Hoekom?…

Deesdae huiwer ek op die brink van ophou blog…  Hoekom?  Want die laaste ruk moet ek elke woord wat ek skryf tel.  Ek moet of, die ernstige dinge waaroor ek wil skryf agterwee laat, of ek moet lawwe, ligsinnige onderwerpe aanpak.  Want as ek nou doodeerlik moet wees, ek is nog glad nie gereed om opgekou en uitgespoeg te word nie!

Ek het begin blog, op my eie.  Ek het nie my eie blog begin nadat ek by SSSB of Bosparra begin blog het nie.  Ek het begin blog met ‘n rede, miskien nie vir almal ewe aanvaarbaar nie, maar dit is hoe dit is.  Ouboet was ‘n baie siek babatjie, hy het GERD (Gastroesophageal reflux disease) gehad. Ek gaan nie nou daaroor uitbrei nie.  Dit kom net daarop neer dat hy letterlik 20 uit die 24 ure in ‘n dag gehuil het.

Drie jaar later is Poppedyn gebore.  Sy was 2 dae oud toe ek sien sy spoeg te veel.  Toetse – GERD!  Ek was verpletter.  Voor my geestesoog het ek die volgende jaar van my lewe gesien.  ‘n Babatjie wat permanent huil, spesiale melk, hope en hope medisyne.  Van die dokter na daardie dokter, van die slim ou na daardie slim ou…  Ek was nie verkeerd nie.  My lewe was weereens ‘n nagmerrie.  Ek het ‘babyblues’ – post-geboortelike depressie gekry.  Woes en erg.  Ek was vasgevang tussen die vier mure van my huis en dokterspreekkamers. 

Toe lees ek eendag een van julle blogs raak.  En dis lekker en ek lees nog en nog en nog, en dit raak al hoe lekkerder.  Ek was ‘hooked’!  Ek het ook my blog begin en dit was heerlik.  Ek het eenkeer iets ge-comment wat verkeerd was, en besef dat jy nie altyd in die hitte van die oomblik iets moet sê nie.  En ek het besef dat ‘n  😉   of ‘n  ;-(  soms genoeg is.  WANT AS JY NIE IETS GOEDS VAN IEMAND KAN Sê NIE, HOU JOU MOND!!!

Deesdae is daar nie meer iets soos ordentlikheid in die blogs nie.  Sê jy iets wat iemand nie van hou nie, word jy aan die keel gegryp.  En skielik eien almal hulle die reg toe om te blog wat hulle wil, want hulle kan…  Maak nie saak wie aanstoot neem nie, maak nie saak wie seerkry nie, dis reg!  Waar kom hierdie mentaliteit vandaan of is ek nou net agter die tyd.  As jy nie hou van wat ek sê nie, moenie lees nie….  Se alie, die lewe werk nie so nie.  Miskien is ek outyds, maar dis nie hoe ek grootgemaak is nie!!!  Neem ander mense in ag!!! 

Ek weet nie of ek meer wil nie…

21 Responses to Hoekom?…

  1. Rustig says:

    Nee wat! Hou aan blog al is dit net vir jouself. Ons is maar almal skuldig aan iets verkeerd sê. Ons kan altyd onverskoning vra. So leer ons en word ons ook groot en verstandig.
    😉

  2. Wipneus! says:

    Pikkie moenie ophou nie. Soos ek nou net vir jou gesê het hierdie wêreld het weird geword, en mens moet maar regtig net by die mense rondhang wat goed is vir jou mens wees.
    Ek het nie nog negatiwiteit in my lewe nodig nie.

    Ons hou daarvan om jou inskrywings te lees. Soos Rustig sê ons is almal skuldig aan iets. Jy gaan mense kry wat jou probeer aanval of verneder, “so be it” Gelukkig het jy al baie blogmaats wat agter jou sal staan. Ek trek dadelik my bokshandskoene aan….. kom staan jy net hier agter my…. laat die eerste hou val waar hy wil….. 😆

    Cheer-up vriendin…. miskien het hierdie mense môre hulle maniere gaan haal waar hulle dit verloor het.

  3. netjane says:

    Moenie ophou blog nie. Almal blog vir ‘n rede, ek dink mens hou eers op blog as daar nie meer ‘n rede is nie. Moenie dat ongeskikte mense in jou pad staan nie.

    Ek lees net nie meer deesdae daai blogs waar dinge so woes gaan nie, ek wil hê blogs moet ‘n positiewe invloed op my lewe hê en ek hoop ek het ‘n positiewe invloed op ander bloggers se rede. As dit regtig moet – sluit die comments.

  4. netjane says:

    *lewe* nie rede nie

    /me vat nog ‘n sluk wakkerword koffie

  5. Adrie says:

    Stenig my, maar hoekom lyk dit nadat die spoegblog toe is, is daar baie mense wat verveeld is?

    Pikkie

    Ek help ook baklei as iemand met jou lelik raak.

  6. demoerin says:

    Ag nee man, water of a ducks back. Dis hoe dit werk, neem mense se opinies in ag, redeneer dit uit…maar bly weg van persoonlik raak – dit is ongevraagd. Neuk voort, dit is elk geval so lekker ek glo nie iemand sal ooit wil ophou nie.

  7. Pikkelik says:

    Adrie, ek is nie verveeld nie, ek is ontnugter…. En ek was een of twee keer by SSSB, ek’t my password verloor en hulle wou nie vir my ‘n ander een gee nie… Maar dankie, vir daai bokshandskoene. Die punt is net, ek WIL nie baklei nie… Ek baklei nie eers in my eie huis nie….

  8. Adrie says:

    Skuus Pikkie 😥

  9. Paula says:

    Moet asseblief nie ophou blog nie. Ek geniet jou inskrywings baie!

    Sterkte! … en ek hoop jy voel sommer gou weer beter!

  10. Zee says:

    Pikkie, ek vind daaglik by ‘n hele paar blogs inspirasie, ek deel in die pyn en al die lag…

    Hoe gaan dit nou met Poppedyntjie? Is sy nou al oor die GERD, miskien kan jy ons bietjie meer van dit vertel!

    x 😛

  11. Dellie says:

    Wie het met jou baklei, Pikkie? Ek sal ook saam kom boks vir jou, hoor! 😉

    Moet asseblief nie ophou blog nie. Ek kuier baie lekker hier by jou.

    En dankie. Jy weet waarvoor. Jy het ‘n hart van goud! ((Pikkie))

  12. […] tag vir Pikkie, Meermin en […]

  13. Jo-Ann Schou says:

    🙂 Nee wat jong, vir my gaan hulle nie eens met ‘n army wegjaag nie…. Ek gaan net by tye stiller raak soos wat dit besiger raak in my lewe. Maar bloggende sal ek bly. En ek sal net mooi sê wat ek wil…. dit is, soos jy sê, nie ‘n ensiklopedie nie. Ek wonder of mense my uitlos oor my avatar – ek het een van daai gesigte wat babas laat huil in die supermark…..

  14. Jo-Ann Schou says:

    Wou nog sê ons moet die van 3xSB praat nie…die volgende skryf Huilgenoot oor blogdepressie oor 3XSB toe is… of so iets. Hulle sal mos die koei bly melk al is sy lankal droog… en al was dit al die tyd ‘n os.

  15. Eendjie says:

    Ag nee wat Pikke, waarvan praat jy dan nou? Jy het ‘n “great” blog. Hou aan daarmee asseblief!

  16. demoerin says:

    hahahaha Jo-Ann oor die koei melk…

  17. boendoe says:

    Aardetjie, ek IS wraggies agter die tyd!! Pikkie, waar het jy nou jou voet verkeerd gesit?? Ek sou my ook nie te veel daaraan steur nie. Jy weet mos, party mense kwalifiseer skaars as mense!
    Skryf oor die goed wat na aan jou hart is. Ons lees graag. Dit gaan jou dalk nie die hotste blog op die blok maak nie, maar ten minste gaan jy ontslae raak van die goeters wat druk. En jy gaan die mense trek wat jy in die eerste plek wou gehad het.
    Nee, suster, moenie ophou nie. Ek raak sommer moerig. Dis nou die derde blog wat ek vandag lees wat “kla” oor varke in die blogosfeer. Hulle gaan ons NIE uitwerk nie!!! As jy ophou…I’ll hunt you down and tie you to your chair…in front of the pc! Kennetjie op!

  18. Hi Pik

    Ek dink nie eers dit is nodig dat ek iets sê na ek almal se kommentaar gelees het nie.

    Ons almal sê maar somtyds iets wat iemand anders ontstel. Dan is daar die swape wat daarop uit is om ander mense te intimideer. Stuur hulle in hulle peetjie.

    As jy nie hou van wat iemand sê nie, kap hom ‘n ignore en gaan voort.

    Blog is goed om somtyds die gemoed leeg te maak.

  19. maxie says:

    Moenie ophou nie asb, geniet jou inskrywings baie!

  20. sonneblomseplekkie says:

    Soos baie van die bloggers hier noem, ek comment nie aldag oral waar ek lees nie, maar vind by baie blogs inspirasie. Lag saam en huil soms saam, moet nie ophou nie. Dis jou blog die en jy het die reg om jou sê te sê. 😉
    Groetetjies
    Sonneblom

  21. Sonkind says:

    Pikkie, tot my skande lees ek nou eers hier, want ek is besig om my agterstallige leeswerk in te haal 🙂
    Ek is baie bly jy het toe nie opgehou blog nie en jy beter ook nie! 😈

Leave a reply to Rustig Cancel reply