IK vs EK

Toe ons nog kinders was, was daar net een manier om te sien hoe ‘slim’ jy is.  Jou IK moes getoets word.  Daarvolgens is jy in ‘n klas ingedeel en daarvolgens is jy geëvalueer.  As jy ‘slim’ was is jy in die A klas gesit en as jy ‘dom’ was is jy in die D klas gesit.  Daar is nie gewonder of jy dalk die dag van die toets siek was, of huislike/finansieële probleme gehad het, of jou troeteldier dalk dood is en of jou pa dalk sy goed gevat en getrek het nie.  Jy was of ‘dom’ of ‘slim’, punt!

Vir party mense het dit dan ook die begin of einde van ‘n goeie loopbaan beteken.  Die ‘slim’ outjies het vinnig en ver gevorder want hulle is mos slim!!  Daar teenoor het die ‘dom’ outjies letterlik dom gebly want hulle is mos nou maar eenmaal dom so hoekom sal hulle verder sukkel.

Vandag weet ons van beter, ons weet dat jy IK letterlik van dag tot dag kan verander, ons weet dat jou IK nie die ‘ultimate’ is nie.  Ons weet ook dat harde werk en deursettingsvermoë jou baie verder kan bring as die slim outjie wat ‘n luigat is.  Tot vandag toe kan ek nie verstaan hoe die lewe so onregverdig vir sommiges kan wees nie.  OK, ek was in die A – klas ingedeel.  Ek was een van die ‘slimmes’, maar my beste maatjie was nie so gelukkig nie, sy het in die C-klas ge-eindig.  Niemand het gewonder of die feit dat haar Pa nie eers ‘n maand gelede oorlede was enige verskil aan haar IK kon maak nie.  Onregverdig – beslis, maar realiteit.

Ek glo daar word deesdae meer klem op jou EK – of dan jou “Emotional Intelligence” gelê.  Is jy in staat om gebeure om jou en in jou te hanteer?  Natuurlik sal ‘breinkrag’ nog ‘n groot rol in jou lewe speel, maar sal jou breinkrag jou deur moeilike omstandighede help???

Hier is ‘n link wat jy kan volg as jy nou regtig egtig wil weet hoe ‘slim’ jy is (IK), kliek hier, en dan ook ‘n link wat jy kan volg om jou EK te toets, kliek hier.  Ek het drie verskillende IK toetse gedoen en aldrie het verskillende antwoorde gehad???? 🙄

Ek wil graag met een laaste gedagte afsluit:  Daar is niemand so dom soos die slimstes van ons nie, en niemand so slim soos die domstes van ons nie…..

 

26 Responses to IK vs EK

  1. Eendjie says:

    Ek het so ‘n rukkie terug die toets “geskryf” maar nie te goed gedoen nie. Was bietjie teleurgesteld, ek het gedog my EK was bietjie hoër. Maar ek sal weer probeer, miskien vaar ek die keer beter…. 😉
    Pik bly jy in Holland? Lucky Fish!! Dis ‘n ongelooflike mooi land, was eenkeer daar in 1990.

  2. Pikkelik says:

    Ag hoe lekker droom ek nou, nee Eendjie ek bly in Suid Afrika. Amsterdam is ‘n klein dorpie tussen Ermelo en Piet Retief in Mpumalanga. So klein dat as jy vir ‘n hoender uitswaai, jy dwarsdeur die dorp is!!!

  3. meermin says:

    my ik is seker ‘n ronde nul!!

  4. Eendjie says:

    Nou daar leer ek op die ouderdom van 44 weer iets!
    In Suid-Afrika is ‘n dorpie met die naam Amsterdam!
    So ons het nou ‘n Parys en ‘n Amsterdam? Weet iemand van nog SA dorpies met “oorsese” name?

  5. Pikkelik says:

    Eendjie – Wat van Belfast en Philadelphia??

  6. Adrie says:

    Newcastle, Memel, Ermelo, Amersfoort, Bethal, Belfast, ens ens.

    Eendjie, daar is baie dorpe met ander name elders.

    Pik

    Groot fout, my EK is hoog. Daardie toets kan nie reg wees nie.

  7. Pikkelik says:

    🙄 Nee ek dink ook nie so nie ADRIE – 😆 😆 😆 😛

  8. Adrie says:

    Pik

    Ek weet so.

  9. Pikkelik says:

    Adrie – whahahahahahahahaha. 😆 😆 😆

  10. Zee says:

    IK = suck soos in really suck
    EK = Your score falls in the above average EQ range.

    Ek sal maar niks verder sê ne!🙂

  11. Pikkelik says:

    Zee, ek dink as ek iewers ‘n afrikaanse IK toets kan kry, sal dit beter gaan. Maar ek soek nog steeds my alie af vir een.

  12. Wipneus! says:

    Ek stem saam Adrie, fout met hierdie toets, huh? 😆

  13. Daar is niemand so blind soos hy wat nie wil sien nie.
    Daar is niemand so doof soos hy wat nie wil hoor nie.
    Daar is niemand so dom soos hy wat nie wil dink nie.
    Elke mens is anders. IK mag ‘n invloed hê maar heerlikheid is die antwoord. My pa se baas, Oom Kerneels het met ‘n standard 7 kwalifikasie een van die grootste Transport besighede in Suid-Afrika ontwikkel omdat dit sy heerlikheid was. As jy suksesvol wil wees, vind jou heerlikheid en doen dit.

  14. Zee says:

    Riaan, ag dankie toggie, nou voel ek nie meer so sleg nie😉

  15. demoerin says:

    IK blykbaar nie te kak nie! EK blykbaar nie so cool nie want die ding het te lank gevat en ek het hom maar daar gelaat! Wonner wat beteken dit?

  16. Pikkelik says:

    Dit beteken doodeenvoudig jou avator het hom uitgefreak demoerin. Ek sê mos vir jou, jy kyk die heeltyd vir my!

  17. krista says:

    Ek is mal oor ‘n ander IK – Intellektuele Kapitaal. Hoe jy jou kennis en vaardighede gebruik in jou werk en in jou lewe oor die algemeen.

  18. Pikkelik says:

    Ek stem saam Krista, daar is soveel meer aan die lewe as net ‘n toets…

  19. Dank Vader daarvoor, want as ek my moes blindstaar in die score wat ek elke keer kry (of nie kry nie) sal dit my einde wees. Ek glo nie dat die goed regtig so groot invloed het nie. Party van ons moet dalk net bietjie harder werk as ander om dieselfde te bereik, maar dis fine met my.

  20. boendoe says:

    Enigiets met sommetjies freak my uit! Maar darem is ek average!

  21. Jo-Ann Schou says:

    Dit is alles in attitude… as jy glo jy kan, dan sal jy. Ek het eendag vertroulik gehoor die toppresteerder in my klas se IK was maar so-so, maar dat sy goed kon memoriseer. ‘n Pappegaai?

  22. Pikkelik says:

    Jo-Ann ek glo jy is heeltemal reg. My kleinboet het disleksie, toe hy matriek geskryf het (Baie jare gelede) was daar nog nie al die tegnologie van vandag nie, ek het eenvoudig al sy handboeke vir hom gelees, hy het dit dan gememoriseer en so het hy matriek relatief goed geslaag. Die punt is of sy IK nou hoog of laag is, hy het ‘n geheue soos ‘n olifant en kon daarop staatmaak, (vandag nog, hy is ‘n suksesvolle sakeman) om te help…

  23. Adrie says:

    Pik

    Altwee my broers is disleksies, hulle IK’s is al meer as een keer getoets. Dislexia beteken glad nie dat jou IK laag is nie. Hulle IK’s is ver bo gemiddeld. Soos dit dikwels die geval is met dislexia. Hulle het ook goeie geheues.

  24. Pikkelik says:

    Adrie, dis presies wat ek probeer sê!!! Net omdat sy IK nie volgens die outydse maniere kon getoets word nie, omdat hy stadig lees en sukkel met spelling is hy as ‘dom’ geklasifiseer. Hy het egter die teendeel bewys….

  25. Adrie says:

    Pik, toegegee, my broers is ten minste 20 jaar jonger.

  26. Eendjie says:

    Ok, so daar’s nog hoop vir my?? 😉

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: