Avontuur

Laasnag lê ek in die bed.  Daai rustige tyd so tussen wakker en slaap wanneer jou brein so op sy eie paadjies loop.   Die wakker deel van my brein sê vir my ek beter nou my oë toemaak en slaap want die pajamadril gaan binne oomblikke begin, maar die rustige deel van my brein sê, ag nog net so ‘n klein rukkie!  Praat van moeilikheid. 

En toe tref dit my so tussen die oë!  Daai haelkoeël wat hom nie laat teësit nie.  Ek raak oor niks meer OPGEWONDE nie!  Ek sien na niks meer uit nie!  Verjaarsdae, Kersfees, vakansies, al daai dinge wat my in my jonger dae laat slapies tel het, is nou maar net nog ‘n dag.  Elke dag is maar net soos die vorige en die volgende.  Dag in, dag uit, niks verander nie. Dit is soos om binne-in ‘n uitgeholde dop te leef. 

Ek het egter ook besef, dat dit niemand se plig of werk is om my opgewonde te maak nie.  Dit moet uit myself uitkom.  ‘EK’ moet iets daaraan doen.  Maar wat?   En net daar gee my rustige brein oor en my wakker brein vat oor, en ek DINK – (ek kan dit ook somtyds doen) wat is daar wat my sal opgewonde maak.

Daai is drastiese goed, soos berg klim, en white water rafting, en valskermspring, maar dis nie regtig wat ek in gedagte het nie.  So toe dink ek verder, wat op sig self ‘n uitdaging is, aan dinge wat ek nog wil doen. 

Na baie lank se wik en weeg het ek toe op twee goed afgekom wat ek dink ‘n avontuur sal wees.  Nommer een:   Ek gaan leer perdry – nie sommer bo bly en skommel nie, regtig egtig ry.   En nommer twee:  Ek gaan leer swem, want die gespartel wat ek ‘swem’ noem, hou kwalik my kop bo water.  Niks dramaties nie, niks buitengewoons nie, maar iets wat my weer opgewonde maak.

(Foto:  Illustrations of.com)

So, aan hierdie kant van die toetsbord sit ‘n opgewonde vrou…   Ek kan nie wag om met reëlings te begin nie, want hierdie gaan nie vir my ‘n vlietende gedagte wees nie, dis werklikheid. 

Nou wonder ek, wat is daar wat julle nog wil doen voordat jul koppies te veel knik en julle ‘n kierie moet nadersleep?…

19 Responses to Avontuur

  1. Adrie says:

    Amazone toe voertsjek en net daar bly.

    Ek hoop ek kan van daar af blog.

    Moet dalk ook leer swem.

  2. Dellie says:

    Sterkte met die perdry lesse. Kry maar vroegtydig Voltaren gel vir die seer spiere!😉

    Ek wil vreeslik graag valskerm spring. Maar ek moet nog eers genoeg moed bymekaar skraap – daar was nou die dag so ‘n groep anties, ek dink van Bloem, wat al in hulle 80’s is, wat dit gedoen het. So, ek hoop ek het teen die tyd wat ek daardie ouderdom bereik, genoeg moed!:mrgreen:

  3. Paula says:

    Sterkte met jou planne!

    Ek sal graag wil toer. Amerika, Europe ens. Sal graag al die kulture wil beleef en sien. Sal maar sien of ek ooit eendag daarby sal uitkom.🙂

  4. netjane says:

    Sterkte met jou avonture. Ek het op my ou blog ook eendag so bevlieging gehad oor alles wat ek wil doen…

    http://www.justjane.iblog.co.za/2008/02/09/bad-to-the-bone/

  5. Pikkelik says:

    @ Netjane en Adrie, dis omdat julle gister gesê het ek is oud dat my verstand nou sulke planne maak. Diep sielkundige dinge diè!

  6. Adrie says:

    Pik

    Elke mens het soms ‘n skop onder die gat nodig. Bly ons kon help.

  7. netjane says:

    Elke mens het ‘n skop onder die gat nodig, jy’s reg Adrie.

    Ek poer-poer so met my gemaklike lewe aan, nou en dan moet iets gebeur wat my heeltemal uit my comfort zone skud.

  8. demoerin says:

    Ek gaan hierdie jaar ‘n Tarantula kry, en ook ‘n tattoo.

  9. netjane says:

    Hoekom kry jy nie ‘n tattoo van ‘n tarantula nie, Demoerin ? Twee vlieë met een klap.

  10. Pikkelik says:

    Demoerin – ‘n tattoo – waar?????????

  11. Wipneus! says:

    Julle moet oppas die Demoerin het baie planne vir die jaar wat voorlê, moenie die man gedagtes gee nie, ek wag nog vir die troeteldier storie, hy wik en weeg nog…ek is bang hy hou dalk ‘n vlermuis aan 😀

    Jy moet maar lekker gaan wip op die perd Pik, eish praat van seer boude ….ek los vir jou bietjie voltaren voor ek uitstap.. :mrgreen:

    Daar is nog baie wat ek wil doen, definitief soek ek ‘n spin in ‘n vinnige Formule 1 motor hie haaaa, ‘n reis na die maan ek dink nie hierdie avonture is maklik nie, so ek sal settle vir bungee jumping…..

  12. Eendjie says:

    Ek wil nog leer kitaarspeel!! Hiedie jaar nog.Ek gaan, ek gaan, ek gaan.

  13. Pikkelik says:

    Eentjie, kom ek sal jou klasse gee…

  14. Ursula says:

    Hoe kinderagtig. Ek dog ‘n mens moet kommentaar lewer op die onderwerp, nie klets nie.

  15. netjane says:

    Ursula, jy sal opmerk dat die post gevra het dat ons, die lesers, ‘n insetsel lewer oor dit wat ons graag wil doen, wat díe wat kommentaar gelewer het ook gedoen het. Behalwe jy natuurlik.

    So miskien kan jou groot avontuur wees om bietjie te ontspan?

  16. Pikkelik says:

    Sy is ‘n teef Netjane, het nie eers ‘n regte e-pos nie so moenie jou aan haar steur nie… Gaan kyk nou bleddie Shanana!!! Ek wil gaan slaap!

  17. Adrie says:

    Janatjie

    Vertel die koeidrol. Wie het haar in elk geval blog polisie gemaak, vra ek met trane in my diep blou ogies. As Pik nie van die comments hou nie, kan sy dit mos delete.

  18. maxie says:

    Baie inspirerend. Haal my hoed af vir jou gesindheid, good for you dat jy besef het net jyself kan iets daaraan doen! Perdry is heerlik maar het ongelukkig my rug opgevoeter. My beste vriendin, (46j oud), het onlangs besluit dat sy gaan leer orrel speel en het skouer aan die wiel gesit. Dit wil gedoen wees! Ek wil en gaan leer Zoeloe praat.

  19. Adrie says:

    Pik

    Ek kom by jou kuier dat jy my kan kitaar leer.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: