Moeilike besluite

Elke besluit wat ‘n mens in die lewe neem raak ander mense. Elke aksie het ‘n reaksie… Maar iewers kom ‘n mens op ‘n punt wat jou besluite net jou naastes raak. Daarby bedoel ek, jou man/vrou en kinders. Jou besluite word gebasseer op die wat vir jou die belangrikste is… Die wie se toekoms jy moet verseker… Die vir wie jy jou lewe sal gee. Daarby sê ek nie dat familie en vriende nie belangrik is nie, maar vandag is ek gatvol vir ander mense.

Mynick, ek en die kinders gaan van hier af verder. Wees dankbaar dat ons ‘n uitkoms sien, wees bly vir ons dat ons kan aangaan. Hou op om ons te veroordeel oor dinge wat buite ons beheer is. As ons dan nou ‘n doodsonde doen om van rigting te verander, so be it, dis ons besluit! Ek en my man kan julle nie meer almal dra nie, kan nie neer ALMAL se gevoelens in ag neem nie. Ons is leeggetap, so live with it!!! En as julle eendag besluit dat ons nie after all nie te kik is nie, julle weet waar om ons te kom soek!!! So vir nou, bokker of en los ons, ons het genoeg stres soos dit is, moet nie ons lewens nog moeiliker kom maak nie! Ons is lief vir julle maar julle gaan ons nie verder manupileer en seermaak nie… Sterkte vir julle en ons wens julle net die beste van alles toe.

Skadus teen die muur

12 Responses to Moeilike besluite

  1. Adrie says:

    Het ek iewers iets gemis? Is dit Sukkel-Met-Pikkie week ?

    Pik, skree net. Petrol is duur, maar ek kan dit bekostig as ek iemand moet kom bliksem.

  2. Pikkelik says:

    ‘Skies Adrie, maar jy weet mos hoe dit gaan… Lyk my dis pp vir Pikkie af dag vandag!!! 😆 😆 😆
    Ek belowe more post ek ‘n happy post!!! 😉

  3. Adrie says:

    Toemaar Pikkie, ek is nog steeds lief vir jou. Al is jy moerig.

  4. Koekie says:

    Ek stem Pikkie. Al wat saak maak op die stadium is jou en jou gesin se geluk, so bogger die res.

    Hoop jou naweek is darem lekkerder!!

    Groete

  5. ICE says:

    Good for you, Pikie!

    Onthou dis jou besluit! Roll die dice!

  6. Rustig says:

    Stem met jou. Jou verantwoordelikheid is eerstens teenoor jou gesin. Dan as daar iets oor is jou familie. Hoe langer mens vir hulle dinge doen, hoe minder doen hulle vir hul self. Trek mens en moenie vir een oomblik terug kyk nie. Onthou wat met Lot se vrou gebeur het.

  7. Wipneus! says:

    Regte besluit! Die lewe is moeilik genoeg vir julle op die oomblik. As jou familie weet waardeur julle die afgelope weke is, sal hulle heel moontlik beter verstaan. Julle meer bystaan. Mens is mos maar geneig om nie jou probleme en private dingetjies met ander te bespreek nie, dan maak hulle, hulle eie aannames…. alles sal regkom.

    Hulle voel miskien ook maar hartseer oor julle weggaan. As ek hartseer is wil ek met almal baklei. 😆

  8. aventer says:

    As ek mag vra…waarnatoe trek julle?

  9. Pikkelik says:

    Aventer – geduld meisiekind, geduld!!!

  10. aventer says:

    My geduld is op😥 nee ek joke….moet dit nog openbaar word?

  11. jaans says:

    Wel, wat kan ek sê! Sterkte met die lewe! En mens moet eerste na jou gesin kyk. As jy jou gesin laer af op die prioriteitelys skuif, dan eindig jy soos my pa op: sonder ‘n gesin.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: