Die rotte in die dak!

Ek lees nou Meermin se blog en toe onthou ek skielik!  Julle ken mos daardie gevoel, dis soos ‘n liggie wat bokant jou brein aangaan.  Skielik kry die liaseersisteem spoed die dit oorval jou soos ‘n donderslag! 

Jare gelede toe ek nog aan die Rand gebly het, het die volgende staaltjie afgespeel.  Een van my broer se vriende, kom ons noem hom sommer Gerhard, was oppad met vakansie.  Die motor was gelaai, die vrou en kinders het in gelid gestaan en daar moes nog net seker gemaak word dat alles gesluit is voor die uittog begin.   Gerhard hoor toe hierdie geskarrel op die plafon oppad deur toe, en besluit opslag dat geen rot in sy huis gaan agterbly as hy met vakansie gaan nie! 

Rottegif is daar nie in die huis nie, hulle besit nie ‘n kat nie en al wat oorbly is hulle Staffie.   Net daar word Staffie se kind toe sonder seremonie in die dak gesit!  Maar ou Staffie sien net rotte en raak bossies!  Van op balke loop en versigtig vir dun plafon het hy ook nog nooit gehoor nie, en in sy opgewondenheid laat vat Staffie toe agter die rot aan…  net om dwarsdeur die plafon te val!   Gerhard het gelukkig gesien of aangeneem hier kom moeilikheid en vang toe vir Staffie met die afkomslag!  Maar aan Staf se kind is daar nou geen keer nie.   Daardie rot moet hy tot elke prys kry, en na ‘n geskarrel en geraas en gesoebat en gemooipraat is Staffie toe maar weer in die dak in!   Net om weer betyds gevang te word…   Hierdie storie het letterlik vir ure aangehou totdat Staffie uiteindelik die rot gevang het en toe ook sommer al blasende, uitasem en spoegbek weer met die afkomslag binne-in Gerhard se arms geland het, ongelukkig was Gerhard se ‘footing’ bietjie uit en het Gerhard op die glasblad van die die kroegtoonbank geland.

Gerhard is toe eers Ongevalle toe waar hy steke aan sy arm en sy ken gekry het en sy gesin se 2 weke lange vakansie is toe kortgeknip na ‘n weeklange vakansie, waarna Gerhard toe moes kom plafon vervang in die huis!   Nege plate altesaam…

(Foto: corsini.co.uk)

7 Responses to Die rotte in die dak!

  1. Wipneus! says:

    😆 Arme Gerhard!!

  2. meermin says:

    AGGE NEE!! Die dat ek katte het hulle weeg aansienlik minder as ‘n staffie!! Alhoewel die mannetjies kat moers is!!

  3. Pikkelik says:

    Ek wil net noem dat die Staffie absoluut niks oorgekom het nie! Ek het ‘n idee dat Staffies maar net sulke ‘one-track-minded’ honde is!!! (no pun intended)

  4. mockajava says:

    Pikkelik this brings back vacation memories. My pa het dieselfde gedoen ons hele familie het in die kar gesit en vag om op vakansie te gaan, dan tref dit my pa dat hy nog dit of dat moet doen, so tipies van ons familie gewees. Ek het dit tot oorgeerf. Ek sal letterlik sewe keer terug loog huistoe en iets anders gaan check voor ek uiteindelik die deur finaal sluit en op my missie gaan. Gelukkig was my ma se skoot hondjie te peiperig om sulke opdragte in die dak te kon uitvoer. Die hondjie se naam se dit alles ( fiefie)🙂

    Lekker nou gelag😉

  5. Adrie says:

    Pikkie

    Daardie een dooie rot was alles die moeite werd.

  6. Adrie says:

    Pikkie

    Die cheek. Kom jaag ons aan, maar hier is alles onder stof. Gmf!!!!

  7. Pikkelik says:

    Hey EK is die blogpolisie, moet jy nou nie met streke begin nie!!!! 😆 😆 BTW – EK HET GISTER 2 KEER GEPOST!!!! 😈

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: