Loop slaap jou pes!!!

Onthou julle nog ek het julle vertel ek bly langs ‘n fabriek? Nou hoe hulle toestemming gekry het om in die middel van die dorp ‘n fabriek op te rig, sal net die eienaar, die geld wat onder die tafel deur is en die stadsklerk van daardie tyd weet. 

Ek is nie ‘n moeilike mens nie, en gun elkeen sy snytjie brood, gebotter as die moet, maar vandag is my moer suur.  Kyk as dit seisoentyd is, verstaan ek dat hierdie mense ‘n werk het om te doen.  Die vragmotors met mense en mandjies vertrek tussen 3h30 en 4h00 in die oggend na die plantasies, ek kan verstaan dat hulle van 3h00 af wiele regmaak, moet laai en skree en mekaar roep en lag en, en, en….  Maar WTF, dit is Julie, daar is nie ‘n sampioen so groot soos Poppedyn se pinkienael in die plantasies nie.  Julle hoef nie eers te gaan soek nie, vat my woord daarvoor.

 

Daarom kan ek werklik nie sien dat julle gisteraand van agtuur af gekap het dat my kop wil bars nie!!!  Liewe kriek, wat se ‘panelbeating’ kan so verdomp dringend wees?????   En ja ek weet julle het metaal geslaan, dis ‘n geluid wat ‘n mens nie kan mis nie.  Kadwa – zwiiiieee!   ‘n Slag en ‘n vibrasie…  Twee uur laas nag toe Mynick julle ‘manager’ gaan bel, het die deur die slaap man, wat natuurlik nie naby die fabriek bly nie, gewonder of iemand nie dalk in sy ‘workshop’ ingebreek het nie!   WTF!!!!!

En hoekom het die gekap eers 2h30 opgehou, moes jy maar eers klaarmaak waarmee jy begin het toe jy in die workshop ‘ingebreek’ het!  En intussen huil my kinders die nag om want hulle kan nie slaap nie!  Om alles te kroon het julle mos besluit die geskikste plek vir die werkswinkel is direk langs my slaapkamervenster!!!!   Gaan bars, ons was eerste hier julle mamparras!!!!

So good riddens to you!!!   Mag julle maar kap en skreeu en lag tot julle tande pyn!  Einde Augustus I’m out of here…   en daar is geen manier wat ek julle gaan mis nie!   So vir nou, gee my net een en ‘n half maand grasie, want ek kan julle nou met liefde meedeel, kap weer in die middel van die nag en ek sal hier omstorm en julle met julle eie hamer oor die kop gaan bliksem!!!

Sterkte vir julle, en mag julle in hierdie jaar wat kom genoeg sampioene kry om julself in te verdrink!!!!!!!

Ek wil net nog dit sê: ‘Jy Bliksem met die geel Golf wat jou kar op maat van die musiek ref, moet nie te gerus slaap nie…  met jou het ek ook ‘n plan!’

16 Responses to Loop slaap jou pes!!!

  1. Adrie says:

    ek sal maar fluister.

    more pikkie.

    skree as ek jou ‘n bulldozer moet organize om die hele storie in mekaar te laat donner.

    ek sluip saggies weg. Netnou is daar ‘n hamer vir my kop naby.

  2. neykie says:

    Pikkie hopelik los hulle julle die naweek in stilte en rus en vrede. Lekker dag vir julle

  3. Shoe, maar ons is kwaai! /me sluip ook maar saggies weg……
    Sterkte met die geraas, ek weet hoe groot pyn dit kan wees!

  4. mockajava says:

    Hi Pikkelik. Ek bly in die studente gedeelte van my dorpie, ek word gereeld tussen 5uur en 8uur wakker geskreeu deur studente wat baklei, en dit reg voor my deur. Maar bonus is my oulike buurman wat 7uur die oggend as ek net lekker slaap besluit om neute te kap, as ek by my kombuis venster uitloer kyk ek in sy kombuis in, dis hoe naby ons aan mekaar is,

    Dus et ek rerig baie simpatie met jou. Bliksem hulle somme oor die kop met wat ookal jy indie hande kan kry. Die beste van alles is,daardie mensewatso lawaai maaak sal n gasket blaas as jy voor hulle huis so vroeg i die oggend lawaai gaan maak.

    Sterkte Pikkie

  5. Paula says:

    (fluister sag) Hoop julle sommer gou weer beter en dat daar stilte oor julle sal neerdaal.

  6. Koekie says:

    Ai Pikkelik, sterkte. My bure se garage is reg langs ons slaapkamer. Elke oggend word daai garage deur toe geblixem (sorry) en kliphard met mekaar praat. Hulle kan mos nie praat nie, moet skree, al staan hulle langs mekaar… en dan is die hele huis wakker so ek simpatiseer met jou.

    Laat weet ons wat jy met die ou gedoen het in die geel Golf asb?? Ek het ook tips nodig…hehehe.

  7. Estelle says:

    Sjoe! Ek het ‘n buurman gehad wat sulke strooi een nag probeer het (ook langs ons venster wat 3 meter van hulle af is). Franco was ‘n pap babatjie so ons was vroeg al wakker gewees die volgende oggend. Toe pluk ek pappa se moerawiese hi-fi speakers uit en plak hul langs die muur na hul kamer neer en speel vir hulle Edith Piaff 5uur in die oggend. Hulle het ‘n paar keer iets geskreeu, maar ek kon mos nie hoor nie, die musiek was te hard jy weet! Nooit weer ‘n probleem gehad nie, wonder hoekom??????

  8. Wipneus! says:

    Jinne Pikkelik maar jy gooi die kar om vandag!! Maar ja ek stem, mense moet respek hê vir die nag. In die nag, slaap jy of jy doen dinge saggies soos ‘n spook!! Jy slaan nie die staal met ‘n hammer dat ander se oordromme bars nie:mrgreen:

    Ek verskreeu hierdie arme bure van my so!! Hulle karre kan ook in deuntjies rev, hulle “hooters” ook!! Hulle is te suinig om ‘n remote control vir die hek te koop.
    As die meneertjie 2 uur in die nag tuis kom, lê hy op die toeter en speel vir ons WAKE UP LITTLE SUZIE WAKE UP ♪
    Miskien is dit hulle kultuur om in die nag te werk en in die dag te slaap!! 😈

  9. sonneblomseplekkie says:

    Hi Pik,
    Kan julle nie ‘n klag indien by julle council nie? En by die polisie? Ek is seker daar het nog wette oorgebly van rusverstoring?? Kry vir jou paar widow maker bom crackers, en as hulle weer so lawaai laat waai jy met so klomp van daai goed in hul rigting….ek glo hulle sal die boodskap kry😉
    Lekker naweek
    Sonneblom

  10. sonneblomseplekkie says:

    Wipneus, ons het ook bure wat so op die hooters le as sy huis toe kom….Ons al paar klipharde skimpe gegooi, en ek sien die getoet is baie minder.

  11. BB says:

    My bure is te bang vir my om te raas of issit vir my Helge?? Hmmm… die buurman het eenkeer oor die muur geskree – wou een of ander tool leen, toe kry hy ‘n uitkik van ‘n ander aard – (Liefie maak nie ‘n moordkuil van sy hart nie) ons motto is: as ek dit nie vir kan gee nie, kan ek dit beslis nog minder bekostig om dit vir jou te leen. Boonop is daar vir hom kort en kragtig uitgespel dat jy nie oor ‘n muur skree, tensy iemand hom lê en doodbloei in jou erf of jy dalk lus het om te bloei:mrgreen: Ai, my Helge darem! *tsk* (die buurvrou ignore my tot vandag toe… so asof ék enige aandeel daarin gehad het😕😆 )

  12. Zee says:

    Sjoe tannie Pikkie, maar jy is kwaai vandag. Dis reg, moenie laat hulle jou laaste maand of twee opdinges nie. Gee hulle gas!

  13. demoerin says:

    Eishhh, vanaand sal darem seker stil wees want dan suip hulle die lone uit! Gee hulle gas!!!

  14. aventer says:

    *sluip saggies om die hoekie*

    *fluister*

    ek neem aan om atletiek krete te oefen is buite die kwessie?

    Ai, sterkte jong.

    Gooi ‘n paar stinkbomme in hulle rigting of gaan trip hulle krag en sê dis loadshedding…uhmm het amsterdam ooit loadshedding?

    Maar elke geval, bel my ek sal hulle koppe vir hulle afskree😉:mrgreen:

  15. Salomè says:

    Sê net as jy ekstra “Womanpower” nodig het om die klomp te gaan opdons. Ek is daar . . .

  16. jaans says:

    Die hartseer saak is dat jý moet padgee. Dit sou ideaal wees as mens iets kon doen om hierdie fokkers weg te jaag.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: