Poppedyn loop!!!

Wanneer kan ‘n mens sê jou baba loop?  Wanneer sy haar eerste treetjie gee, of wanneer sy twee onafhanklike tree gee of eerder as sy meer loop as kruip?  Wel, Poppedyn het haar eerste onafhanklike tree op 21 Junie 2008 gegee, ‘n week na haar eerste verjaarsdag en vandag is ek trots om aan te bied…..   Drumroll please….    ♪♫♪♫Tararararararararara……… ♪♫♪♫

Dit bring natuurlik nou weer nuwe uitdagings na die oppervlak!   Maar wat ‘n mylpaal!!!   Mooi so Meisiekind!!!

23 Responses to Poppedyn loop!!!

  1. Paula says:

    Baie geluk met jou miesiemens se vordering. Dit is te pragtig!
    Nou gaan sy jou laat hardloop!
    Geniet haar 🙂

  2. Zee says:

    Awesome PoPpEdYn!!!!

    Nou gaan mamma darem maar lekker agter jou rondhardloop!!!

    Pikkie, sy is te cute man! 😛

  3. Zee says:

    Ag en ek wou nog sê ook, haar krullebol is te pragtig 😉

  4. Adrie says:

    Poppedyn en Zeethan sitting in a tree
    K-I-S-S-I-N-G

    En ma’s kan hulle nie keer nie.

  5. Carina says:

    Baie baie geluk! Dis precious…

  6. neykie says:

    Sy is die oulikste meisie wat ek sien, jy sal die geweer moet reghou, van kort voor lank is die mylpale alles oorkom, en bring sy die grootste mylpaal denkbaar huis toe, ‘n boyfriend 😉

    hehe

  7. Salomè says:

    Wat sê almal van seuns wat lui is? Weet nie wanneer blou-oog gaan begin nie. Hy stut darem al net so met die pensie teen die tafel terwyl die arms altwee beduie . . . dalk . . .

  8. alta says:

    Nou begin die rondhol eers. Drink maar n paar stywe Redbulls elke dag. 😀

  9. Basuine!
    Binnekort hol sy vir jou weg.

  10. BB says:

    You Go Girl!!! *MWAH*!!

  11. reisiger says:

    Mooi Poppedyntjie!!

    Ek weet van ‘n ma wat nou lekker oefening gaan kry!! 😉

  12. Wipneus! says:

    Dis te cute Pik!!

    Lekker hardloop hoor, jy spaar gym gelde 😉

  13. Von says:

    Te oulik Poppedyn! Nou gaan jou mamma, wat nie vir hierdie heuglike gebeurtenis kon wag nie, eersdaags wens jy wil net vir vyf minute op een plek stilsit en stilbly! Lekker hardloop en keer Piks – en sterkte met die nuwe vordering.

  14. demoerin says:

    Cute. Nou gaan Ma en Pa lekker oefening kry!

  15. Dellie says:

    Ag lekker! Ons deel ook hierin! Dis sooo opwindend. Ten spyte van die oefening wat ma en pa gaan kry, gaan sy haar lekker moeg hol en goed slaap. 😉

  16. Estelle says:

    Cute verby!

  17. Ja nee, die gym gaan nou uitmis op ‘n ekstra klient! Geniet elke oomblik!

  18. Eendjie says:

    Baie Geluk aan die “Pikkelik gesin” met Poppedyn se bevordering van kruipende na lopende! 😉

  19. Sonneblom says:

    Hi Pik,
    Geluk jongie…jy het ‘n pragtige pop 😉
    Maar ek wil gou van die onderwerp afspring…..hoe kry jy jou houtvloere so MOOI!!! Deel sebliefies tog jou geheim met my…. Ek het ook houtvloere, en is al lus en vervang dit met sement en matte…..
    Groetetjies
    Sonneblom

  20. meermin says:

    Ag sy is opvreetlik mooi!! Baie geluk jonge dame met hierdie mylpaal!!

  21. Pikkelik says:

    Baie dankie vir almal se gelukwensing, en ja ek hardloop my gedaan… 🙄
    @ Sonneblom, jong daar is nie rerig ‘n geheim nie, net ‘n trick… Houtvloere verloor maar hulle shine na baie jare, en die enigste manier wat tot nou toe vir my werk is om Cobra met Donkerbruin ‘Nugget’ skoenpolitoer te meng en dit dan soos altyd te politoer…. En goed op te vryf….

  22. TristonJ says:

    Ai te lekker… en nou gaan julle bene stomp draf om by te bly!! Triston is een van daai wat besluit het ek sal n ding doen waneer die boeke so se en nie n dag vroer… hy het op sy eerste verjaarsdag sy eerste tree gegee (ook net om by die koek uit te kom 😉 )

  23. aventer says:

    Ag cuuuuuuuuuuute!!! 😀

    Hallo, ek’s teurg van die kaap en mense was daar talent (ek praat nou van meer as net sing talent, hy was so mooi)

    Is bly om terug te wees by die blogosfeer. Het dit uiters gemis en al julle mense ook.

    Dis te lekker as ‘n kleintjie kan loop, dink aan al die moontlikhede 😆

    Sal later weer kom inloer 🙂

    Cheers vir eers

Leave a comment