Oggie toggie…

Wat is besig om met ons samelewing te gebeur.  Almal maak almal seer.  Almal fight om bo uit te kom en wie dan nou maar aan die onderkant vertrap word maak werklik nie saak nie.

Ek lees hier by Sonkind van broeke dra, by Oopkop oor orgaanskenking, by Gert oor mishandeling en so kan ek aangaan en aangaan.  Op elke blog is daar iewers ‘n post oor mense wat seerkry.  Mense wat ander mense seermaak.  Nie net fisies nie, maar ook ander mense se siele verkrag en verwoes.  Waaroor – omdat dit hulle laat verhewe voel.  Hulle voel dan beter oor hulself. 

Die wêreld is oorvloei met mense wat aan ‘n helse minderwaardigheidskompleks ly.  Ek sal my voortande gee om te weet hoekom.  Wat het hiertoe bygedra?  Is dit die manier waarop hulle grootgeword het, of miskien die skooljare, miskien dalk die rebelse tienerjare?  Hoekom voel mense dat die enigste manier om jouself te laat geld, deur ander te verneder en verniel is?

Ons weet nou al almal verkragting gaan nie soseer oor seks as wat dit oor magsgevoel gaan nie.   Kan ons dieselfde sê oor moord, mishandeling, rassisme???? 

Kyk ek het nie antwoorde nie, ek is nie ‘n sielkundige met ‘n honeurs in whatever nie, maar ek dink tog dat as ons net meer verdraagsaam teenoor mekaar is, as ons net bietjie ontslae raak van daai ‘ek’, as ons, ons woorde voor ons kinder tel, as ons hulle net die basiese beginsels van opvoeding leer en bo alles, as ons hulle volgens die Wil van God grootmaak – doen aan ander wat jy graag aan jouself gedoen wil hê – sal ons al klaar ‘n tree in die regte rigting gee.  As ons dit in ons eie lewens toepas, sal dit beter gaan. 

Ek sê nie dit is die alfa en die omega nie, aarde tog, jy kan nie ‘n leeftyd binne een generasie probeer regmaak nie, maar iewers moet ‘n mens tog ‘n begin maak.  Het jy al ooit met iemand probeer argumenteer wat jou komplimenteer.  ‘n Sagte woord keer die grimmigheid af.  Natuurlik sal dit nie die misdaad vlaag stop nie, natuurlik sal dit nie ‘n verkragter, inbreker of moordenaar stop nie, maar ek kan net bid dat dit ‘n rippeleffek sal hê, wat sal uitkring en ander mense se lewens ook aanraak.  Miskien nie nou nie, maar wat van oor 5 of 10 of 15 jaar. 

Ek weet nie of ek eers vir myself sin maak nie, maar hel, dit help tog nie ons kerm heeldag en doen niks daaraan nie.  Ek is ‘n praktiese mens wat iets wil DOEN, ek kan nie net handjies gevou sit en wag vir beter tye nie.  Wat van jou, het jy al gedink aan ‘n oplossing?…..  

Ek dink wat my die meeste onderkry is die magteloosheid, ek kan tog nie in Diepkloof invaar en hulle hul fortuin gaan vertel nie.  Ons kan nie ‘n man ‘n paar tamaai klappe gee omdat hy sy vrou mishandel nie, hy gaan dit net weer op haar uithaal.  Wat staan ons te doen?  Wat kan ek doen?  Oi….

11 Responses to Oggie toggie…

  1. TristonJ says:

    dis moeilik en soos jy se dit kan nie in een generasie reg kom nie… ek dink die beste en enigste plek om te bigin is by ons eie kinders… leer hulle die waarde van mense en mens wees… respek vir ander maar ook vir hulle self… dat ons almal die reg het tot die lug in ons longe!

  2. Paula says:

    TristonJ is reg, ons moet begin my ons kinders. Hulle grondslag moet reg gelê word. Hulle is immers ons toekoms.

    En dan sal dit ook help as elkeen van ons ‘n wag voor ons mond sit. As ons niks goeds te sê het nie bly eerder stil. Dit sal ook al ‘n begin wees.

  3. Eendjie says:

    Het onlangs hierdie stukkie wysheid êrens gelees:
    “Blowing out somebody else’s candle can by no means make your candle burn brighter.” Soooo waar, as sommige mense dit tog net wil besef. Mens kry ‘n baie lekkerder “kick” daaruit om iemand ‘n kompliment te gee as om hom af te kraak.

  4. Wipneus! says:

    Mens voel magteloos Pikkie. Ek sal die mens nooit verstaan nie. Die probleem is mens kry daagliks met hierdie afkraking, seerkry en verwoesting te doen…..
    Ek rebeleer daarteen, maar op die einde van die dag, kry mense die verkeerde indruk van my en dink ek is bakleierig…bloot omdat ek nie net wil stil bly oor die ongeregtighede wat my pad kruis nie.
    Leef en laat leef.

  5. CheekyBum says:

    In ‘n mate dink ek jy is reg Pikkie. Enige aksie ly tot ‘n reaksie en dit kan begin by ouers wat kinders groot maak waar daar haat en venynigheid in die huis teenwoordig is. Later in so kind se lewe sal hy dieselfde gedrag openbaar en daardie persoon se kinders ook. Dit word ‘n kettingreaksie totdat dit gebreek word. Daar is eintlik soveel voorbeelde, maar op die ou einde is niks so sterk soos die liefde nie :o)

  6. demoerin says:

    Is dit nie bloot maar omdat niemand vir iemand anders iets wil gun nie, ook ‘n plekkie in die son? Daar duik daar woord weer op, verdraagsaamheid. Niemand sê omhels elkeen wat jy raakloop nie, maar wees tog net verdraagsaam!

  7. demoerin says:

    En dankie vir die mooi woorde Pikkie!

  8. Pikkelik says:

    Hi demoerin, jy is reg, die inskrywing se opskrif was oorspronklik verdraagsaamheid, maar dit het nie saamgevat wat ek wou sê nie. BTW – Nou kyk daai klein hel hier op my eie blog vir my….. Whahahaha

  9. Ek het vanoggend die stuk hieronder gepos. As God deur middel van Angus 60 000 mans bymekaar kan kry dan is dit moontlik dat daar ‘n verskil kan kom en vinnig ook as elkeen van ons begin met orde. As elkeen van ons binne die wil van God begin leef dan gaan dit die rippeleffek tot gevolg hê

    God is ‘n God van orde. Wanneer ons die bybel lees van Genesis tot Openbaring dan word ons bewus van God se orde. Net so moet daar orde in ons huise wees, maar dit moet God se orde wees. Die bybel is duidelik oor hoe orde in ‘n huishouding moet wees. Dit beteken dat ons as manne ons outoriteit deur Christus aan ons gegee moet opneem en as vaders, priester, koning, leier en dienaar ons huise moet hanteer maar in die proses moet die manne ons gesinne dien. Die manne moet dus lei deur te dien. Sodra hierdie verantwoordelikheid opgeneem word, sal alles in plek begin val. Sodra die fiesiese in plek is, sal die Geestelike ook in plek begin val.

  10. demoerin says:

    hahaha…you can run but you cannot hide!

  11. BB says:

    “Evil happens when good men do nothing”.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: