Poppedyn se 1 ste!!!

14 Junie 2008…

Is sy nie die fraaiste klein dingetjie nie!!!   Ek het ‘n punt daarvan gemaak om my kiddies net af te neem wanneer hulle slaap.  En dit was min, baie min.  Dis nie regverdig om hulle die res van hul lewens daaraan te herinner dat hulle vreeslik baie gehuil het nie.  Nee a, hulle het ook mos gevoelens!

 

 

Voor ons oë het jy groter geword, jou eerste glimlag (of was dit net ‘n wind?) jou eerste regte traantjies.  En altyd aan die gesels.  Ek en jy het te lekker van almal geskinder en jy het dit so geniet as ek lag!  Met jou doop was jy stroopsoet, behalwe toe die rokkie te warm begin word het!

Met elke dag wat verbygegaan het, het ek gesien hoe jy mens word, hoe jy begin verstaan wat om jou aangaan en begin belangstel in die omgewing.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Voor ek mooi geweet het wat aangaan stoot jy jouself op, en jy sit en jy kruip en deur alles lag jy.  Ek, Pappa en boetie verstom ons aan jou vriendelikheid want ons weet mos jy is ‘n siek ou babatjie en ons kry jou sommer nog liewer! 

 

Vroeg, vroeg sê jy jou eerste woordjie en laat nie op jou wag nie, jy ryg hulle in soos ‘n mens ‘n sosatie sal inryg! 😆

Ons staan verstom, met daai bekkie gaan ons nog ‘n harde tyd hê!

 

 

Ons is lief vir jou glimlag, wipgat kind!

Mag ons Hemelse Vader gee dat daar vir jou nog baie wonderlike jare sal wees en dat jy sal aanhou om ons lewens so vol te maak!  Mag jy geseënd wees met net die mooiste ooit vir ‘n dogtertjie uitgemeet…

 

♥♥♥Love you lots!♥♥♥

 

 

westlife – butterfly kisses

Butterfly kisses

There’s two things I know for sure.
She was sent here from heaven, and she’s daddy’s little girl.
As I drop to my knees by her bed at night,
She talks to Jesus, and I close my eyes.
And I thank God for all the joy in my life, But most of all…
Butterfly kisses after bedtime prayer.
Stickin’ little white flowers all up in her hair.
“Walk beside the pony daddy, it’s my first ride.”
“I know the cake looks funny, daddy, but I sure tried.”
Oh, with all that I’ve done wrong, I must have done something right.
To deserve a hug every morning, and butterfly kisses at night.

Sweet sixteen today.
She’s looking like her momma a little more every day.
One part woman, the other part girl.
To perfume and makeup, from ribbons and curls.
Trying her wings in a great big world. But I remember…

Butterfly kisses after bedtime prayer.
Stickin’ little white flowers all up in her hair.
“You know how much I love you daddy, but if you don’t mind,
I’m only going to kiss you on cheek this time.”
With all that I’ve done wrong, I must have done something right.
To deserve a hug every morning, and butterfly kisses at night.

All the precise time.
Like the wind, the years go by.
Precious butterfly, spread your wings and fly.

She’ll change her name today.
She’ll make a promise, and I’ll give her away.
Standing in the bride room just staring at her.
She asked me what I’m thinking, and I said, “I’m not sure,
I just feel like I’m losing my baby girl.”
Then she leaned over… and gave me…

Butterfly kisses, with her mama there.
Stickin’ little white flowers all up in her hair.
“Walk me down the aisle daddy, it’s just about time.”
“Does my wedding gown look pretty daddy?” “Daddy don’t cry.”
With all that I’ve done wrong, I must have done something right.
To deserve a hug every morning, and butterfly kisses.
I couldn’t ask God for more, man, this is what love is.
I know I’ve gotta let her go, but I’ll always remember.
Every hug in the morning, and butterfly kisses…

21 Responses to Poppedyn se 1 ste!!!

  1. Wipneus! says:

    eerste geluk met jou eerste verjaarsdag Poppedyn

  2. Wipneus! says:

    Ag dis te sweet ek wil haar sommer opvreet en ek sit en tjank sommer hier…. baie mooi Pikkie, julle het die pragtigste prinsessie!!!!

  3. Wipneus! says:

    Baie geluk ook aan jou en Mynick met julle meisiekind se verjaarsdag,,,,

  4. Adrie says:

    Geluk Poppedyn.

    Ek gaan vir jou ‘n tas vir jou bday pos. In die tas sal daar ‘n selfoon wees. Jy gooi net al jou klere in die tas en dan bel jy my dat ek jou kan kom haal. Niemand sal jou dan in ‘n kas druk of kla omdat jy skree.

    Mwah. (Pik, dit is vir Poppedyn {op die wang} nie vir jou nie)

  5. Baie geluk. Dit is so great om die oulike goedjies te sien mens word. Die liefde wat ‘n ouer teenoor sy kind het, laat my altyd dink aan God die Vader se Liefde aan ons. Net baie meer.

    Geniet haar.

  6. netjane says:

    Sy’s te cute! Baie geluk!!!

    Ek probeer altyd kyk na wie lyk die kinders, maar wil ook niks sê nie, netnou maak ek iemand kwaad. Meer soos My(jou) of is dit nou Jou(My)Nick?😉

  7. Pikkelik says:

    Beslis NJ – Daai doggie lyk soos haar pappa maar o wee sy het haar mamma se humeur!!! 😆

  8. Reisiger says:

    Baie geluk! Sy’s ‘n pragtige ou dogtertjie en julle moet haar verskriklik geniet want as julle weer sien, is sy groot en staan die kêrels tou voor die deur!

  9. Pikkelik says:

    Reisiger – ons het ‘n wilde haelgeweer en sy gaan klooster toe as sy 12 slaan!!! 😆 😆

  10. maxie says:

    Baie geluk! Sy’s pragtig en het sulke intelligente ogies. 😆 vir haelgeweer

  11. Lindie says:

    Baie, baie geluk!
    Pikkie, Nic en John – Mag sussie se lag ALTYD ook in julle harte ‘n weerklank vind
    Geluk my Meisie-kind, Tannie Lin wil SOOOOO graag die naweek by jou kuier, maar ongelukkig kos dit geld, en om geld te kry, moet grootmense werk – so Tannie Lin werk sodat ons op ‘n volgende keer kan kom kuier. Ek en Oom Barry is BAIE lief vir jou en ons verlang ons morsdood na jou en Boeta (en natuurlik na Mamma en Pappa ook…) Stuur ook ons groete vir Biebie & Oupie – ek glo hulle is net so bly om jou 1ste verjaarsdaggie met jou te kan deel.
    Baie Liefde
    Tannie Lin & Oom Barry

  12. Zee says:

    PoPpEdYn, baie geluk met jou eerste verjaarsdag. Jy is die pragtigste ou dingetjie (baie opvreetbaar hoor!).
    Jy het die mooiste ou glimlaggie hoor!

    Pikke, geluk met julle dogter se 1ste verjaarsdag. Sy is te pragtig vir woorde. Moeder, kyk net al die ponytail wat jy vir haar gemaak het!! Ek weet sy gaan nog sommer baie plesier vir julle bring.

  13. Dellie says:

    ♪♫ Happy birthday to you ♪♫ Baie geluk met jou eerste verjaarsdag, Poppedyn!

    En baie geluk aan julle ook, Pikkie, sy is pragtig.

  14. Jo-Ann Schou says:

    Baie geluk aan ‘n pragtige meisie!

  15. Roer says:

    Baie geluk Pikkie. Daai dingetjie is kosbaar.

  16. Wipneus! says:

    Dankie vir die nuwe foto’s!!! Baie geluk met Poppedyn wat een jaar oud word!!

    Veels geluk ♪ liewe POPPIE omdat jy ♪ verjaar mag die Here ♪ jou seën en nog baie jare ♪ spaar.

    Hiep Hiep Hoera, hiep hiep Hoera, en nog ‘n hiep !!! HOERAAAAAAAA !!!!!

    Blaas die kersie, harder…… blaas …..blaaaaaaas ……
    daarsy!!!!

    (Ek het gaan shop! he he he ) 😆
    (en ek gaan nou weer!!!)

  17. Sonkind says:

    Happy Birthday Poppedyntjie Pikkewyntjie!

    Sy is pragtig verby, Pikkelik!🙂

  18. insyarms says:

    Baie Geluk met Poppedyn se verjaarsdag.

  19. sy is PRAGTIG, baie geluk. XXX

  20. Nico says:

    They say you spend the first two years of a child’s life teaching them to walk and talk. Then you spend the next 16 teaching them to sit down and shut up…

  21. Pikkelik says:

    Dankie vir almal se baie geluks… Ek sal tog maar eendag as sy verstand het vir haar vertel…
    Nico – *sug* ware woorde, my vriend, ware woorde, en jy sal weet!!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: