Die hoe en die waar…

(Deel een…)

Ok, ek dink dis tyd om die ‘beans te spill’!  Die afgelope tyd het daar ‘n hele reeks vreemde en blykbaar vervelige inskrywings op my blog verskyn.  Daar is van julle wat ons alle sukses toegewens het en ander wat so nuuskierig is, hulle kan hulle lag nie hou nie…  Nou ja hier kom dit!

Ons het ons eie besigheid op hierdie pragtige stukkie aarde van ons gehad.  Ongelukkig is dit nou maar eenmaal so dat in vandag se ekonomiese omstandighede al meer en meer besighede dit nie maak nie.  Wel ons is een van daai arme drommels wat dit nie gemaak het nie…  Ons het ontsaglik baie verloor, maar kan op hierdie stadium darem nog met ons selfrespek en sonder skuld uit die hele affere uitstap!  Daar is baie verskillende faktore wat bygedra het tot ons ‘failure’, maar eintlik maak dit nie saak nie.  Dis verby, geskiedenis, in die verlede en om daaroor te kere te gaan, gal af te gaan en verwyte rond te slinger gaan absoluut niks aan ons omstandighede verander nie. 

Ons Skepper het dit goed gedink om ons uit ons ‘comfort sone’ uit te haal.  Dit is tyd dat ons en ons kinders ons vlerke moet sprei, weg uit ons afsondering.  Dit is eintlik scary hoe gemaklik ‘n mens kon raak in Amsterdam.  Dis ‘n idiliese lewe.  ‘n Maklike gemaklike lewe.  Maar as mens mooi daaroor gaan dink besef jy dat dit byna ‘n abnormale lewe is.  En nou praat ek veral van my kinders.  Alhoewel hierdie ‘n kinderparadys is, ontbreek my kinders aan die social skills wat ander kinders van hulle ouderdom het.  Een van die dae moet Ouboet skooltoe, en ons wil hom tog graag in ‘n goeie skool sit sonder om 200km ‘n dag te moet ry, of hom in ‘n koshuis te moet sit.

Verder weet sommige van julle teen die tyd dat daar ‘n 16 jaar ouderdomsverskil tussen my en Mynick is.  Jip, ek is die groen blaartjie!!!  LOL!  Maar maak bietjie sommetjies en jy kom agter dat hy al byna by aftree-ouderdom is, verder is hy ‘n man en blank.  Tel dit bymekaar en jy kom tot die slotsom dat hy nie in die mark is om vinnig werk te kry nie…

Weereens het die Hoërhand ingegryp en my man is ‘n werk in Upington, ja julle lees reg, aangebied!  Mense dis volgens die Geelbladsye se optelmasjientjie 1066 km van Amsterdam af.  En dit is nou hier waar ons met absolute blinde vertroue gaan inspring en swem.  Mynick vlieg reeds die einde van hierdie maand af om dinge vir ons agtermekaar te kry.  Vir ons ‘n huis te soek, uit te vind van kleuterskole, solank uit te kyk vir my vir werk ens…  Intussen moet ek 42 jaar se huisinhoud inpak.  Mynick bly al vir 42 jaar in ons huis.  Ek wonder of iemand sal verstaan as ek sê dat my bewondering vir my man in hierdie laaste twee weke toegeneem het!  Mense dit is meer as ‘n leeftyd se herinnirings en menswees wat uitgesorteer, weggepak en weggegooi moet word.  Intussen kom sy broers en susters (hulle is 9 kinders)  ook nog so oor die volgende paar weke ‘n draai maak om te kom uitsoek wat hulle wil neem, want ek weier om dinge wat vir hulle van waarde kon wees net so van kant te maak.

Vir eers gaan ek hier afsluit, ek sal verder met julle deel soos dinge by my opkom, maar as ek nou nog langer tik gaan julle by niemand anders se inskrywings uitkom nie…

35 Responses to Die hoe en die waar…

  1. Wipneus! says:

    (((Pikkie))) daar was ook baie lig puntjies die laaste paar weke 😉 Dit sal goed gaan!!

  2. ICE says:

    Sterkte!

    Ek glo dat julle in Upington ook ‘n sukses kan maak!

  3. Pikkelik says:

    Baie dankie Siamees, jy het en gaan nog seker baie in die toekoms vir my beteken. Dankie tog vir Skype en ‘n gewillige oor of moet ek sê oog, wat altyd na my treurmares en pyne luister. Jy is vir my vreeslik spesiaal!!! 😉

  4. Pikkelik says:

    Dankie ICE, ek waardeer dit!

  5. Rustig says:

    Daai comfort zone is die meeste van ons se ondergang. Ek is self ook skuldig. Eerste ding wat jy vir julle koop is aircon of fan. Daai plek word hel warm.
    Alle suskses!

  6. Zee says:

    Pikkie, baie sterkte. Dit is seker baie moeilik vir julle op die oomblik maar ek weet sommer alles gaan reg uitwerk op die ou end. Nou gaan ek eers bietjie loer waar Upington is. My aardrykskunde vrot maar so bietjie!

  7. Carina says:

    Ek weet mens vergelyk nie appels en pere nie maar terwyl ons nou vrugte praat, hou net in gedagte: When life hands you a lemon, make lemonade…
    Niks is ooit so erg soos dit lyk nie. Sterkte vir julle hoor maar sien dit eerder as ‘n avontuur as een of ander krisis en ek is seker julle sal almal ok wees. PS ek is ook ‘n groen blaartjie! My man is 12 jaar ouer as ek!

  8. Adrie says:

    Ouma se siamees

    Sterkte. Ek is seker julle gaan baie gelukkig wees. Upington is ‘n stunning plek. Ek hoop julle gaan ‘n spaarkamer daar he, ek wil kom kuier.

  9. aventer says:

    Ai ai ai

    Ja alles gebeur seker vir ‘n rede. Ons moenie vrae vra en verwyte uitskiet nie, ons moet dankbaar wees vir elke geleentheid wat ons kry.

    Hierdie is ‘n geleentheid vir julle om ‘n nuwe lewe te begin, julle kinders ‘n goeie opvoeding te gee, ‘n kans om nuwe vriende te maak in ‘n nuwe gemeenskap, maar so kan ek heeldag aangaan

    Sterkte en seënwense vir julle. Glo en vertrou net, dit sal goedgaan 🙂

    *hugs*

  10. Dink so daaraan…dit kon baie erger gewees het! Dis al wat my deur tough tye kry! Gelukkig kan ons weet dat daar iemand daar bo sit wat alles haarfyn beplan het en weet wat die beste vir ons is en daarin kan mens troos vind! Baie sterkte met al die reelings en pakwerk! (((Pikkie)))

  11. Estelle says:

    Baie sterkte vir julle. Ek gaan nie probeer voorgee dat ek weet hoe jy voel nie, ek kan myself net indink hoe deurmekaar alles op hierdie stadium moet lyk. My ouma het eendag vir my gesê, ” Kindjie, jy MAG kwaad wees, jy MAG huil, jy MAG teleurgesteld wees, jy MAG bang en onseker wees, maar die geheim is die HOE jy kwaad is ens.”

  12. demoerin says:

    Sjoe, sterkte met die gepakkery en getrekkery. Gelukkig is internet nie area-gebonde nie! 😆

  13. BB says:

    My liefie is ook so 3 jaar terug uit sy ‘comfort zone’ gehaal… lang pad, soms bitter moeilik – my bewondering en respek het netso ontsettend gegroei vir hom in die afgelope jare. Daar was baie trane, baie selfbeeld issues, depressie by tye, maar ek het ge’force’ – om aanhoudend en gereeld redes te vind vir smiles en joy en dankbaarheid vir die klein blessings.
    It takes a really special kind of girl to stand by her man in times of trouble. Mag jy en joune truly gebless word, skat!! Jy is in my prayers!! x

  14. Pikkelik says:

    Rustig – Dankie vir die tip!! 😆
    Zee – Jong jy ry nou maar van hier af, deur Middelburg, deur Pta, deur Jhb, deur Ventersdorp, en Vryburg, dan is daar nog Kathu en dan eventually kom jy by Upington uit!!! Al die pad in die Noordkaap!!!
    Carina – dit is een ding wat ek ook glo… Niks is so erg as wat dit lyk nie…
    Adrie – Ek kry solank daai bed vir jou reg!!! 😉
    Aventer – Jy moet gaan swot girl, daar lê baie werk vir jou voor… Moenie nou oor ander se tjorts worry nie. 😉
    Kaalvoetertjies – Hy het my nog altyd gelei en bewaar. Hy sal nie nou ophou nie!!
    Estelle – dankie vir daarvoor, my gevoelens is deesdae soos fruitsalad!! 😆
    Demoerin – dankie vriend..
    BB – Thanks, coming from you I consider it a great compliment…

  15. Roer says:

    Pikkie, 42 jaar? Sus, dis ‘n lang tyd. Ek haal my hoed af vir jou man. Dis nie sommer vir trek nie. Soos jy sê, dis ‘n leeftyd in daai huis. Ek dink aan julle. Sterkte en mag julle worteltjies goed skiet in Upington. Mag julle baie gelukkig daar wees.

  16. Dellie says:

    Sterkte Pikkie, dit gaan nie smooth sailing wees al die pad nie, maar onthou net, hierdie dinge maak van julle beter en sterker mense. Die meeste van ons is al op ‘n stadium hierdeur. En ons klomp is hier vir jou, jy kan maar afpak net soos jy wil. ((Pikkie))

  17. Mynick says:

    AAN AL MY PIKKELIK SE NET MAATJIES ,HARTLIKE DANK VIR MOOI ONDERSTEUNENDE BOODSKAPPE EN JULLE VRIENDSKAP AAN MY VROU OOR DIE NET.
    AAN MY MEISIEKINDVROU , EK IS BAIE TROTS OP JOU EN SAL ALLES MOONTLIK DOEN OM VIR JOU DIE LEWE LEKKER TE MAAK.
    EK IS DANKBAAR TEENOOR ONS SKEPPER DAT HY MY NOG STEEDS AS SY INSTRUMENT WIL GEBRUIK
    GROETNIS

  18. Pikkelik says:

    Roer – Is dit nie snaaks dat mens eers in tye van nood werklik besef van watter stofasie ‘n ander gemaak is nie!
    Dellie – Dankie, ek gaan beslis nog baie afpak!! 😆
    Mynick – My man daar is net een soos jy… Ek het jou baie lief…

  19. neykie says:

    pikkie, sterkte met die trekkery dis sulke tye wat mens agterkom hoeveel gemors jy op gegaar het oor die jare. Lekker dag verder.

  20. reisiger says:

    Kan nie maklik vir julle wees nie maar ek glo en vertrou dat julle sommer vinnig julle voete gaan vind in Upington. En julle het mekaar lief en ondersteun mekaar so mooi dat dit nie anders sal kan as om goed te gaan nie!!

  21. Alda Augustyn says:

    Ek lees graag Wipneus se blog, en so kom ek toe by jou uit! Uit wat ek lees kan ek sommer sien dat NIKS julle sal kan onderkry nie! Staan sterk, en weet dat ons Liewe Heer ‘n wonderlike plan met ons het. Sterkte met die pakkery, en die “afskeid” neem.
    Ek dink aan julle!

  22. Nats says:

    Pik
    Sterkte!!! Ons Skepper sou nie die pad oopgemaak het as hy in julle getwyfel het nie!!

    Mag julle pad net mooi dinge in hou en dat jy ons ALLES sal vertel! Trek is nie grappies nie en ek luister graag… ons het net so 20jaar gehad om te trek die een jaar… jy het meer as dubbel wat ons gehad het. Eish! 🙂

    Baie sterkte!

  23. Marina says:

    Baie baie sterkte vir dit wat voorlê. Ek kan sien dat julle die hele ding baie oopkop aanpak! Glo en Vertrou en julle paadjie sal vir julle uitgelê word. Soms sal hy klipperig en vol kronkels wees maar onthou Wie is julle Enigste Gids!!!!!

  24. aventer says:

    Ag, dis lekker om oor ander bietjie te worry, dit laat vir ‘n kort rukkie vergeet van al die massas werk (huiswerk) wat vir my wag

    ONNIES!!! 👿

  25. Pikkelik says:

    Neykie – baie dankie jy maak my sommer moeg, ek wil nie daaraan dink nie… 😈
    Reisiger – dankie, ons glo ‘n goeie huwelik is lekker en harde werk 😯 Maar ons weet hoe om hard te werk!
    Alda – Welkom en dankie vir die mooi woorde!
    Nats – Dit klink my jy het ‘n idee waarvan ek praat!! 😆
    Marina – hallo vreemdeling, gaan dit nog goed? Dankie ook vir die bemoediging…

  26. Pikkelik says:

    Aventertjie – haai jong, hier kruip baie onnies rond!! 😈 Versigtig trap… Lekker leer!!! 😆 😆

  27. Ek was ook al daar so tien jaar gelede, het ek sover moes trek en oor begin. Julle sal dit maak en in een stuk daar uitkom. Julle het die regte houding.

    Sterke, hang in there en lief mekaar,

    (ek sou regtig nie sê jou posts is vervelig nie! allermins. en ek het my huiswerk gedoen.)

  28. aventer says:

    Hey…my ouers het altwee onnies geword en ek gaan self ene wees…met net een GROOOOOOOOOT verskil…

    Ek gaan die kinders se aktiwiteite in ag neem en nie net aanneem dat hulle genoeg tyd het om hulle huiswerk te doen nie. There’s nothing wrong with a small bit of moderation 😉 :mrgreen: 😆

  29. Pikkelik says:

    Dankie Rosie en dankie ook vir die huiswerk wat uiteindelik ingehandig is, ek het dit al oorweeg om vir jou ‘n negatiewe punt toe te ken… 😆 😈

  30. haaaaaai….soos ‘n C-?

  31. Pikkelik says:

    Rosie – huh, uhhh…. RF- !!!!!!! 😆 😆 😆

  32. maxie says:

    Hierdie is ‘n hengse avontuur en ek is seker dat julle gou jul voete sal vind en baie gelukkig sal wees. Sterkte met die pakkery maar voor jy jou oë uitvee, is dit ook verby. En net so terloops: jy’t een van die mees interessante blogs hier, dis altyd lekker om te kom kyk wat jy te sê het.

  33. 😆 @ Pikkie se RF-! Skerp!

  34. Eendjie says:

    Pikkelik die mense hier rond sê daar’s net ‘n ogiesdraad tussen Upington en die hel….
    En as iemand wil weet waar’s die hel dan sê jy net: Kyk, eers kry jy Upington, dan ‘n koelteboom en dan die hel! Maar nou is dit eers winter en die dae is perfek, net saans en soggens bibberkoud.
    Hier is natuurlik die rivier en as julle hou van kamp en visvang is hier die lekkerste kampplekke in die omgewing. Plekke soos Oranjerus, Kalahari Water by Keimoes, Uizip en Kuthula om maar ‘n paar te noem.
    Hier is 2 laerskole en 2 hoërskole op die dorp en ‘n hele paar kleuterskole. Baie winkels, restaurante, ‘n fliek, redelike groot biblioteek, ‘n Medi-clinic en sommer alles wat julle sal nodig hê. Die naaste dorpies hier (suid) is Keimoes, Kakamas en ‘n bietjie verder natuurlik Pofadder (Hoofstad van die Boesmanland!) In ‘n noordoostelike rigting is Olifantshoek, Kathu, Kuruman en verder Vryburg.En ek dink Kimberley is 398km hiervandaan.
    As julle wil see toe gaan, sal Port Nolloth (Richtersveld) seker maar die aangewese plek wees, ongeveer 480km van hier.
    Behalwe vir die helse somershitte, is Upington ‘n baie aangename plek met aangename mense. Ek is seker julle sal gelukkig hier wees!

  35. A3 says:

    Haai ou Pikkie, ek was ‘n tydjie onaktief en het nou eers van jou trekkery gelees. Laas was julle nog almal vol griep.
    Upington is ‘n plek waar ek baie gaan werk het en het die mense en die omgewing regtig geniet. Soos die hele Noord Kaap, is dit nou weer ‘n ander soort kultuur as Amsterdam omgewing maar ek is oortuig daarvan dat julle dit baie gou sal baasraak en sy mense sal jou verseker daarmee help want dit is net soos hulle is. Baie hulpvaardig.
    Hoop jou ouers en grootjie is nou al by die tyd uitgesorteer en dat die pakkery vorder.
    Baie sterkte. Vertrou net en dra alles aan Hom op en weet verseker dat alles vir julle sal uitwerk.
    Hoop nie jy bly te lank stil nie hoor.

Leave a reply to Estelle Cancel reply