Sampioene, by die duisende

Ek weet sommige van julle het so ‘n idee waar Amsterdam geleë is.  Sommige van julle het selfs al deur Amsterdam gery, oppad St Lucia of Kosi Baai toe.  Vir die meeste mense is dit maar net nog ‘n versukkelde, arm plattelandse dorpie wat seker ook waar is. 

Maar Amsterdam is meer as dit, buiten vir die bosboubedryf, die boerderye en die veldskool, is hier in Amdam van die grootste Uitvoer Sampioenfabrieke in die land.  Dit is nou die die ou klein knopiesampioene waarvoor ons Suid Afrikaners so lief is nie, ek praat van wilde sampioene wat in die denneplantasies groei. 

  ‘n Chanterelli Big – Sampioen. 

Hier is twee sampioenfabrieke op Amsterdam wat nie alleen buitelandse valuta genereer nie, maar in ‘n groot mate die arm huisgesinne in die dorp onderhou, omdat hulle vars sampioene per skottel/emmer/houer by die mense koop.  Dit is Bolitus Mushrooms en Edulis Mushrooms, ek gaan vandag net oor een van die fabrieke praat omdat ek actually reg langs die fabriek bly (soms tot my bittere spyt) en omdat ek dan meer ingelig is daaroor.  

Edulis Mushrooms is in 1974 deur die Casaletti familie gestig.  Die fabriek het vries, ontwatering/drogings, versoutings en vars verpakkings fasiliteite.  Hulle dagtaak begin al 04h00 in die more, die vragmotors gaan uit en laai die werkers in die plantasies af.  Elke sampioen word met die hand gepluk/gesny, met die hand verwerk en verpak.  Binne seisoen is daar werk vir ongelooflik baie mense.  Ongelukkig kan die sampioene nie groei as dit nie reën nie, dus moet hulle so vinnig as moontlik werk in die kort tydjie tot hulle beskikking.

   ‘n Foto van Mnr Casaletti met ‘n sampioen op sy skoot.

Alle sampioene is nie eetbaar nie soos julle weet, maar ons boorlinge weet presies watter om te pluk en ‘n giffie sal beslis nie in hulle mandjies wees nie.   Die sampioene is verskriklik ryk en nou werklik nie na my smaak nie, maar die oorsese mark vrek daaroor en daar word jaarliks letterlik duisende tonne uitgevoer.

Gaan lees gerus hier oor Edulis.

Ek wed julle het dit nie van ons ou dorpie verwag nie.  Lekker dag vir julle

 

 

12 Responses to Sampioene, by die duisende

  1. Wipneus! says:

    Dis ‘n interresante inskrywing, jy is reg Pik ek het dit nie geweet nie. Ek vrek oor sampioene..
    .
    Een ding wat ek wel van hierdie sampioene weet, is dat dit “mooi” is 🙄 (moenie lag nie), ek hou van rowwe goed, ek wil altyd die goed droog.
    Maar soos jyself weet dit kan nie droog nie😆

    Ek tel graag sade en droë takke op…..

  2. Wipneus! says:

    Kyk daardie lekker frittata resep (by link), gemaak met porcini mushrooms? Ek is mal oor frittata….. Dankie hier loop ek sommer met ‘n resep weg

  3. netjane says:

    Ek het dit ook glad nie geweet nie – leer jy ons vandag iets. Ek eet nie sampioene nie…

  4. BB says:

    Kan jy nou glo?? My eie moeder was ‘n plaaskind van Suidwes (Namibië) wat in die laat 1950’s op Amsterdam op skool was – koshuiskind – drie keer per jaar met die trein huistoe vir vakansies… small world – sal jou inskrywing vir haar print.

  5. Adrie says:

    Ek ken nou nie die Italianers se vanne nie, maar een van hulle se jongste seun kan maar by my kom aanklop. (Ken die ma beter as die pa).

  6. Iewers toe ek geswot het was daar ‘n saak van die een fabriek wat sampioene geoes het in die ander fabriek se woud. Kan nie meer die feite onthou nie, maar dit was seker maar daar by julle.

    Baie interessante inskrywing.

  7. Pikkelik says:

    O ja Riaan – ek wou dit nie sê nie, maar aardsvyande, die twee!!!!!

  8. demoerin says:

    Mmmm, laat my dink aan die sampioene wat ek daar in ‘n dorpie in Italië geëet het. Mond water sommer nou!

  9. Dellie says:

    Haai, ek het dit ook nie geweet nie! Lekker inskrywing, Pikkie.

    Ek kan onthou dat ons in Suidwes altyd in die reënseisoen miershope (so groot soos berge) gaan omdolwe het opsoek na reuse sampioene. Dit was rerig groot (of ek was rerig klein) maar ek onthou dat my ma dit in die yskas gebere het en dat ek sulke repe afgetrek en in mayonnaise gedruk en geëet het. Amper soos die wit vleis van ‘n hoender. Ek vrek oor sampioene.

  10. sommergoed says:

    En daar leer ek toe sommer ook iets vanoggend. Ek het dit regtig baie geniet.

  11. maxie says:

    Sjoe dis hengse interessant. Sou nooit kon raai, altyd gedink dis net bosbou en boerderye. Het ‘n rukkie terug deur Amsterdam gery, was Piet Retief toe vir die dag.

  12. […] Posted on July 11, 2008 by Pikkelik Onthou julle nog ek het julle vertel ek bly langs ‘n fabriek? Nou hoe hulle toestemming gekry het om in die middel van die dorp ‘n fabriek op te rig, sal […]

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: