Bikerbaby…

Gert Gariep, eat your heart out!!!!    Poppedyn word die 14de Junie een jaar oud.  Sy kan nog nie loop nie, ek het ‘n idee sy eenvoudig te lui, maar sy kan met die spoed van lig kruip.  Ek kan nie vir julle beskryf hoe vinnig sy kruip nie.  Toe ons kinders was het ‘n mens sulke speelgoed gekry wat met ‘n opwen sleuteltjie werk.  As jy hom goed opgewen het en jy los hom het die dingetjie so vinnig beweeg jy moes mooi kyk om te sien wat gebeur, nouja sy kruip so.

Die naweek wat verby is ‘ontdek’ sy toe Ouboet se Quadbike, die ding werk met ‘n herlaaibare battery en ek moet sê Ouboet is verveeld met hom want hy ry te stadig (omtrent ‘n myl ‘n maand) na sy sin.  Sy het hom eers van alle kante af bekyk, toe op hom geklouter, en daarna was daar geen keer aan haar nie.  Toe sy uitvind watter knoppie om te trap was sy heeltemal ‘one-track-minded’!  Ons kon haar net nie van die ding afkry nie!

 ‘Kyk mamma, ek BRRRRRRMMMMM!”

Sy sit so skeef want anders is haar beentjie te kort om die knoppie by te kom!

En hier is ek al heel vaardig, reguit met die oprit af tot teen die hek, let wel TEEN die hek, want ek kan nog die die rem trap nie!

Daar het ek dit, ‘n Bikerbaby sonder brieke!   Oi!!!!

27 Responses to Bikerbaby…

  1. Von says:

    Aaai Pikkewyn, kan die glo die meisiekind is al so groot nie – en sy sit jou wrintiewaar vir die Biker Mice ore aan. Die cyber-age babatjies word wraggies slim gebore. Sterkte met die brieke-sage, gaan jou lekker fiks hou!

  2. Adrie says:

    Pikkie

    Ag te sweet. Een van die dae ry sy jou kar die hele wereld vol. My tipe meisiemens.

  3. meermin says:

    Ag sweet verby!!! Geniet haar, hulle word so vinnig groot!

  4. Paula says:

    Ag moederlief! Te oulik!

  5. BB says:

    My kinda chick – sy kan by my ko’ lesse neem – ek was self ‘n bike-BaBe jarre gelede😉

  6. demoerin says:

    Cool, goed dat sy nou al leer. Een van die dae gaan ons almal moet bike ry vanweë die petrolprys!

  7. Zee says:

    /me maak nota dat Zeethan nie hierdie bike sien nie.😉
    Pikkie, dis darem maar oulik jong, ek dink ek moet bietjie vir julle Zee se Hummer wys🙂

  8. Wipneus! says:

    Ag Pikkie dis te sweet….sy’s ‘n pragtige ou dingetjie…😉

  9. Dellie says:

    Dierbaar! Ma kry seker ook lekker oefening met die saamhol?😉

  10. Salomè says:

    Pikkie
    Dis dierbaar.!! My Blou-oog is net ‘n maand ouer as jou Poppedyn en glo my die man wil ok niks weet van loop nie. Hy hol in sy loopring, maar as jy hom optel dat hy op sy voetjies moet staan, trek hy hulle doodeenvoudig op. Hy kruip ok teen die spoed van lig.

  11. Gert Gariep says:

    Go Poppedyn!
    Dis mos nou ‘n proper biker girl daardie.
    Jy moet die quad vir my bring dat ek ‘n custom spray job kan doen wat by haar pienk biker-pakkie sal pas.

  12. Zee says:

    Dis die gees Gert!

  13. Pikkelik says:

    Nou praat julle – Oi, sy sal haar Oompie-Gert vir ewig dankbaar wees!!!!!!!! 😆

  14. Adrie says:

    Zee

    Vang ek jou dat jy al Zeethan se pret bederf? 👿

  15. Zee says:

    Adrie, nooit gesien nie! Ek wonder nou net of Gert Zeethan se Hummer (so lelike geel ene) vir my in die blou bul klere sal spray😉

  16. Adrie says:

    Zee

    GMPH!!!!!!! Dan mishandel jy die kind nog op ‘n openbare blog. Ek is seker hy hou niks van blou bulle nie. Hy is te dierbaar daarvoor

    Moet se, Poppedyn se wiele sal nice lyk met ‘n lagie pienk.

  17. boendoe says:

    Cute! Maar wees eerlik, Pikkie, jou nerwe is seker ook gedaan as sy haar wiele bestyg? Myne sou verseker aan flarde gewees het!

  18. Pikkelik says:

    Boendoe, jy het nie ‘n idee nie. Ek lê snags innie bed nog en bewe…. 👿 Maar ek moet ook bieg, ek was nog nooit so fiks soos vandat ek kinders het nie. Ek hol mense ek hol!!!!!!!!!! 😈

  19. Roer says:

    Heehaaaaaaaa! Te oulik man. Sy gaan die lewe geniet.

  20. Pikkelik says:

    Roer, jy is so reg, sy is eintlik ‘n baie siek ou doggie, maar daar is geen keer aan haar lewenslus en lewensvreugde nie…. My kinders is my lewe.

  21. costello says:

    lekker speel-sy is pragtig.

  22. Eendjie says:

    Jy kan bly wees die quad is “selfaangedrewe”. Ek moes vir Boeta destyds op sy swart “kriek” rondstoot net waar hy wou wees en glo my, hy wou ORAL wees!!
    Jy en Poppedyn moet lekker speel! Don’t drink (milk)and drive….

  23. maxie says:

    Cute!

  24. Rustig says:

    Kinders! Kom hulle met aan en af skakelaars?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: