‘n Wil van jou eie!

Waar trek ‘n mens die streep…   ‘n Mens wil tog graag hê dat jou kinders onafhangklik en op hul eie moet kan funksioneer, MAAR iewers moet ‘n mens tog tot ‘n punt kom waar jy jou voet neersit.  En as jy jou voet neersit en hulle sit tegelyker tyd hulle nr 4 babavoetjies neer, wat dan! 

Dis hierdie ding wat my onderkry.   Poppedyn is nou net bietjie meer as ‘n jaar oud.  Sy het nog geen verstand in die sin van wat hoe gedoen moet word nie, maar sy ly aan ‘n onblusbare wil.  Ouboet was en is erg, toegegee, ek wou soms met my kop eerste in ‘n muur vashardloop, maar sy sussie is sy tier.  Ek het nog nooit ‘n kind met so ‘n sterk wil teëgekom nie.   Sy maak my gek.  Sy is ‘n diva, ‘n tantrumqueen, ‘n aktrise en ‘n dramaturg alles in een.

Kom ek noem ‘n voorbeeld…   Sy is nog heeltemal te stupid om self te eet! Sy is nog nie in staat om self te eet nie.  Sy het nog nie die vermoë om die kos in die lepel te hou en dit by haar mond te kry nie.  MAAR sy wil self eet.  GEEN mooipraat, treintjies, vliegtuigies, karretjies, dreigemente, raas, baklei gaan haar, haar mond laat opmaak vir ‘n lepeltjie kos wat ek vir haar wil voer nie.  Sy knyp daai bekkie so styf toe dat ek ‘n koevoet nodig het om hom oop te kry…   Self wil sy self eet…   Sit ek haar in die stoeltjie en gee vir haar ‘n bord kos en ‘n lepel, speel sy te lekker met alles om haar dat dit later lyk of die hoenders om haar stoel geskrop het.  Probeer ek dan nou so skelm skelm ‘n lepeltjie kos nader bring – knyp sy net daai bekkie toe.  Ek is op, sy gaan sterf van ondervoeding…  Het iemand dalk raad????

 

 

23 Responses to ‘n Wil van jou eie!

  1. Louisa says:

    Gooi maar ‘n seiltjie en laat sy dit uitfigure?

    Toe my boet op eetgerei moes kom van bottels af moes ons maar almal uit plastiek goed begin eet want hy het geweier om te eet uit ander eetgerei as wat ons doen.😉

  2. mockajava says:

    Sulke goed maak my sommer net bang om kinders van my eie te wil he, kyk ek het al baie na my vriende en familie se kiddies gekyk, in die begin is hulle die oulikste klein wesentjies op aarde, maar as dit by eet, bad en slaap gekom het dan het hulle 180 grade draai gemaak in persoonlikheid.

    Al wat ek wel kan se Pikkelik is as jy dit die eerste keer deer gemaak het met jou oudste een dan glo ek jy sal jou dramqueen st streke on die kniee kry. Jy sal een of ander breingolf kry, reversed phychily.
    Sterkte 🙂🙂🙂

  3. Wipneus! says:

    Whahaha nee wat die kinders gaan deur hierdie stadium. Jy weet mos nou al!! Hulle sal nie doodgaan van die honger nie. Hulle is besig om te verken en alles uit te toets, selfs vir mamma!! 😉

    En wat is nou lekkerder as om te mors!! Ek het gereeld met modder gespeel, doen dit vandag nog as ek in die tuin werk!! Oe die lekkerte van die reuk van nat grond!! Ek kan aan die dig gaan daaroor!!

    Jy moet natuurlik ook nie vergeet nie, baie belangrik sy is ‘n vrou!!! En ons is vol nukke en draadwerk!!! 😆

    Te cute Pikkie!!! Kyk daardie groot ogies!!!

  4. Rustig says:

    Is ons nie maar ‘n blou druk van ons ouers nie?😉

  5. Pikkelik says:

    Louisa – sy sal dit maar moet uitfigure anders gaan sy honger ly!
    Mockajava – ek dink ek het jou suid albaniese see otter nodig, daai ding het baie planne…
    Wippie – Siamees jy sal moet kom hand bysit!
    Rustig – Sies vir jou… 😈 wat sê dit nou van my?

  6. mockajava says:

    Ek sal hom kontak, ek dink hy is op vakansie, ek glo hy sal weet wat om te doen😉

  7. Adrie says:

    Pik

    Al wat vir ‘n hardkoppige kind werk is oorreding. Laat sy dink sy wil gevoer word.

  8. BB says:

    Ek dink she’ll eat when she’s hungry – jy kan altyd die kos in haar bord ‘skilder’ (dalk is sy nog te klein om jou weergawe van ‘n woefie tussen die spaghetti en frikadelle te kan uitmaak😉 – wat ook bietjie gehelp het met my oudste destyds was dat sy my moes voer – een happie vir my en een happie vir haarself – as sy nie haar happie vat nie, het ek my mond toegeknyp tot sy haar happie gevat het – by gebrek aan tyd moet boeta maar ook moet kom hap…😆

  9. Reisiger says:

    Al wat ek kan sê is sterkte Pikkie! Sy sal nie doodgaan van die honger nie en sy moet leer. Erens moet mens self dinge leer doen. Byt maar op jou tande en maak die gemors agterna skoon! Dit sal darem nie vir ewig aanhou nie! 😉

    O en prys haar vreeslik as sy dit regkry om mooi te hap! Dit help nogal het ek gevind (many moons ago!!)

  10. Salomè says:

    Pikkie, hulle sal nie vrek van die honger nie. As jy Cheese Curls en Marie beskuitjies naby hou, sal hulle wel IETS eet. Myne het soms vir ‘n hele week so eetstaking. En glo my hulle kom heel oraait anner kant uit.
    Sterkte!!

  11. Salomè says:

    Nou maar hoekom verdwyn my comments?

  12. meermin says:

    Nee wat sy sal nie doodgaan van die honger nie! Sy sal eet as sy honger is. Sterkte, dankie toggie ek is daar deur!

  13. Carina says:

    Sy is nog klein man! Sy sal tog uitfigure hoe as sy regtig vrek van die honger is. Sy is pragtig.

  14. Paula says:

    Toemaak Pikkie, sy sal wel eet as sy honger is🙂
    ps. sy is regtig pragtig!

  15. Wit perd says:

    Wat my verstand te bowe gaan is net die aanhaling wat dié fraai dogterjie se ma oor haar praat dat sy nog te stupid is om te eet. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek probeer nie mense voorsê hoe om te praat nie maar retig mens kan darem `n beter woordeskat kies as dié een. Kinderjies ondek nog op daardie ouderdom en glo my ek weet ,want myne is nou op die “terrible two`s” stadium en hulle is nogsteeds afhanklik van ons.

  16. Pikkelik says:

    Witperd – Jy is reg, dit was ‘n baie swak woordkeuse… En ek vra om verskoning…

  17. neykie says:

    hehe- sy is so klein en is te oulik vir woorde. Sterkte

  18. Wit perd says:

    Dit is doodreg Pikkelik! Ek het maar net my mening gegee en ek weet somtyds raak mens net woedend vir sulke maniertjies wat ons kleintjies het maar gelukkig hou dit darem nie vir ewig nie nê!!!

  19. boendoe says:

    GRRRRR!! Sterkte, Pik! Ek is so damn bly ek is verby daai stadium…
    Los haar. Sy sal wel iets in daai bekkie kry. Dis net die helse gemors agterna… En onthou, dis baie goed vir haar ontwikkeling. Al die verskillende teksture, reuke. En dan vir haar fyn motoriese ontwikkeling. Dink net hoe moeilik is dit om ‘n stukkie spaghetti te ‘vang’! Voor jy weet, is sy ‘n independent madam wat self kan eet. Behoorlik kan eet!

  20. Adrie says:

    Witperd

    Ek is jammer, ek het al Pik se stuk oor en oor gelees en verstaan nie jou probleem nie.

    Ek neem aan jy verwys na die uitdrukking “het nie verstand nie”. Enige iemand met twee brein selle kan sien dat Pik nie bedoel dat die baba stupid is nie. Eerder dat Popedyn meer afbyt as wat sy kan kou. Dat sy nie die skills het om te doen wat sy graag wil doen nie.

  21. Bruinoog says:

    Oooh, ek sien swarigheid vir my voorlê. Franco was erg, maar vir hom kon ek (en moet nog steeds) “bribe” met allerande oulike en interressante dinge om te eet. Pappa het al kersies aangesteek en laat doodblaas, vliegtuie in die lug laat vlieg ens. ens. Maar met sussie gaan daar drama wees. Die weet ek. Op haar rype ouderdom van 8 maande het sy ‘n yster wil! Dink ons gaan ‘n tantrum queen club moet stig! Probeer om vir haar peusel goedjies in die huis rond te los in bakkies. Soos crackers, kasies, vrugte stokkies, kaas stokkies ens. Hoop dit werk. Hou haar maar net gehidreer……

  22. Wit perd says:

    Adrie,

    Ek het nie `n probleem teenoor Pikkelik nie. Ek het slegs my mening gegee oor die woordekeuse van ” te stupid om te eet” en net vir interessantheid het ek twee brein selle en enige mens kan dink om nie sulke woordekeuse teenoor klein kinderjies se onvermoë te lig nie.!!

  23. Eendjie says:

    Ag, Poppedyn lyk tog te skatlik! Pikkie, vergeet nou van wat jy gesê het, ons weet mos almal jy het dit nie so bedoel nie!! Lekker naweek vir julle!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: