Alles kan in ‘n oogwenk verander…

Hierdie volgende gedig is vir my ‘n persoonlike lewenswyse.  Ek het dit baie lank gelede in ‘n e-pos gekry en ek hou dit altyd naby my, sodat ek kan onthou.  Ek weet ‘n mens is nie elke dag ewe suksesvol in jou doen en late nie, maar dit is my strewe om altyd so te lewe. 

Alles kan in ‘n oogwenk verander.
Want God werk op vreemde wyses.
Sy weë is nie ons weë nie.
Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie.
Sy tyd is nie ons tyd nie.
Daarom moet jy:
Diep dink
Saggies praat
Baie liefhê
Vriendelik wees
Gereeld lag
Blymoedig gee
Opreg bid
Hard werk
Voluit lewe.
Want elkeen wat goed lewe,
Lewe lank want ons lewenstyd word nie bereken
In jare, dae of ure nie……….
Onthou veral:

Vreugde sterf as jy dit nie vertroetel nie.

Daarom is dit nou tyd dat ons …
Met sagte hande aan mekaar begin vat
Met sagte oë na mekaar begin kyk
Met sagte tonge met mekaar praat en
‘n daaglikse dosis lag inkry …

 

 

17 Responses to Alles kan in ‘n oogwenk verander…

  1. mynick says:

    Baie dankie vir die mooi gedagte. Braam Hanekom skryf dat ons voluit op HOM moet vertrou en nie ook op ons banksaldo nie.

  2. Pikkelik says:

    Mynick, ons goed sal regkom my man, en per slot van sake het ons nog mekaar! Ek’s lief vir jou…

  3. boendoe says:

    Dis mooi, Pikkie. Moet dit regtig probeer onthou.

  4. Dellie says:

    Ek het bietjie van dit nodig gehad vanmore. Dankie Pikkie, en sterkte vir julle twee. Aanhouer wen, né? 😉

  5. Emil says:

    “Vreugde sterf as jy dit nie vertroetel nie” – so waar! Baie dankie.

  6. Wipneus! says:

    Baie mooi Pikkie en sterkte vir julle!

  7. Paula says:

    Dit is regtig baie kosbaar!

  8. meermin says:

    Dit is regtig mooi en so waar! Lekker naweek!!

  9. Reisiger says:

    Baie mooi! Sterkte Pikkie en Mynick!

  10. demoerin says:

    Sulke ware woorde. As die mense in die blogosfeer so aanhou loop die land een van die dae oor van geluk!

  11. Pikkelik says:

    Maar dis dan wat ons wil hê demoerin! 😆 😆

  12. Salomè says:

    Dis mooi. Laat mens dink nè.

  13. Wipneus! says:

    Dm ons is een big happy family!!

    Lekker naweek vir jou Pik!

  14. mynick says:

    28 junie 2008 Ek wil maar net se dat Pikkilik en die kinders almal siek is en ek het die vrymoedigheid om te vra dink asb aan haar BAIE DANKIE groete Mynick

  15. Adrie says:

    Sterkte Pikkie

  16. Salomè says:

    Pikkie
    Hiers bietjie sop vir die olikgeit en daar is darem nog koek oor nadat die kuiermense/wurms/rawe weg is. Kan ek vir jou ‘n bietjie tee ok maak? Dalk ‘n beskuitjie saam met koffie?

  17. A3 says:

    Haai Pik, Baie dankie vir die inspirasie.

    Is julle nie op die Rand erens sodat ek ietsie vir ete kan oorneem nie? Ek is ernstig. Hoop die griep gee julle bietjie kans. In die meantime is julle in my gebede.

Leave a reply to Salomè Cancel reply