Mangels en longe….

Ouboet is ‘n ‘wizecrack’!  Hy sê ‘n ding soos hy wil, hy doen ‘n ding soos hy wil en meestal maak hy ook sommer soos hy wil.   Ons stamp gereeld koppe, hard en ordentlik.  MAAR dit is my begeerte dat hy sy man moet kan staan in ons wêreld.  Ek moedig hom aan om onafhanklik te dink en te doen.  Dit is vir my belangrik dat ‘n sy eie mening oor dinge moet vorm.  Dat hy self oor ‘n ding moet redeneer.  Hy moet nie net aanvaar wat hy hoor of sien nie, hy moet ‘n argument kan voer en besef hoekom hy dan verkeerd was…

Miskien is dit nie die regte manier van doen nie, maar as ek terugdink aan my kleintyd, moedig ek hom net nog meer aan.   Ek was ‘n bitter skaam, teruggetrokke kind.  Ek het selde my mening oor iets gelig, en het nooit in ‘n argument betrokke geraak nie…   Tot vandag sukkel ek om myself te handhaaf in ‘n argument.

Maar dis nie wat ek nou vir julle wil vertel nie.   Ouboet was getreiter met mangelontsteking.  Hy was letterlik permanent siek as gevolg van sy mangels.   In Januarie pak ons toe die uittog Johannesburg toe aan en laat sy mangels uithaal.   Dit was ‘n reuse sukses, hy het sommer weer oempf!!!   Maar laasweek slaan die verkoue weer toe.  Ouboet het lugweginfeksie met ‘n hoes wat ‘n roker sal laat skaamkry!!!  Ek het hom dus nou maar drie maal ‘n dag op die ‘nebulizer’! 

Dit help regtig baie, maar hy hou niks daarvan nie.  Die masker van die masjien is vir grootmense ontwerp en maak letterlik sy hele gesig toe.  Vir kinders het hulle so ‘n verspotte gadget wat hulle in hulle mond moet hou, die stoom blaas nog steeds in hulle ogies in….   Hulle haat dit en ek het al die wêreld vol gesoek ek kry nie ‘n kindermasker te koop nie.  Ek moet ‘n hele nuwe ‘nebulizer’ spesiaal vir kinders koop net om ‘n maskertjie te kry…

Ouboet het egter met ‘n ‘briljante’ idee vorendag gekom!   “Mamma, sê vir die dokter hy moet sommer my longe uithaal!”   As mens dan beter word as jou mangels uitgehaal word, MOET jy mos beter word as jou longe uitgehaal word….    Die wysheid van die kinders!!!

11 Responses to Mangels en longe….

  1. Adrie says:

    Ouboet raak dalk nog SA se volgende wereld bekende mediese brein.

    Terloops, ek was van kleins af geleer om te redeneer en vir myself te baklei.

  2. Dellie says:

    Hehe, toe vriendin se seuntjie se mangels uitgehaal moes word, was hy weer baie bekommerd dat die dokter dalk sy longe gaan uithaal. Ons moet mooi op ‘n prentjie vir hom wys waar sy mangels en longe sit, voordat hy gerus genoeg was dat die regte goed verwyder gaan word!😆

    Hoop julle klompie is sommer gou beter!

  3. meermin says:

    shame man lyk of hy baie koud kry!! Ek onthou die dag toe juffrou’tjie se mangels uitgehaal is, toe ek by die huis kom met haar, het ek haar in haar bedjie gaan neerlè, toe gemaak en sy het geslaap, toe sy daar wakker word, huil sy erg, my kat wat ek toe gehad het, was eerste by haar, op die bedjie gespring en by haar gelè, en daar het hy bly lè!! Wou nie eers gaan eet nie!! Hy het haar soort van opgepas!

  4. mynic vir john says:

    Pappa is baie trots op jou en sussie en is baie lief vir julle..soet bly……….

  5. demoerin says:

    Net ‘n kind kan so slim wees.😆

  6. Wipneus! says:

    Ai Pikkie, mens kan sommer sien hy voel nie te lekker nie.
    Sterkte vir julle!

  7. mockajava says:

    kan ek nie ook na die dokter toe gaan wat die longe kan uithaal nie asb, ek dink nie myne werk meer lekker nie.

    Dis partykeer net te koslik hoe kinders kan dink. Sterkte met die recovery vir ouboet🙂🙂🙂

  8. Nikita says:

    Ek onthou dit soos gister toe myne uitgehaal is, le in die hospitaal…baie lus vir die roomys wat vir my gebring is, maar nee! dit word weggeneem en roosterbrood gegee! my kinders was albei piekfyn sommer gou-gou na hulle s’n uitgehaal is, ook baie klein, 2-3 jaar…mens voel/kry hulle vreeslik jammer, maar hulle is eintlik vreeslik gou ok…😉

  9. 'n Mamma says:

    My kinders het swak longe hoor! Wonder of daar dalk spaar parte iewers te koop is… Franco het asma en Mia hou darem op hierdie stadium goed. Franco noem sy pompie sy “asempie”. Hulle kom so gou agter as iets hul laat beter voel, dat ek nie my amper 3 jarige hoef te herinner dat ons “asempie” moet vat nie.
    Sterkte met ouboet se lugweg infeksie. Wat gebruik jy vir die neubilizer? Ek het elke soort ding al in my arsenaal. Wonder of ons die selfde muti gebruik?

  10. Judy says:

    Het vanoggend “mangelontsteking” in getik en kom toe op jou blog af. My dogtertjie is nou 2 en weeg maar 10 kg. Sy was ‘n prem en het 1.2kg met geboorte geweeg. Sy sukkel omtrent met mangelontsteking. Het dit nou al 6 keer in 5 maande gehad. Ons dokter het ons toe na ‘n oor – neus – keel spesialis verwys. Gaan eers die 30 September, maar voel maar skrikkerig. Hulle se die narkose kan ‘n risiko wees vir iemand wat so min weeg. Ek moet sê dat ek dink die antibiotika wat sy drink ‘n groter risiko is, want sy is chronies op dit. Ek omtrent moedeloos. Maar nou ja, dit is darem net mangels, kon soveel erger gewees het.

  11. Marlene says:

    Ja my twee kids se mangels is ook n week trug uitgehaal … was nooit regtig siek nie behalwe dat my dogter se mangels ha hele keel vol was, so het ek dan besluit om altwee sin uit te haal.

    Als het goed verloop, altwee was bietjie skrikkerig, veral my seun omdat hul van klein na groot gegaan het, en hy na al die huil moes luister, arme kind het so klein hartjie.

    Wat ek eintlik wil se is …. hy het langer weg gebly as die ander, ek het naderhand trug geloop teater toe om te kyk of ek iets kan agter kom of sien …. Uiteindelik het hul hom uitgestoot en in n grap is vir my gese hul het bietjie geskrik …. want sy suurstof het geval en toe is hul weg ….

    Na die tyd moes ek hoor hoeveel kinders en self groot mense sterf van die suurstof wat val …

    Ek was plat geslaan om te dink my kind kon dood gewees het net van n mangel operasie!

    Dankie Here dat u my kind vir my gespaar het.x

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: