‘n Sprokie in Amsterdam

Reg, laat ek bietjie romanties raak.  Reisiger, Netjane en Wipneus wou die storie hoor en aangesien dit so ‘n lekker storie is, vertel ek graag.  Ek het ‘n paar jaar terug Amsterdam toe gekom om vir ‘n bosbou-kontrakteur ‘n nuwe rekenaar program te kom installeer en aan die werk te kry.  Ek moes dan ook vir ‘n jaar of wat aanbly om te sien waar die probleme is en hoe om dit op te los.  Na drie maande was ek gereed om moed op te gee.  Ek was eensaam, het alleen in ‘n groot huis gebly met net my honde as geselskap en aangesien ek van die huis af gewerk het, het ek vir dae lank nooit eers ‘n ander mens gesien nie. 

Ek is nie ‘n sosiale tipe mens nie en al was ek, is hier tog nie plek in Amsterdam om te gaan kuier nie.  Ek was nie gelukkig in die kerk nie en het nie eers daar vriende gemaak nie. 

Een Sondag-oggend staan ek toe vroeër op met die idee op maar Piet Retief toe te ry en daar kerk toe te gaan.  Ek stop toe eers by die kafee om brood en melk te koop en sommer om die dametjie agter die toonbank te vra waar die kerk is.  Groot was my verbasing toe sy vir my sê Amsterdam het nog ‘n kerk.  Nou wel ek het toe nie Piet Retief toe gery nie en na die ander gemeente gegaan. 

Dis ‘n baie klein gemeente en ek skuif toe maar so in die middel van al die vreemde gesigte in, en kan jy glo ek herken een gesig.  Haai, dis die man van die koöperasie waar ek altyd hondekos koop.  Die gemeente is so klein dat hulle nie in die diens kollekte opneem nie, maar net deurkollekte het.  Met die uitkomslag gesels die gawe man toe met my en vra of hy die Maandag kan kom huisbesoek doen.

Wat kon ek sê?  Ja-wat dis reg.   Wel Maandagaand was hy daar, op die kop 7 uur. en ons het so lekker gesels.  En Dinsdag-aand en Woensdag-aand en Donderdag-aand en Vrydag-aand!  In die oggend as hy voor werk gaan fietsry het, het hy vir my veldblomme deur die kleinhekkie se openinge gesteek!  Hy het my soos ‘n prinses laat voel en dit was heerlik!

Daardie Desember het ons verloof geraak en in Meimaand op my verjaarsdag is ons getroud.  Dit was ‘n dag wat ek nooit sal vergeet nie want buiten die dae toe my kinders gebore was, was dit die wonderlikste dag van my lewe.  Al my vriende en familie en al sy vriende en familie het van heinde en ver bymekaar gekom.  Ons het die veldskool vir die naweek bespreek en almal het in die koshuise gebly.  Die Saterdagaand het ons braaivleis gehou en sy broers het musiek gemaak.  En die Sondag was ‘n sprokies troue.  Alhoewel hier nie eers ‘n haarkapper was vir my hare of ‘n fotograaf of ‘n speisenier vir die eetgoed nie, het almal hand bygesit en dit was onvergeetlik!!!!!

 Ok, julle het gesoek daarvoor, ek tag nou vir Reisiger, Wipneus en Netjane (ek weet jy is nog nie getroud nie, maar jy kan darem ‘n halwe storie vertel!) om hulle storie te kom vertel

22 Responses to ‘n Sprokie in Amsterdam

  1. Adrie says:

    Ag sweet. Kerke is blykbaar gevaarlike goed wat tot elke prys vermy moet word.

  2. netjane says:

    Oulike storie! Ons diakens wat nou nooit juis troumateriaal nie.😉

    Ek sal my huiswerk met liefde (haha) doen. En my storie is voller as wat jy dink!

  3. Zee says:

    Voorwaar ‘n sprokie. Wie sou nou kon dink dat die kerk DIE plek is!😛

    Pikkie, wee jy, net met jou skrywe kan ek aflei dat julle oneindig lief is vir mekaar!!

  4. Reisiger says:

    😆 @ Adrie!! Dis só sweet! Wys jou dat ‘n pot selfs op ‘n klein plekkie soos Amsterdam sy deksel kan kry!!

    Ek sal maar my huiswerk moet doen, ek het mos mos vir “moeilikheid” gesoek! 😉

  5. Reisiger says:

    Oeps… sit ek een “mos” te veel in!

  6. demoerin says:

    hahaha, cinderella bly toe al die tyd in Amsterdam!

  7. Wipneus! says:

    Ag dis so romanties ek is mos mal vir love stories….
    sal my huiswerk doen….. as ek klaar party gehou het!! he he

  8. Wipneus! says:

    Miskien moet ek net weer vir Teddie vra wat nou weer gebeur het, my brein wil nie meer mooi saamwerk nie. whahaha

  9. Dellie says:

    Ag dis romanties! Jy het omtrent soos ‘n prinses gelyk. Dankie vir die deel.

  10. Dit is so bevonk(COOL). Ek glo die regte plek om die regte persoon te ontmoet is wel in ‘n kerk, nie dat daar fout is as jy iemand op ‘n ander plek ontmoet nie.

  11. sonneblomseplekkie says:

    Pragtige verhaal….jy seker jy het dit nie in ‘n roman gelees nie…hehehehe😀

    Julle het pragtig gelyk….en nou is ek skoon jaloers – op Amsterdam…ek wil ook soontoe trek…😉

    Lekker week
    Sonneblom

  12. Paula says:

    Aaaahhh! Dit is ‘n pragtige verhaal!
    Julle is werklik ‘n pragtige paartjie!
    Dankie vir die deel daarvan.

  13. boendoe says:

    Hoe romanties! Julle het baie mooi gelyk, Pikkie.

  14. reisiger says:

    Dis baie mooi foto’s van ‘n baie spesiale paartjie Pikkie!! En my huiswerk is ook nou gedoen…

  15. Adrie says:

    Pik

    My huiswerk wat jy so links en regs uitdeel is op. Niks van die onderwerp nie.

  16. netjane says:

    My huiswerk is gedoen…

  17. Pikkelik says:

    Dankie @ almal, en ja ons is nog net so gelukkig soos met ons troudag, miskien nog meer, want ‘n mens groei mos maar in mekaar in….

  18. Pagoda32 says:

    Nie altyd nie Pikkelik…
    Maar ek weet al te goed wat jy bedoel en ek hoop daar’s nog baie sulke jare voor julle!

    Ek en my vrou is maar net 10 maande getroud en ek kan in alle eerlikheid sê ek’s nou liewer vir haar as op ons troudag dag! Ek dink in gevalle soos ons s’n is dit gebore uit wedersydse respek wat opgebou word vir die ander party, wetende wat daardie persoon by tye opoffer, doen en bydra tot die huwelik. En oor dit nie maklik is nie maar steeds uit liefde gedoen word kan mens nie anders as om liewer te word vir daardie ene nie.

    My vrou is ‘n sagte mens met ‘n groot / klein hartjie (lees dit soos in watter konteks dit bedoel word). Sy maak ongelooflik sekere opofferinge om die huwelik maak te werk en is rerig my grootste steunpilaar as die crêp die fên straaik.

    So ja…mens groei inmekaar in…

  19. Pagoda32 says:

    En wat ek met “nie altyd nie” bedoel het…

    Ek het vriende wat jonk getroud is. Van hulle is steeds gelukkig maar ander het dit om die verkeerde redes gedoen, uitmekaar groei met die tyd, hardkoppig geraak met mekaar en is nou al geruime tyd geskei.

    Dis nogals jammer dat mens deur skei eers die regte lewenslesse leer.

  20. klippies says:

    as ek weer kies ,willie dit anners he nie. st lucia het nie genoeg sandkorrels nie ……………..

  21. Pikkelik says:

    Pagoda32, ek weet presies wat jy bedoel…
    Klippies, hierdie kant ook, daai sandjies by St Lucia is nie naasteby genoeg nie, Lief jou! ♥

  22. maxie says:

    Wat ‘n wonderlike liefdesverhaal! Sjoe Pikkie jy’t mooi gelyk – kompleet soos ‘n bosnimf🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: