Myne – Nee, Myne!!!

Daar is ‘n onheil wat by ons huis kop uitgesteek het!  ‘n Aaklige patroon wat homself oor en oor herhaal!  En die alles oor ‘n pop, om meer spesifiek te wees, my Kewpie pop!  Kewpie is al horingoud, ek het haar gekry met my derde verjaarsdag maar tot my bittere spyt het sy ontaard in die middelpunt van ‘n vete in die huis!   Ouboet speel al vir jare met haar en nou het Poppedyn besluit dit is hare!!!

Dis nag mense, elke vyf minute moet ek gaan vrede bewerkstellig!  Die heel dag:  “Los my baba sussie, jy maak haar seer!!!”  –  Poppedyn:  “Zuzzie baba,  Zuzzie baba!” en omdat sy duidelik nog die die verstand of woordeskat het om haarself te laat geld nie, slaan sy dan soos ‘n os op haar rug neer en skree en stamp daai voete dat die spoeg spat!!   Ek is op met hierdie twee…  as dit nou al so gaan het ek nie ‘n idee waar dit gaan eindig nie.

Kyk 90% van alle argumente kan voorkom word deur twee van ‘n ding te koop!  Twee rooi karretjies, twee mikrofone, twee fluite ens. en verder het Ouboet nie werklik ‘n probleem met deel nie en tot nou toe kon hy nog altyd haar aandag aflei met iets anders, maar by hierdie pop steek sy viervoet vas en haar broer ‘budge’ ook nie ‘n tree nie.  Skaakmat – hoe bewaar jy die vrede as hierdie poppe eenvoudig nie meer te koop is nie, en ek weier om honderde rande te betaal vir ‘n ‘collectors item’!!  Nodeloos om te sê ek hou nie meer van Kewpie nie.

Die Kewpie poppe is gebaseer op illustrasies van Rose O’Neill 1909 in die ‘Lady’s home journal’ as ‘n vroëere weergawe van strokiesprente gepubliseer is.  Die poppe is in die vroeë 1900 gemaak van bisque (‘n tipe klei) en celluloid gemaak.   Die eerste harde plastiekpoppe is in 1949 deur Effanbee gemaak.  Die woord Kewpie kom oorspronklik van die woord Cupid af. 

So al julle mammas wat se kinders al groot is, dank julle sterre daai tye is verby en al julle mammas en pappas wat nog wil kinders hê, maak gereed vir die wat wag.

Lekker dag verder vir julle – ek gaan net gou weer red wat daar te redde is…..

18 Responses to Myne – Nee, Myne!!!

  1. Paula says:

    Dit is ‘n moeilike een!
    Ek sou die pop weggesit het en vir altwee iets soortgelyks koop. Of dit gaan werk is ‘n ander saak.

    Sterkte vir jou!

  2. EK dink ook jy moet die pop wegsit sodat nie een daarmee mag speel nie. Die maklikste oplossing…ek dink… Sterkte met die 2, ek weet ek en my broer het mekaar gereeld amper vermoor tot hy ook amper klaar was met skool!

  3. Dellie says:

    Stem saam met die ander – bêre vir ou Kwepie sodat Poppedyn haar eendag kan erf as ouboet nie meer belangstel in poppe nie.

    Dis lekker om te kom lees van jou kaskenades met die kleintjies – dit maak my vreeslik dankbaar dat my beurt verby is!😉

  4. Krista says:

    Ek stem ook, bêre die Kewpie en koop vir hulle ander poppe wat dieselfde is.

  5. demoerin says:

    Geen raad nie! Laat my egter net weer besef sekere dinge vernader nooit nie!😆

  6. netjane says:

    Daai Kewpie van jou is alreeds heel versamelbaar.

    Pak haar maar weg, sy gaan meer waarde vir Poppedyn hê as sy eers groot is. Dit gaan ‘n geskree afgee! Sterkte!

  7. Wipneus! says:

    Jy sal hom maar moet bêre Pik. 😆
    Die hond het hom opgeëet julle..

  8. BB says:

    Ek het nooit ‘n Kewpie besit nie, maar my vriendin het een gehad en ek was GROEN van jaloesie – hulle het mos sulke dimpels agterop die rug ook, of onthou ek nou nie reg nie? Come to think of it – dis al wat ek onthou van dié pop, want my maatjie wou nie eers dat ek haar ooit bietjie vashou nie – ek mag net altyd na haar dimpeltjies gekyk het😦 – (sy is laaaaaaaankal nie meer my maatjie nie, daai girl…)

  9. Pikkelik says:

    Ek hoor wat julle sê van ‘bêre die pop”, maar dis nie so eenvoudig nie. Dan moet Ouboet alweer terugstaan. Ek het die pop vir hom gegee om te ‘baba’ toe Poppedyn gebore is, dit was sy manier van ‘cope’, nou neem ek dit weer weg! Dit is net nie vir my regverdig nie!!!!

  10. netjane says:

    Ai, as dit Ouboet se pop is kan mens dit nie wegneem nie. Kan hy nie maar toelaat dat Poppedyn onder streng toesig van hom vir kort rukkies daarmee speel nie? Miskien moet jy vir hom verduidelik as hy die pop in sy kamer bêre sal sy dit miskien nie sien nie en daarvan vergeet., maar ek het nie kinders nie, so ek het geen idee waarvan ek praat nie!

    Anders is dit maar tyd vir die Afrikaanse bloggersgemeenskap om te soek vir ‘n tweedehandse Kewpie pop! My ma het ‘n ruk terug een vir my broer se dogtertjie gekoop, maar die ding het ‘n donker/duister verlede gehad en moes GOED geskrop word om die pop weer na pop te laat lyk.

  11. skoor says:

    Jinne Pikkelik, wat het jou Kewpie geword toe sy groot is? Met sulke ooghare, kan ek aan ‘n paar wille dinge dink!

    My Kewpie sit veilig op my kluis. Gelukkig het ek nie kinders wat sal perform oor haar nie, want ek sal my voet dwars neersit. Ek en Kewpie kom ‘n laaaang pad. Selfs op ‘n stadium ewe groot gewees – ek het die foto om dit te bewys!

  12. boendoe says:

    Hmm, ja, Dellie het ‘n goeie idee beet. Anders lyk jou arme pop soos myne: my boeties het haar vingers en tone afgekou! Maar as jy nie wil nie, ek skenk myne met liefde vir een van jou twee! Joune se ogies lyk mooier as myne, maar siende dat ons in dieselfde jaar gebore is, is ons poppe dalk ook ewe oud!

  13. Pikkelik says:

    Haai Boendoe – nooit, ek kan mos nou nie ‘n familieskat steel nie!!! Nice gebaar… Ek gaan nou ‘n song soek…. Ek voel altyd lekker as ek ‘n song gepost het… so hold your horses… It’s coming in a few minutes….

  14. Wipneus! says:

    Pikkie as dit Ouboet se pop is het jy probleme. Dan sou ek voorstel dat jy vir Ouboet sê hy moet vir Poppedyn as babysitter aanstel. Sê “Ouboet jy is nou so besig laat sussie so bietjie vir Kewpie oppas jy het te veel en swaar werk” Speel bietjie sielkundig….
    ek het altyd so met myne se koppe gesmokkel :mrgreen:
    Sterkte daar!

  15. aventer says:

    Hmmmmmmmm…dis maklik…as jy ‘n speelgoed pram het, laat hulle die dingetjie saam versorg…dis amper iets soos ‘n speletjie van man en vrou en kind, maar in hierdie geval is dit boet en sus kyk na jonger uhm sussie?

    As dit nie werk nie kry vir Poppedyn iets anders om te doen, begin saam met haar puzzle bou of inkleur, sy sal vir ure daarmee besig wees (tuinmaak is ook ‘n opsie as jy rerig wil)

    En jammer vir die afwesigheid. In die middae na my lieflike winterskool😦 waiter ek by ‘n coffe shoppe…moet iewers geld kry..

    Hoop jy kom reg Pikkie. Sterkte

    PS…Gaan jy na Piet Retief Hoërskool se revue kom kyk?

  16. Eendjie says:

    Ai tog Pikkelik!! Ek wens vir jou baie wysheid toe! 😀

  17. Adrie says:

    Pikkie

    Weet jy, ek het vir baie jare my tannie (wat jou ouderdom is) se kewpie geleen. Ek het 1000de poppe gehad, maar ek wou net skiet. My broers het hulle eie poppe gehad.

    En PR se revue is altyd maar ALTYD die moeite werd.

  18. […] Daar is n onheil wat by ons huis kop uitgesteek het! n Aaklige patroon wat homself oor en oor herhaal! En die alles oor n pop, om meer spesifiek te wees, my Kewpie pop! Kewpie is al horingoud, ek het haar gekry met my derde verjaarsdag maar tot my bittere spyt het sy ontaard in die middelpunt van n vete in die huis! Ouboet speel al vir jare met haar en nou het Poppedyn besluit dit is hare!!! Dis nag mense, elke vyf minute moet ek gaan vrede bewerkstellig! Die heel dag: Los my baba source: Myne – Nee, Myne!!! […]

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: