Muse of ‘n muis???

Onthou julle Wipneus se ‘muse’!  “Musie is ‘n man, ‘n dêm oulike man, julle. Hy lyk soos ‘n griekse god. Brons vel, aristokratiese neus, pragtige lyf en hy praat so mooi met my. Hy dra altyd wit klere en hy kan vlieg ook. Musie het die mooiste glimlag wat ek nog gesien het, hy oorrompel my elke keer, as hy vir my glimlag as ek weereens aangejaag het. Hy raas nie met my nie, hy praat saggies met my as ek weer oppad is, om hel toe te foeter.”  Skryf sy van haar Muse….

Om een of ander rede, wat sal ek nie kan sê nie, het my ‘muse’ sy ry gekry…  Hy hou hom nie meer op met my nie, hy steur hom nie meer aan my burblings nie…  Hy het sy tassie gepak en groener weivelde gaan soek!

Nou sit ek met hierdie bloggersblok…  Ek sit voor die skerm en staar na die sleutelbord en my brein werk is ‘overdrive’ aan NIKS!    Al wat van al my moontlike stories oorgebly het is die begeerte om my kop in ‘n gat te gaan druk.  So diep as moontlik vir so lank as moontlik…  Ek dink my ‘muse’ is gereplace met ‘n muis.  ‘n Veldmuis met die breinkrag van wel…  hmmmmm…  ‘n muis….

Ek gaan google toe vir ‘n muisprentjie en julle sal nie glo watse interessante muise kry ‘n mens nie.  Nou nie regte lewende muise nie, rekenaarmuise…   Kyk bietjie hier…

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

16 Responses to Muse of ‘n muis???

  1. Wipneus! says:

    Ek soek so “bling-bling” muis, waar kan ek een kry?? Wag dat ek gaan google, UPS moet dadelik vir my so muis aflewer!!!

    Oor die bloggers blok – ek is ook daar, ek het net ‘n kleine teeny weeny inskrywing…. oor my gewerkskaf in die nag 😉 Hoe boring kan dit nou wees 🙄 (My ma kom ook vandag kuier en sy hou my so besig, my muse wil sommer langer wegbly op sy spa vakansie. Ja glo dit nou of nie, my griekse god is weg op ‘n spa vakansie, lucky devil:mrgreen: )

    Maar solank julle ook net sê: Hi, hello, dit gaan goed met my en by julle… en gooi so breë smile op my skerm met ‘n google prentjie…. is die Kaap hollands 🙂 Dan weet ons almal dit gaan nog goed met ons blog maatjies, en daar is nog pols slag 😉

    Sterkte Pik!!

  2. demoerin says:

    Moet sê daai Cybergun is nogal cool. Dan kan mens sommer ter selle tyd deur die dag bietjie shooting practice inkry!

  3. reisiger says:

    😆 Pikkie, as ek so ‘n muis gehad het soos die een op die tweede laaste foto, sou ek so gegril het dat ek newwermaaind bloggersblok sou hê, ek sou my rekenaar heeltemal vermy het!!

  4. Lyk my almal loop deesdae deur onder die blogblok-bug!
    Ek het goed om te vertel, maar die woorde is nie daar nie, al vir ‘n hele rukkie…mense moet maar geduldig wees….

    Sterkte!

  5. Carina says:

    What next! Het lekker gegiggel – my seuntjie sal hou van die gun!

  6. mockajava says:

    okay kom ons probeer weer 🙂

  7. Salomè says:

    Sien julle hoekom wil ek nie my eie blog begin nie.😉

  8. Jy hoef nie baie slim te wees om te weet watter van hierdie “muise” Suid-Afrika verteenwoordig nie…

  9. Adrie says:

    Hallo Pik

    Die dapper muis

    KOOR:

    Ek’s ‘n dapper muis – kyk hoe stap ek deur die huis

    En daar’s niks waarvoor ek skrik nie

    Vir niemand is ek bang daar is niks wat my kan vang

    Nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie

    En sê nou daar’s ‘n kat

    Oe ‘n kat!

    Ja ‘n kat met ‘n huis wat altyd hunker na ‘n muis

    Ag nou ja

    Buiten vir ‘n kat

    Is daar niks waarvoor ek skrik nie

    [ KOOR ]

    En sê nou daar’s ‘n valletjie

    Oe ‘n valletjie!

    Ja ‘n ding wat val met ‘n gruwelike knal

    Ag nou ja

    Buiten vir ‘n kat en ‘n valletjie

    Is daar niks waarvoor ek skrik nie

    [ KOOR ]

    En se nou daar’s ‘n uil

    Oe ‘n uil!

    Ja ‘n uil van wie muise altyd skuil

    Ag nou ja

    Buiten vir ‘n kat en ‘n valletjie en ‘n uil

    Is daar niks waarvoor ek skrik nie

    En wat van ‘n lawaai – soos ‘n haan wat kraai

    En ‘n gebreek en ‘n gekraak en iets wat tjiep-tjiep maak

    En ‘n geklingel en ‘n getingel en ‘n gekletter en ‘n geknetter

    En ‘n boems en ‘n kardoems

    Waar’s jy?

    O – buiten vir ‘n kat met ‘n gryns wat altyd hunker na ‘n muis en ‘n ding wat val met ‘n gruwelike knal en ‘n uil in die nag wat vir muise sit en wag en ‘n huis met ‘n lawaai soos ‘n haan wat kraai

    ‘n Gebreek, ‘n gekraak, iets wat tjiep-tjiep maak

    ‘n Getjingel, ‘n getingel, ‘n gekletter, ‘n geknetter

    En ‘n boem en ‘n kardoems

    Oe-eee!

    Is daar niks waarvoor ek skrik nie

    JY JOK……

  10. Zee says:

    Ai Adrie, nou laat jy my lekker lag!!

    Pikkie, ek soek ook so ‘n diamant muis. Ek het nou juis vir my ‘n “skin” bestel vir die laptop. Dit is wit met 2 $ signs op….. ja….. diamante. Ek dink dit sal nou sommer mooi bymekaar pas😆

    Oulik!!

  11. Zee says:

    O ja Adrie, hou so aan, at least leer ek nou al die liedjies van voor af. Dit is nogal skokkend hoe ek al die kinder liedjies vergeet het!!

  12. alta says:

    Van hierdie muse is maar scary.

  13. Estelle says:

    Franco sit by my terwyl ons so deur die muise gaan. “Eehwww, dis gross mamma!” Ja my kindjie, pappa sal vir mamma so grillerige muis moet kry om my van die rekenaar af weg te hou…..

  14. […] jou muse dalk ‘n muis? Dalk is jou muis ‘n vlermuis? Ooit gewonner waar vlermuise deesdae […]

  15. Louisa says:

    Jitte, van die muise is nogal oulik…😀

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: