Eendag as ek groot is….

As kind het ons almal een of ander ambisie of begeerte om ietsie te wees as ons groot is.  My Pa was/is ‘n siviele ingeneur, en vir ons kinderverstandjies was dit een te veel, wat doen ‘n siviele ingeneur???   My broer het op ‘n dag in die klas gesê hy wil dieselfde werk as sy Pappa doen, toe die juffrou vir hom vra wat sy pa dan doen, was sy antwoord hy is ‘n ‘mekaniek’!  Wel Pa het in sy spaartyd aan ons motors gewerk so dit was seker nie te ver verkeerd nie!   Groenie die drakie wou ‘n brandweerman word, Diederic van 7de laan wou ook ‘n brandweerman word.  Dogtertjies wil ballarinas en verpleegsters en aktrises word.  Seuntjies wil weer brandweermanne en polisiemanne en soldate word.   Ouboet wil Tarzan wees as hy groot is.

Ek wou eers ‘n dokter word (‘n ding waaroor ek tot vandag toe spyt is, ek sou graag ‘n dokter wou wees) toe wou ek ‘n bibliotekaresse word en daarna wou ek ‘n marine-bioloog word.  Nie een van daardie drome het waar geword nie, maar ek dink my grootste droom van almal het waar geword.  Ek wou met my hele wese ‘n mamma wees.  Iemand wat my kinders versorg en liefhet.  Iemand wat die einas beter soen en luister as hulle met my gesels…

Party kinders se ideale is downright scary…  Kyk na hierdie een…

En ander word baie vinnig ontnugter:

Shirley Temple het die liedjie gesing:  When I grow up.

Shirley Temple

Wat wou jy word toe jy ‘n kind was…   Ek tag vir Wipneus, Adrie, Rosalind en Sonkind

28 Responses to Eendag as ek groot is….

  1. Wipneus! says:

    Heita hier kom alweer huiswerk!! Ek gaan jou kry 😈

    Ek is bly een van jou drome het waar geword: Mamma wees. Lekkerrrrr droom die!

    When I grow up, I want to be a cowboy…. daarsy huiswerk gedoen😉

  2. Salomè says:

    Ag sy is te pragtig!!
    Ek sou ok graag ‘n dogtertjie wou hê eendag as ek groot is, maar lyk my ek sal maar verlief moet neem om ander se dogtertjies te bewonder. Ek ruil in elk geval my seuns vir NIKS op aarde nie.

  3. Paula says:

    Te oulik!

  4. krista says:

    Ek weet nou nog nie wat ek wil doen/wees eendag as ek groot is nie!

  5. BB says:

    Ek wou ‘n lady of leisure word – ek is nou nog nie ‘n lady nie – en I’ve given up on the leisure part😉

  6. Pikkelik says:

    Wipneus – Sies vir jou… Jy kry geen punte vir sulke afskeepwerk! :mrgreen:
    Salomè – Seuns is lekker man! Dit maak ‘n mamma sterk! 😈
    Paula – Wat wou jy word?
    Krista – Ek dink jou kanse is die beste om daar te kom… Ek dog jy is met vakansie… Blog jy skelm??? 😈
    BB – You go girl!!! Hoeveel ladies ken jy in alle geval… Ons moet maar almal fight vir survival… 👿

  7. Zee says:

    Pikkie, ek wou ook altyd ‘n dokter geword het, totdat my pad eendag met bloed gekruis het, en die was die laaste van dink aan dokter word.

    Toe was dit model word, maar nou ja, ek was te groot vir die en toe moes ek maar settle vir eggenoot en moeder wees, en soos jy se, nog nooit eendag spyt gewees daaroor nie met al my ups en downs!!

  8. Daar is te veel goed wat ek nog wil wees en doen en die lysie word net nooit korter nie, maar mens mag mos droom!

  9. Pikkelik says:

    Zee – dis nou een ding wat my rerig nie pla nie, ek kan bloed hanteer, maar oi, daardie derms en ingewande… :mrgreen:
    Kaalvoet, ek dink nie ‘n mens se lys moet ooit korter word nie, dan kan jy net sowel nie meer wees nie. Ek dink as mens ouer word, word jou drome net meer realisties… 😉

  10. neykie says:

    Lekker weer ‘n tag speletjie. kannie meer wag nie

  11. mockajava says:

    ek het al lekker gelag vir die kids by my skool, het n les gedoen met wat hulle wil wees as hulle groot is. ek weet nie of hulle partykeer nie heeltemal die engels verstaan of daar net bloot niks daarbo tussen die oe gebeur nie, maar die vraag en die antwoord stem nie altyd oor een nie.

    My pa was maar altyd volgens my n mekanic gewees, vind ek mos later eers uit dat hy n tegnikus is. Net om rede hy in n kantoor werk.🙂

  12. Rustig says:

    Dit is die een beroep waar daar geen handleidings boek of kursus is nie. “Learn as you go!”

  13. ICE says:

    Moet ons groot word?

  14. Pikkelik says:

    Neykie – Rerig? Consider yourself tagged! :mrgreen:
    Mocka – Vertel ons meer van daai kinders se stories toe man…
    Rustig – Ek neem aan jy praat van ouerskap – Ja dit is nogal scary, mens word letterlik alles geleer behalwe hoe om ‘n goeie ouer te wees!!!
    Ice – Welkom hier. What a question!!! Nee, ek willie grootword nie!!! 😆 😆

  15. Adrie says:

    Juffrou Pik

    Ek vra uitstel met die huiswerk. Sal dit more inhandig.

  16. demoerin says:

    Ek is nog ‘n kinners…ek droom maar nog!😆

  17. Koekie says:

    Ek wou altyd ‘n wildbewaarder word maar dit het nooit gebeur nie. Is na matriek polisie (net vir 4 jaar). Ek droom nogsteeds van wildbewaring.
    Ek ook maar die mamma ding gedoen en is lief vir my twee wille seuns.
    Oulik post Pikkelik.

  18. Roer says:

    Dr. Pikkie, ek droom ook nog. Nou die aand juis oor hierdie een gepraat, want iemand het vir my gese^ as jy nie op 30 al ‘n sukses van jou loopbaan of drome gemaak het nie, sal jy nooit. Bog! spu ek hom toe. Hierdie girl sal nog gaan verder swot. ‘n Mens is NOOIT te oud om te leer nie. Party mense se prioriteite was en is net anders of die lewe vat jou net op verskillende paaie.

    lol@BB

  19. Pikkelik says:

    Adrie – uitstel toegestaan tot 8 Julie 2008 😆
    DMI – Lekker droom my vriend, dis waaroor die lewe gaan.😉
    Koekoe – welkom hier in die blik – Dit klink na ‘n heerlike droom… Miskien, net miskien…. 🙂
    Roer – Daai verskillende paaie een ken ek goed… You believe me! Maar ja ‘n mens is nooit te oud om te leer nie…. 😉

  20. maxie says:

    Veearts, wildbewaarder of sielkundige. Het toe besluit op sielkunde maar nooit klaar geswot nie😦

  21. Pikkelik says:

    Ai Maxie, dis nooit te laat nie!!! Dalkies kom jou droom nog waar!!!! 😉

  22. boendoe says:

    Pikkie, ma-wees is die beste, bevredigendste werk wat daar is. Dit mergel jou uit, maak jou oud, maar as jy weer kan kies, dan loop jy daai selle paadjie weer. Ons is bevoorreg.

  23. Adrie says:

    Pik

    My genade, moet ek nou time travel doen?

  24. Pikkelik says:

    Boendoe – Jy is heeltemal reg! Dit is so bevredigend en ‘n mens kan die resultate sien….
    Adrie – 😈

  25. Adrie says:

    My huiswerk is ingedien.

    Kon ongelukkig nie time travel nie, dus is dit 2 dae laat. Deal with it.

  26. Liewe aarde hier sien ek dit nou eers. sorry ek sal dit doen. gits.

  27. […] ek wil ‘n boer wees… Posted on July 12, 2008 by anne-marie Skuus Pikkie dat ek nou eers my huiswerk doen, maar ek het darem ‘n sieksertifikaat as […]

  28. […] Skuus Pikkie dat ek nou eers my huiswerk doen, maar ek het darem ‘n sieksertifikaat as verskoning […]

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: