Tree of life

Ek het gister hierdie foto’s per e-pos gekry en was verstom.  Dit is fantasties gedoen.  Dankie tog ek besluit toe om eers te gaan google anders het ek vandag my naam properlies gat gemaak.  Die opskrif van die e-pos was “Tree in Limpopo”.  Maar dit blyk toe heeltemal verkeerd te wees.  Die foto’ is in Walt Disney World, Orlando FL, se Animal Kingdom Park geneem.  Die boom is blykbaar 14 verdiepings hoog!  Waar ook al, dit is uitsonderlik….

 

 

Nou wonder ek maar net, dit is ‘n kunswerk en dit lyk pragtig!  MAAR gaan hierdie boom bly lewe, is dit bo-op die stam aangebring, of uitgekerf… (ringbarking??)  ‘n Boom kan tog nie bly lewe as sy bas so verniel en uitgekrap is nie???  

 Gaan kyk gerus hier vir meer inligting.

 

 

 

 

11 Responses to Tree of life

  1. demoerin says:

    Moet sê dit verdien ‘n wow, maar soos jy sê, dit lyk of dit uitgekerf mag wees. Weetie nou so baie van plankunde en dies meer nie, maar seker daarvan die lewe van die boom op die size en ouderdom is nader aan die middel?

  2. Eendjie says:

    Wow, dis iets besonders! Wens ek kon so ‘n boom in my tuin hê.

  3. Zee says:

    Asemrowend!!!!

  4. Wipneus! says:

    O aarde ek wens ek kan hierdie boom in my tuin hê, dis magical!!!! Dit sal so goed wees vir my karma 😆
    Ek wonder wat is die naam van die boom?

    Lekker naweek vir jou Pikkie!!

  5. Dellie says:

    Dis omtrent WOW! Wonder hoe oud is die boom?

    Lekker naweek!😉

  6. Pikkelik says:

    Dis vir my ook betowerend!
    LMGA @ Wipneus – hoe groot het jy nouweer gesê is jou tuin daar in die STAD??? Die boom is 14 verdiepings hoog!!!!!!!!!!

  7. Von says:

    Heng, dit is werklik asemrowend! Dit lyk tog vir my of die soort boom nogal baie lugwortels het. Moontlik is baie van die kerfwerk in die lugwortels gedoen, daarom dat die boom nie doodgaan nie. Die omtrek van die stam moet ook geweldig wees, veral as dit 14 verdiepings hoog is. Sal interessant wees om te weet watter boom dit is.

  8. Adrie says:

    Dalk is die kerfwerk oor ‘n lang tyd gedoen.

    Maak nie saak nie, mooi bly mooi.

  9. Sjoe. Ken iemand die Wonderboom in Pretoria? Staan hy nog? Hy is ook groot maar nie so vreeslik groot nie.

  10. Louisa says:

    Die eerste paar kiekies laat my nogal dink aan die boom van Gummy Bears😀

  11. mockajava says:

    Asemrowend is nie ‘n woord nie, vir beide die natuurlike grootheid van die boom en vir die absolute detail van die kerwings wat gedoen is. great stuf!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: