry gou ‘n nessie waar sy tuis sal voel. Dit is hartseer as ‘n mens se lewens nou verweef is met ander mense.

    Ek weet jy het gese my bed is reg, maar kry ek darem ‘n blommetjie ook in die kamer?

  18. Paula says:

    Pikkie, alle voorspoed vir julle!

  19. boendoe says:

    Pikkie, dis sleg. BB gee nie slegte raad nie. Nie altyd maklik om alles te aanvaar nie, maar gewoonlik sien mens later hoe alles vir die beste uitgewerk het. Sterkte vir julle.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: