Bloedgroep – B Negatief

Almal van ons wil graag help, soek ‘n manier om te help, kerm ons hande is afgekap…  Wel hier is ‘n manier om te help.   Ek wou veranderings aan die oorspronklike inskrywing bring, maar toe werk my vingers te vinnig vir my brein en Woeps…  daar is hy weg.  So ek vra om verskoning vir die comments wat ook nou weg is. 

Dit gaan oor hierdie e-pos wat ek ontvang het:

Help asseblief!!

 Hallo Julle,

 René Degenaar is ‘n leerling by Laerskool Constantiapark. Sy is saam met Albrecht in G7, sy  benodig baie dringend plaatjieskenkers van die bloedgroep, B Negatief. Reneé se plaatjietelling is tans 1 en daar is landswyd geen plaatjies vir haar beskikbaar nie. Sy is ‘n hoe risiko pasiënt en kry baie swaar. Haar ouers is ook finansiëel al uitgeput, met elke week se opname in die hospitaal. Sy bly egter n vegter en kom so gereeld sy kan skool toe.

 Mens word eers getoets om plaatjies te skenk. (sy benodig dringend, weeklikse skenkers.)

 Skakel Bloedbank – Queenswood 012 333 9949. Verwysing – René Degenaar.

 Sal julle asseblief die epos vir julle vriende aanstuur……En kom ons dra hierdie gesin aan die Here op….sodat Sy genade hierdie gesin kan omvou.

 Groete,

 Marianne

 

Ek het hulle vooraf geskakel en gevra of die verwysing korrek is en hulle het my verseker dit is.  Ek het egter nagelaat om te vra of dit nog nodig is.  Die blogpolisie   :lol:    was egter slimmer as ek en het uitgevind dat hierdie spesifieke e-pos omtrend 2 maande oud is.  Maar hulle het dringend bloedplaatjies nodig.  As jy enigsins kan help, groot asseblief.  Daar is mense daarbuite wat dit dringend nodig het….

 

 

 

6 Responses to Bloedgroep – B Negatief

  1. netjane says:

    Sover ek weet is ek B negatief, maar ek’s in verkeerde plek!

  2. Adrie says:

    Netjane

    Hulle het darem ander bloed ook nodig, orals op aarde. Dalk kan jy in Swede jou bloed verkoop.

    Pik

    Blogpolisie!!!! Gmf!!!!!!! Laas wat ek onthou, was dit jy.

  3. netjane says:

    Nee wat Adrie, die Swede is vol nonsens, mens moet ‘n Sweedse burger wees om te kan bloed skenk hier.

  4. Wipneus says:

    Hi ek is te bang vir naalde om bloed te skenk! 🙂

  5. demoerin says:

    Sjoe, so sad en dan moet dit nog ‘n skaars groep ook wees!

  6. […] Die volgende dag was daar 6 mense wat ‘n fiets aan hom geskenk het.  Daar verskyn ‘n blog wat vertel van ‘n kind wat dringend bloedplaatjies nodig het en dadelik kan die mense die […]

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: