Blerrie Maandag!

Onthou julle my heeeeel eerste inskrywing.  As ek vandag daarna kyk dan giggel ek lekker.  Maar dit is nie die punt nie, ek voel nog steeds so…   ek kan nie ‘n Maandag hanteer nie!   En vandag is net bietjie erger as gewoonlik.

Die ding is, ons het ‘n familie in ons diens.   Ja, julle lees reg.  Dit ma is my bediende, sy werk al agtien jaar in my huis, eers vir my man se ma, toe vir hom en nou vir my.  Sy het twee kinders, ‘n seun en ‘n dogter.  Die seun werk in die winkel en die dogter werk ook in die huis.  So ses weke gelede het die dogter besluit om op ‘n rekenaarkurses te gaan.  Omdat ek glo aan opleiding was dit met ‘n plesier dat ek haar gehelp het om dan die kurses by te woon.  Min het ek geweet dat dit seker die laaste sien van die blikkantien gaan wees.  Sy het nog nie weer kom werk nie.   Verlede week en Donderdag is my bediende se moeder oorlede.  My hart wil breek vir die gesin.  ‘n Ma is mos maar jou anker en vir hulle was Ghoggo alles van kinderoppasser tot vertrooster! 

Maar nou sit ek met ‘n enorme probleem, want hierdie week gaan daar begrafnisreëlings getref moet word.  Broers en susters van heinde en ver moet gehuisves en gevoed word.  En ek sit sonder hulp!   Drie werkers is nie beskikbaar nie!!!!

So mense as ek my nou bietjie skaars gaan gedra vra ek baie mooi om verskoning.  Lekker week en ‘Put on a happy face!”

 

17 Responses to Blerrie Maandag!

  1. Klippies says:

    Dis hoekom ek die skottelgoed gewas het en as ek sou kon nog meer gedoen het. Wanneer die nood ophet hoogste is synde uitkoms op de drimmppel te wees!!

  2. Pikkelik says:

    @ Klippies – Dankie my liefste man, wat ek ook sonder jou sou gedoen het….. Miskien kan jy net vanaand die klippertjies uit julle sakke haal voor ek wasgoed was???😆 Lief jou baie… ♥♥♥

  3. Wipneus! says:

    Sterkte Pikkie, kan ek dalk help matte stofsuig??? 😆

  4. Paula says:

    Baie sterkte vir julle!

  5. Wipneus! says:

    Klippies al was mens net skottelgoed, is dit al baie hulp. Sterkte vir julle!

  6. netjane says:

    Sterkte Pikkie, ek is maar vrot met huiswerk en haat dit vreeslik, maar ek kan koffie maak?

  7. reisiger says:

    Sterkte met alles!!

  8. demoerin says:

    Sterkte, dit gaan woes gaan….maar darem nie die einde van die wêreld nie. Of hoe sê ek…POSITIEF!

  9. Jy dink jy haat Maandae…jy moet my sien! Ek kan dit nie flippen handle om na ‘n lekker naweek so geskok en opgewerk te word deur al hierdie skrefies nie! Hulle maak my klaar op ‘n Maandag!
    Baie sterkte vir julle….ek is ook nie goed met die huiswerkies nie, maar die feetjies gaan dit beslis nie doen nie! BTW, ek het jou huiswerk gedoen!

  10. boendoe says:

    Ek is seker jy oordryf. Jy klink na ‘n dame wat weet hoe om haar hande uit die moue te steek!

    Op ‘n ander noot. Jou raad oor boetie se no 2 werk blykbaar. Hy vra darem nou weer vir ‘n nappy, wat ‘n groooooot verbetering op die broek is!

  11. Pikkelik says:

    Heeeehaaa, Boendoe ek juig saam met jou!!!!! Die karnallies het mos ‘n manier om ons te manupileer tot ons oë traan! 😆

  12. Nico says:

    Jissie jong dis goed jy sE my nou die ding, anders het ek dalk aangedring om te kom koffie drink by jou later die week. Maar nou ja, me comprehende…

    Baie sterkte jong, en dit sal ook weer verby gaan.

  13. Pikkelik says:

    Vir koffie en ‘n geselsie is ek ‘n sucker Nico – Jy sal nie hard aan hierdie arm hoef te draai nie, come to think of it, jy sal glad nie hoef te draai nie!!! 😆 😆

  14. alta says:

    Sterkte jong.

  15. mockajava says:

    sterkte met die reelings, dit kan n baie lang week raak.

    Nog net n uur oor van my maandag dan is dit blitsem ook verby,

  16. Dellie says:

    Sterkte vir julle, dit kan nogal ‘n moerawiese affere afgee.😉

  17. Salomè says:

    Gelukkig is Maandag nou amper verby. Ek weet net nie of more hier of by julle gaan beter afloop nie. Met kuiermense tussen in gaan dit gewoonlik dol. En is dit nie so half snaaks dat mens se eie kinders so half mal word as daar mense in die huis is nie? Dit maak als nog erger want jy sit skielik met hierdie klomp vreemdelinge (eie kinders ingesluit)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: