Verkeerskonstabel

Almal van ons kan seker darem iets vertel van verkeerskonstabels, en hoewel ek baie agting vir hulle werk het, irriteer hulle my grensloos.  So byvoorbeeld is daar ‘n stuk pad tussen Venstersdorp en Krugersdorp wat ‘n 80km/uur sone is.  Nou ek vra jou, dit is net mielies en plaashuise in die verte, wat is die doel van 80km/uur.  As hulle eerder die pad regmaak sal dit nie nodig wees op soos molle uit hulle gate te voorskyn te kom en jou keer op keer ‘n spoedkaartjie te gee nie. 

En vir wat kruip hulle altyd agter ‘n boom, of in ‘n driffie weg.  Is hulle skaam, of hou hulle net van die verrassingstaktiek.  Dink hulle dis pret om die angs op mense se gesigte te sien?  En wat is die storie met ou karre?  Ek ry ‘n 1980’s model Merc – (sodat almal kan sien ek was laaaankal al ryk!) – maar daar is nog op hierdie aarde niks fout met my voertuig nie, en ek kan eenvoudig nie die punt daarin sien om ‘n nuwe aan te skaf as dit nie nodig is nie.  Die voertuig is ruim, is nog van yster gemaak, (nie soos vandag se plastiekkarretjies nie,) en ek kan nog goed vet gee as ek wil.  Verder is hy klaar betaal en ry soos ‘n droom.  Maar om een of ander rede, moet die speldekopmannetjies my altyd, maar altyd aftrek om my lisensie na te gaan, na die bande en die voertuig se lisensie te kyk en seker te maak alles is ‘above board’.  Huhhh, what is the problem????

En nou so ‘n maand of wat terug was hier ‘n hijacking in Amsterdam, glo dit as jy wil, maar mense in Verkeersklere met ‘n gesteelde verkeersvoertuig het ‘n ambulans gekaap???  Om wat mee te doen???  Hout aan te ry??  Of om die ambulans in ‘n taxi te omskep, dit slaan my dronk.

Om tot die punt te kom.  Nou die dag ‘strap’ ek die kinders in hulle stoeltjies, laai die hond ook sommer in en speed hier af dorp toe.  Toegegee ek het bietjie vinnig gery…  Wie sal nie met twee kinders en ‘n hond in die kar nie?…  Net om voorgekeer te word.  Ek het nog probeer om myself uit die situasie uit te praat, maar toe die konstabel die hond sien was dit tickets…  Daar was geen uitkomkans nie…

 

(Naskrif:   Hierdie foto het ek in ‘n e-pos gekry, ek is nie ‘n spoedvraat nie! Ek het ook nie rerig ‘n kaartjie gekry nie, en my honde pas nie saam met my kinders in die kar nie!  Die foto was net so oulik ek moes iets opmaak!!!!)

61 Responses to Verkeerskonstabel

  1. Adrie says:

    Ek hou net mooi niks van die kakie monsters nie. Ek het gewoonlik iets op my gewete wanneer ek hulle sien.

  2. netjane says:

    Ek raak al bewerig as ek hulle net sien, al weet ek, ek het niks verkeerd gedoen nie! Darem nog net een keer oorgetrek – “driving in the bus line”. AL die taxi’s in Rissik Straat in JHB doen dit, maar nou ja…

  3. Daai bose geeste wat so agter elke bos uitgeskop kan word, maak my ook naar. Die Ventersdorppad is vervuil van die flerrie fliksems!!!
    EK laaik dit om vinnig te ry, maar net as ek alleen is. Ek is darem vernatwoordelik as daar nog iemand in die kar is😉

  4. “verantwoordelik”😳 my passasiers mag hulle dalk natmaak…

  5. Zee says:

    lol @ kaalvoetmeisiekind….. vernatwoordelik

    Pikkie, snaaks dat ek ook altyd sien dat die verkeersbeamptes altyd die ouer voertuie aftrek. Ek wonder altyd daaroor.

    Hoop darem nie die boete was te veel nie!😛

  6. Paula says:

    Ek hou ook nie van die manne nie!
    Plaas dat hulle ou eerder uitlos en konsentreer op die taxis wat doen net wat hulle wil!

  7. Dakie dat jy my TIKFOUT so uitlig Zee!!! Nou voel ek nog beter!

  8. Pikkelik says:

    Kaalvoetinireen – Ek dink jy moet ophou tik vandag!!!! Kyk hierbo – Dakie…. probeer gou ‘Dankie’…
    Ok, tik dit nou tien keer onder mekaar….
    Dankie
    Dankie
    Dankie…..

  9. Eish! Dit was ‘n lang dag en ek het net coke gedrink en tjoklits ge-eet om wakker te bly… Sies vir jou Pikkie, jy is baie lelik met my en ek is nog klein!

  10. Dankie vir niks…
    Dankie vir niks…
    Dankie vir niks…😆

  11. Ek sien nou eers ek moes dit 10 keer getik het… blykbaar kan ek ook nie meer so lekker lees nie

  12. Pikkelik says:

    Plesier…
    Plesier…
    Plesier…
    Plesier…

  13. Ek kort ‘n vakansie! Wanneer is dit einde Julie???

  14. Dellie says:

    Iemand het eendag vir my gesê die bose geeste is buite egtelike kinders wat hulle ouers soek, dis hoekom hulle eers wegkruip… seker bang die ouers herken hulle en jaag weg! 😆

  15. 😆 @ Dellie Dit maak nogal sin…

  16. Adrie says:

    Sies Pikkie

    Kaalvoet is baie kleiner as jy en nou is jy so mislik met haar. Jy behoort jou te skaam.

  17. Dankie Adrie! Toemaar, more is ek bietjie groter dan praat ons weer😆

  18. Adrie says:

    Kaalvoet

    Hierdie ouer dames moet onthou dat ons hulle eendag in die outehuise moet gaan besoek.

  19. Pikkelik says:

    Kaalvoet
    Ek is rerig jammer jy kan nie tik nie…
    Adrie
    Toe, ek het mos nou om verskoning gevra!😆 😆

  20. meermin says:

    Net gister het ek weereens ‘n vertoè gerig vir die boete wat ek gekry het in Maart om ek weier om te bestuur met my safety belt!! Die boete was R200 toe moes ek een of ander tyd in die hof gewees het, weet nie eers watter hof nie, nou is die boete sommer R300 en my lisensie gaan nie uitgereik word as die boete uitstaande is ander jaar nie!! HULLE SE GATTE!! Ek jaag graag, MAAR, waar ek weet dit redelik veilig is, ek is maar swaar met my voet op die petrol!! Wat is dan nou lekkerder as om soms so bietjie te jaag??

  21. Ek is net so blerrie jammer🙂 Ek kan nie help ek het nie tik op skool gehad nie Pikkie! Ek moes myself maar leer so met die tyd, maar my vingers het nou weer bietjie lui geraak hier in die Ooste, oor ek nie meer so baie rekenaarwerk doen nie!

  22. Pikkelik says:

    Ai Kaalvoet, vergeet tog nou maar van die tikfoute, ek trek elke liewe woordjie terug, terug, terug, terug! 😆

  23. Dis reg, reg , reg, Pikkie! As dit maar net by tikfoute gebly het, maar ek praat ook so…😆

  24. BB says:

    Ek het een aand minding my own business (mind you, dit was in my prille jeug) ‘n stopteken van ‘n paal afgehaal (bygesê hy was so los, het reeds so halfmas gehang…) ek het gedink hy gaan stunning lyk teen my woonstel se voordeur – toe die bose geeste op my toesak!! (Ek was vir 3 ure in die selle!!!) Kon nie my ma bel nie – sy sou my ‘n moerawiese pak slae gegee het op 23! So, ek het op my good looks en pisoonlikheid staatgemaak en al wat ‘n poeliesman is ge-‘chaff” (hulle was destyds darem nog almal wit😳 ek wil dit net duidelik maak dat ek nie ‘n rassis is nie, maar ‘n girl het perke!😀 – ek dink ek skuld nog 2 van hulle ‘n date😆

  25. Pikkelik says:

    😆 😆 @ BB – You go girl!!!! 😆

  26. ‘n Blerrie spietkop bou my eenkeer in hegtenis neem want hy het beweer ek het ‘n vals ID! Toe ons rybewys nog in die ID was.

    ” It is not you in the picture.”

    “It is”

    “She, she is other woman in these picture”.

    En so het dit aangegaan. Hy het my later uit die kar en na sy baas. En hulle het my op en af gekyk.

    En was baie in die gesig gevat. Ek het later moerse kwaad geword en toe het hulle my laat gaan.

  27. Ag toemaar kaalvoet ek maar ook baie tikfoute..van haastig wees.

  28. BB says:

    LOL@Rosa!! Ek hoop jy was mooier as “she” – ons lyk mos almal ietwat soos offenders op ons ID foto’s!! Hahaha!!

  29. 😆 @ Rosa!!!
    Ek sou my ook gewip het!

  30. Thanx Roos, maar ek kan nie daai verskoning gebruik as die brein short terwyl ek praat nie…seker maar static of iets

  31. Pikkelik says:

    Rosalind – ek sou my eie klein Eifeltoring daar gebou het! Verbeel jou! Flippen hel, dis die pits!!!!

  32. Ek was bitter kwaad. Ek het die hele tyd gevra: What do you mean? How?

    En hy het net stilgebly en gese dit is nie my ID nie. Maar ek was ook baie jonk. As dit vandag was sou ek dit veel anders hanteer het.

    Was seker maar my hare🙂

    Ek en ‘n pel het ookal vir ‘n spietkop geld gegee toe ons te vinnig gery het in Limpopo…. R50 in haar ID vra hy: Wat is dit???

    Toe se sy: Jy lyk dors gaan koop vir jou Coke!

  33. BB says:

    PIKkelik – ek “tag” jou en Rosa om julle ID foto’s te plaas!!!

  34. Pikkelik says:

    BB – You must be joking!!!!!!!!!!! 😆 😆 😆

  35. Nee jy wil myne nie sien nie asseblief… tag iets anders.

  36. Adrie says:

    BB

    Ek was seker in een jaar verantwoordelik dat die helfte van PTA se verkeerstekens verdwyn het. Een HK lid het beteken haar gang moet toe wees onder verkeertekens en ons het obliged.

    Ek het ‘n Stop onder die spietkops se neuse gesteel. Een moerse stop. En weggekom

  37. demoerin says:

    hahaha pikkelik, jy leer nou vinnig by ons ministers nê? Eers praat ‘n hond uit ‘n bos uit, en dan deny jy dat dit ooit oor jou lippe gekom het…hahaha

  38. BB en A3 wat so stop-tekens versamel! LOL
    Die dinge wat ons doen as ons jonk is. Ek sal vandag nooit, ooit, daai omkoop triek van ons probeer nie.

  39. demoerin!!!!LOL

    Later gaan sy ontken dat sy ooit hoegenaamd ‘n hond en kinders het. en later se die blog bestaan nie ONS lieg

  40. Adrie says:

    Rosa

    Ek was op my erewoord al in ‘n car chase met die polisie gewees. Ons het op die ou einde so erg gelag, dat ons moes aftrek. Toe was dit ook flirt jouself los. Kan jy dink as ek my ma mos bel met die boodskap: “Ek is toegesluit vir publieke onsedelikheid en Hmmm, ek skryf more ‘n her.” Sy sou my skiet.

  41. Adrie says:

    Kaalvoet het my aangesteek. Die HK het gereken. 😳

  42. Adrie says:

    Ek was eenkeer afgetrek omdat ek ‘n bietjie laag gevlieg het. Ek klim toe maar baie ordentlik uit om my lisensie te toon. Daar was ‘n labjas agter in die boot. Ek neem aan die koelte gogga het gedink ek is ‘n dokter. Hy het my nie eers vertel wat my spoed was nie, ek is net daar verskoon.

  43. Pikkelik says:

    Dit is ‘n uitmuntende idee Adrie, van nou af gaan ek ‘n slaghuisjas in die kar rondry en sommer vir die sports ‘n stetoskoop om die nek hang!!! 😆 😆
    Demoerin – in die land van die liegbekke lieg jy saam of …..
    Rosalind – maar hoe ken jy my, sal ek nou ooit so iets doen…. Never!!!!

  44. Nats says:

    Hi da!

    Ek is ook altyd op my senuwees wanneer ek afgetrek word… ek is bang ek kom in daai situasie waar die ou vir my sê jou nommer plaat is weg en ek sal sê “maar dit was net nou nog daar, moes seker nou net af geval het”

    En daai storie het hulle miljoene kere al gehoor!! En ek ry met albei my nommer plate! Nie soos sommige mense wat die voorste een afhaal nie.

  45. Pikkelik says:

    Whahahaha @ Nats! 😆
    “n Speldekopmannetjie het my eenkeer afgetrek omdag my brieklig nie gewerk het nie. Hy sê toe ek moet eers al die ligte toets voor ek ry… wat heel regverdig is… Maar ek het alleen gebly… wie moes nou die briek trap dat ek kan gaan kyk of die lig werk??? Sy antwoord: Sit ‘n baksteen op die briek…. Het ek nodig om te sê dat ek soos Daisy de Melker tekere gegaan het!!! Hulle kan soms so ‘trots’ (alla demoerin) wees dat dit my naar maak!!!

  46. Ek sal hom wys wat hy met daai baksteen kan doen!

  47. Nats says:

    Pik😆

    My baas was al op “spietkop” diens… da ry toe so flash nuwe kar teen ‘n spoed. Toe hy hom aftrek is dit ‘n wintgat laaitie. Hy het toe nie nommer plate op nie. My Baas vra toe wa is sy registrasie papiere wat op die venster geplak moet wees (siene dat dit ‘n nuwe motor is)

    Nee sê die mannetjie hy het dit nie by die dealership gekry nie… net da bel D die die tow truck ouens om die kar te kom haal omdat dit teen die wet is om so te ry…

    Wel daai nommer plate het toe EWE skielik voete gekry en in die kattebak gekom en binne sekondes uitgehaal en gewys!!

  48. Pikkelik says:

    Kaalvoet – ek het ook nogal so gevoel…. Dik dedoner in jong!!!!

  49. Pikkelik says:

    Nats – Whahahaha, ja ek dink die jong laaitjies maak baie moeilikheid…. Dis so in hulle aard! 😆

  50. Pikkelik says:

    Nats – of moet ek sê Paula????

  51. Pikkelik says:

    Kan julle glo, daar gaat ek my 10 000 op die stats verby sonder dat ek dit agterkom???? :mrgreen:

  52. Hy het seker lekker stupid gevoel oor die nommerplate wat so uit die niet verskyn het! whahaha!

    Ek sal jou glo Pikkie…hulle het my ook eenkeer afgetrek en gereken my lisensie is vervals want ek lyk te jonk om al te mag bestuur!!! Verbeel jou…ek het toe my lisensie al vir 4 jaar gehad! Jy kon ‘n eier in my gat kook so kwaad was ek en dit het baie gekos om die swaap anders te oortuig. Ek dink hulle is partykeer ook maar lekker aspris!!! Veral as jy ‘n vroumens is!

  53. Lekker man…. ek is hopeloos te lui om so aktief te blog en die tydsones werk ook teen my :mr green: As julle spoed vang dan dim en bright ek al lankal!

  54. Julle moet lekker kuier, ek gaan nou kiep! More is dit weer ek en daai lot terries!👿

  55. Adrie says:

    Lekker Doeks, Kaalvoet

  56. Pikkelik says:

    Lekker slaap Kaalvoetertjies….

  57. Nats says:

    Pik😆
    Regtig, ek was amper Paula!! Ek weet nou selfs wat haar e-pos adres is! Ek het my (weereens) amper dood geskrik want nie almal gaan dit ligtelik opvat ek ek hulle “kloon” nie!!

    Kaalvoet
    Gaan jy nou slaap!! Unfair!!

  58. maxie says:

    😆 @ pikkie vir “al lankal ryk”, goeie ene!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: