Deur dik en dun…

Okey, ek weet dit is oud en corny, maar daar is net geen ander manier hoe ek vandag my gevoelens kan uitdruk nie. Mynick, ek het jou lief en ek staan viervoet agter jou. Waar jy gaan sal ek gaan, waar jy nesskrop gaan ek nesskrop en waar jy is, daar is ek… Jy is my lewe ou Grote, en ek WEET ons kom eerste in jou besluitneming. So, net nog dit, ek en die kinders staan bankvas agter jou. Ons het jou lief!

Tammy Wynette’ Stand By Your Man

8 Responses to Deur dik en dun…

  1. mynic says:

    So bekkie moet meer as jam kry,ek verdien jou nie maar SY genade is baie groot. Dankie vir jou ondersteuning,mag ons toekoms SY seën weg dra.

  2. krista says:

    Sterkte, dit lyk my daar lê ‘n (klomp) moeilike besluit(e) voor!

  3. Carina says:

    Dit laat my dink aan ‘n email wat ek gekry het van wat kindertjies dink van “die liefde”. Enetjie het gesê: “Love is when my mommy makes coffee for my daddy and she takes a sip before giving it to him, to make sure the taste is OK.” Julle sal ok wees…

  4. Wipneus! says:

    Sterkte Piksie, jy weet mos waar om my te kom haal 😉

    Julle sal ok wees! Ek voel dit in my water 😆

  5. netjane says:

    Sterkte! En dis niks corny of lief en verlief te wees nie!😉

  6. reisiger says:

    En dis soos dit behoort te wees!! For better or for worse…
    Sê ook soos Wipneus – julle sal okay wees!!

  7. Salomè says:

    Daai “vir botter of vir wors” loop altyd saam met ‘n mens. En jy weet wat, dis goed om te sien dat iemand dit nog respekteer. En is dit nie BAAAAie lekker om so te voel vir iemand nie!
    As mens so saam staan, SAL alles goed gaan

  8. Eben says:

    Hoe se Oubaas weer ‘Julle hoort op dieselfde stallasie’ 😆

    Sterkte met die besluite.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: