Op aandag!

South African Bushwar (SADF)

Vandag voel ek daarna om hierdie op te dra aan Gert Gariep, Gestrowe Soldaat en al die mans wat hulle lewens op die spel geplaas het om ons veilig in ons land te hou! Ja, ek sien julle skryf oor lekker tye. Oor snaakse tye, maar ons weet (lees vermoed) ook daar was minder aangename/aaklige tye. Soms wonder ek of dit die moeite werd was, was die pyn en die dood van jong seuns werklik nodig! PW, FW julle sal eendag moet verslag doen en ek bid dat julle sal weet wat om te sê. Hiermee staan ek dan op aandag! Op julle, ons helde, die braafstes onder die brawes, wat vir julle volk en Vaderland baklei het. Sommiges het ongeskonde teruggekom, ander het nie teruggekom nie. Sommiges lewe vandag nog saam met die pyn, fisies of geestelik. Weet net, ons sal julle nooit genoeg kan bedank nie!

9 Responses to Op aandag!

  1. maxie says:

    Nice post Pikkie. Somtyds as ek in my 48jarige broer se oe kyk besef ek weer eens sommige van daai manne het letsels oorgehou waaroor ons maar net kan wonder.

  2. Adrie says:

    Ek staan ook op aandag. Julle het my ‘n veilige kindertyd gegun.

  3. Wipneus! says:

    Ek spring ook dadelik op aandag. Ons manne was geharde manne!! Ons kan trots wees op hulle wat ons grense bewaak het. Helde.

  4. krista says:

    /me salueer

  5. Zoekoe says:

    Op Aandag staan ek ! Dankie julle het my respek !

  6. TristonJ says:

    laat ons dan maar in n ry op aandag staan… julle het my trots, wardeering en volle dank!

  7. Adrie says:

    Kom roep my wanneer ons die Stem begin sing. Terwyl ons nou op aandag is. . . .

  8. […] Thanks vir die video wat jy gepost, het […]

  9. Emil says:

    Goeie post. Dit is ‘n ondankbare werk wat hulle gedoen het. En vandag ‘n politiese onkorrekte oorlog. Maar vergeet vir g’n oomblik hulle opofferings vir mekaar nie – en die land waarin hulle geglo het.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: