Bosveldhotel – die Moewie

Ons het gisteraand weer die fliek, Bosveldhotel gekyk en mense het ek dit geniet!  Dis net lekker skoon paplag vermaak vir die hele gesin.  Selfs Ouboet het vasgenael gesit en kyk!   Die hoofrolle word vertolk deur Danie Smuts en Zack Du Plessis.  Dit is ‘n uitstekende fliek en ek kon werklik nie glo dat dit al so oud is nie.  Die akteurs is goed – baie goed!  Dis nie ge’act’ soos wat die ouer movies is nie.  Die akteurs is uitstekend!  Gesegtes soos – ‘Bedaar vrou, bedaar! en ‘ ‘n hond uit ‘n bos uit’ het my weer laat skaterlag!

‘n Resensie deur SA Shoponline:

Spannende aksie en humor wat boei tot die einde.Hans van Rensburg en Gert Kruger verklaar oorlog teen Trans-Afrika Mynontwikkelings omdat hulle die mooi bosveld in ‘n mynhoop wil verander. Die bestuurder van die myn Hannetjie Kruger (Gert se gewese vrou) probeer ‘n hond uit ‘n bos uit om oom Hans en Gert tot ander insigte te dwing, maar nie sodat jy sal agterkom nie..
Martiens le Roux se konkelry en die mynvoorman se arrogansie dra verder daartoe by dat die “Bosveldkruitvat” uiteindelik ontplof.

‘n Heerlike lekkerlag gesinsfliek, skouspelagtig en aksie-belaai nou vir die eerste keer op DVD beskikbaar!.

 

 Die skrywer was Pieter Pieterse, bekende, storieverteller, karavaanblyer, skrywer, akteur, polisieman, versekeringsverteenwoordiger en grapmaker.  Hy is op 9 Junie 1936 in Pietersburg gebore.  Sy eerste vrou se naam was Annatjie en onthou julle nog sy ‘Ingelsman’ – sy tweede vrou Jenny.  Op 20 Maart 2002 is hy langs sy swembad by sy huis in Marlothpark geving.  Sy hande was agter sy rug vasgebind en hy is 22 keer met ‘n mes gesteek – hieroor wil ek nie eers praat nie.   Kom ons gesels eerder oor sy suksesse – kyk bietjie na hierdie lys boeke!

  • 1963: Smokkelaars in die nag
  • 1964: Slagters van die Limpopo
  • 1965: Wraak van die dagbreek
  • 1966: Tussen twee vure
  • 1966: Berg van geheime
  • 1969: Onrus op Bergville
  • 1973: Anderkant die Groot Rivier
  • 1974: Nag van die tarentale
  • 1979: Ou Kanniedood kom huis toe
  • 1981: Stormsee oor Skoonbergbaai
  • 1982: Roep van die visarend
  • 1983: Die lang pad
  • 1984: Geheim van die reënwoud
  • 1985: Tietiesbaaikos
  • 1985: Dag van die reuse
  • 1987: Baai Baai Tietiesbaai
  • 1988: Skedelkuskos
  • 1988: Die pad na die see
  • 1989: Boude en blaaie
  • 1989: Elkeen se paleis
  • 1989: Spookhuiskos
  • 1989: Winterwerf in die Kavango
  • 1990: Dasseneiland
  • 1991: Swerwerskos – hier’s die resepte
  • 1992: Boskos uit boude en blaaie
  • 1992: Die vergete vallei
  • 1993: Silwer, jakkals van die Namib
  • 1994: Bosberaad
  • 1995: Mosambiek
  • 1996: Hande klap vir Afrika
  • 1997: Om ‘n kierie te keer
  • 2005: Manaka. Plek van die horings (na sy dood uitgereik)

Vertaalde werke:

  • 1985: The misty mountain
  • 1985: Stormy seas at Clearwater Bay
  • 1986: The day of the giants
  • 1987: Trail of a villain
  • 1987: Smuggler’s trail
  • 1989: Traces of the dark dog
  • 1991: Shadow of the eagle
  • 1991: Silver, jackal of the Namib
  • 1991: The way to the sea
  • 1991: Le jour des Géants
  • 1992: Roar of the lion
  • 1994: The forgotten valley
  • 1997: The price of a chicken

Kyk bietjie na die toekenings wat hy alles ontvang het:

  • 1981: Tafelbergtoekenning vir Jeuglektuur vir Stormsee oor Skoonbergbaai
  • 1984: Eerste prys in HAUM se jeugverhaalwedstryd vir Geheim van die reënwoud
  • 1985: Ingesluit in Jay Heale se Best Books vir The misty mountain
  • 1987: Vyfde plek in Weermag/Huisgenoot se kortverhaalwedstryd vir Bloedspoor
  • 1988: Goue toekenning in SANLAM en Tafelberg se jeugverhaalwedstryd vir Die pad na die see
  • 1991: Ingesluit in Jay Heale se S.A. Children’s Books of the Year vir Silver, jackal of the Namib
  • 1992: Benoem deur Star as beste TV-aanbieder vir Swerwerskos
  • 1992: Artes-benoeming as beste aanbieder vir Swerwerskos
  • 1992: Tweede prys, ATKV Prosaprys vir Silwer, jakkals van die Namib
  • 1993: Artes-benoeming as beste aanbieder vir Boude en blaaie
  • 1994: Toekenning van die Namibiese Kinderboekforum vir Silwer, jakkals van die Namib

Hiermee dan ‘n huldeblyk aan een van die byna vergetenes  –  Pieter Pieterse dankie dat jy Afrikaans so lekker gemaak het!!!!!

(Bron :  Wikipedia)

12 Responses to Bosveldhotel – die Moewie

  1. meermin says:

    Ek stem van hierdie ou afrikaans flieks is regtig baie goed!!

    Lekker naweek!

  2. Wipneus! says:

    Pieter Pieterse was goed!!! Hartseer einde.

    Ek hoop dit gaan nog goed met sy Ingelsman.

    Nice inskrywing Pikkie

  3. Sonkind says:

    Pieter Pieterse is nog een van ons geniale skrywers wat te vroeg uit die lewe geruk is.

    Ek sien ek het meeste van sy boeke al gelees🙂

  4. Jaco says:

    ♪ Ek’s ‘n koning ek is ‘n kooooooning…..hier op my bosveldplaas ♪
    Ek geniet daai moewie nog net so baie soos die eerste keer toe ek dit as seuntjie gesien het

  5. netjane says:

    Nog nooit gesien nie!

    Ek hou van jou kuiervlaggies, mag dit dalkies vir myself steel…

  6. Klippies says:

    ek wonder wat tant poppie sal se as sy weet haar frikkedel was al getroud hahaaaaaaaaa….

  7. Pikkelik says:

    @ Netjane – nog ‘n ding om te doen as jy terug is in SA – kyk die ou Afrikaanse flieks…. en jy mag maar die flaggies steel, (ek’t ook!) 😳

  8. Paula says:

    Ek het BosveldHotel net so geniet! Ek dink aan gaan hom sommer vanaand vir my uitneem sodat ek weer die lekker ou dae kan herleef!

    Ek salueer ook vir Pieter Pieterse!

  9. Emil says:

    Baie die flieks was so vreeslik erg dramaties! Ek dink daai kuiervlaggies is baie cool.

  10. Pikkelik says:

    Daai kuiervlaggies is gratis en verniet, almal wat wil mag dit kry… Jy ook Emil! 😆

  11. aventer says:

    Ek werk nog daaraan, patience is a virtue…wag net vir my depression session om oor te waai…sal voor Maandag op wees belowe belowe belowe

  12. Nico says:

    Daardie boek van Pieter Pieterse, daardie een wie se naam “Bosberaad” is, is ‘n belangrike boek in my lewe. Elke keer as ek by ‘n kruispad in die lewe kom, of bietjie perspektief soek, lees ek dit.

    Dit het oulike wysheid, maar ook genoeg snaakse stories om jou te herinner dat daar taai tye is, maar die lewe is steeds die meeste van die tyd ‘n lied.

    Pieter Pieterse – Maximum Respect!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: