Hoe dit voel om ‘humble pie’ te eet…

Ek gaan nou op my knieë en sê groot askies….   En ek vra die Here om my te vergewe vir my kortsigtigheid.  Hier gaan ek aan omdat Poppedyn haarself wil voer en besef nie vir een oomblik watse voorreg dit is nie.  Sy is gesond, het wilskrag, kan sien, voel, ervaar, ja selfs tantrums gooi!!!  Dis hoe dit hoort en hoe sy moet wees.   Carina, dankie dat jy vandag my oë oopgemaak het.  En mag jy wysheid, begrip, ondersteuning en liefde kry om die enorme groot taak wat op jou wag met die nodige krag aan te pak.   Ek haal my hoed af vir jou, ek salueer jou en glo my as ek sê van vandag af sal jy en jou gesin altyd maar altyd in my gebede wees….

Ek het hierdie foto van Carina se blog af geleen… 

9 Responses to Hoe dit voel om ‘humble pie’ te eet…

  1. Wipneus! says:

    Nathan is ‘n geskenkie van God.

    Sterkte Carina!!

  2. Adrie says:

    Carina, ek haal my hoed af.

    Moet nie te streng met jouself wees nie, Pikkie.

  3. mockajava says:

    Sjoe, so okay ek is n man en als, maar ek kon nie help om trane in my oe te kry toe ek die blog gelees het nou-nou net Pikkelik, en nee dit was nie in jammerte nie, maar in die liefde wat die ouers vir Nathan het, maak nie saak wat die toekoms inhou nie (undying love).

    Mens het die reg om party dae te voel soos jy in jou blog gese het, solank as wat mens net onthou hoe gelukkig ons is (soos jy in die opvolg gese het).

  4. Carina says:

    Dankie Pikkelik maar jy is te hard op jouself…Wees dankbaar ja, en lief jou kiddies met als wat jy het, maar frustrasie het ons almal. Seker net in verskillende “degrees”. Jy het kindertjies, so jy eet elke dag humble pie…

  5. Paula says:

    Ek haal my hoed af vir Carina. Sterkte vir jou!

  6. alta says:

    Sterkte Carina!

  7. meermin says:

    Sterkte Carina!!

  8. Zoekoe says:

    Carina ons dink aan jou !!

    Hallo Pik, ek was lanklaas hier !!! 😀

  9. BB says:

    My hart huil bietjies bietjies – nie net van seer nie, maar van groot dankbaarheid oor my eie blessings. Pikkelik, it takes a big heart to admit just being human – don’t be too hard on yourself. Dankie dat ons via jou die geleentheid gekry het om Nathan se storie te hoor! xx

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: