♫♪Bubbles, bubbles, bubbles, bubbles♪♫

Tiny bubbles!

Hierdie is oulik, maar laat ek julle vertel die bubbles wat ek van Sondag af mee te doen het is wragtig nie ‘n grap nie… Ek is gedaan sakdoeke was. Altwee my spuite ek meer spruite het verkoue. Dis ‘n genies en ‘n geproes en ‘n gesnuif vir ‘n vale. Ek is op!!!! Dis net neusies afvee, ogies afvee, lyfies vryf, troos, toemaar, toemaar, ag siestog, warm baddens en simpatie van opstaantyd tot opstaantyd! Julle weet mos siek kinders slaap nie… O, die vreugdes van ma-wees!  Oik, Ouboet is vreeslik trots, hy sê sy bubbles is groter as sussie s’n!!

18 Responses to ♫♪Bubbles, bubbles, bubbles, bubbles♪♫

  1. Adrie says:

    Het die kinders dan nie ook ‘n pa nie?

  2. Pikkelik says:

    Adrie, sit kind, moenie vir jou so slim hou nie… Natuurlik het hulle ‘n Pa!!! Bogsnuiter, hoe dink jy kry mens kinders – beslis nie met die ooievaar nie – maar nou is dit so dat Pa ook siek is…. Oggie Toggie!!! Gelukkig hoef ek nie sy neus ook af te vee nie…

  3. Adrie says:

    Ek dog ‘n mens gaan hospitaal toe en kies dan ‘n baba.

    Ek wonder net hoekom die ma altyd vir snotneuse moet opstaan. Die pa kan seker ook opstaan.

    (Ek sal maar eerder niks se van hoe ‘n mens babas kry nie, almal is klaar vies oor die bulle.)

  4. Wipneus! says:

    O my genade hier gaan die bulle ding by jou ook aan Pikkie, ons blogs is vandag die ene bul melk stories😆

  5. Zee says:

    Pikkie, ek wonder wie se bubbles is die grootse…
    Myne, Zeethan of jou twee spruite sin😆 (OK, en ook die seerste)

    Ek loop nou met vaseline in my handsak vir my neus, slaap met dit onder die kussing net incase!

  6. Zee says:

    O, en Adrie, kleingoed soek hulle mamma’s as hulle siek is, was jy nooit klein nie? Pa’s speel met hulle!

    Mmmm, ek soek ook nou my mamma!

  7. Adrie says:

    Zee

    Ek was die oudste, moes myself grootmaak.

    Kieme is mos te bang vir my, ek raak nooit siek nie.

  8. Zee says:

    Pikkie, ek dink ons moet vir Adrie ‘n baba in die hande kry………..

  9. Adrie says:

    Zee

    Ek het al lankal my bestelling by Pikkie geplaas, maar sy se net nee. Kyk asb of jy haar kan oortuig.

  10. Pikkelik says:

    Adri, ek het nounet van plan verander. More se les: Les nommer 2: Wanneer ‘n mamma nie meer babas kan kry nie!!!!! 😆

  11. Adrie says:

    Pikkie

    Asb, moenie my e vergeet nie. Adri is tewe. AdriE is bitches.

    Ek het so uitgesien na more se les, maar nou gaan ek klas bank.

  12. Salomè says:

    Sterkte met die “bubbles” .Ek hoop net jy het die e-mail oor gevaarlike medisyne gesien want ek het een van daai genoemde botteljies in my kas gehad.

    Zee
    Gelukkig soek ons kleingoed vir Pa as hulle olik is. Maar ek moet sê, ek cuddle ok lekker by hom in as ek olik voel.

  13. Wipneus! says:

    Pikkie ek hoop jou twee kaboutertjies word gou beter.

  14. BB says:

    Ek het ‘n vriendin (nee nie Lisa nie😉 ) – sy kan snotneusies GLADNIE handle nie. Jy kan haar enige dag ‘n poefdoek gee om te ruil, maar o wee – die neusstorie is vir haar een te veel. En haar kleintjie is boonop nogals geseën met hooikoors en ‘bubbles’ van kleintyd af.
    Ek kan nog onthou hoe die kleintjies hulle gesigte wegdraai nes jy daai tissue so om hulle neusies vou – en dan sit die streep amper reg rondom die agterkoppie🙂
    Sterkte Pikkie!! x

  15. Pikkelik says:

    Whahaha @ BB – Die probleem is, hulle vryf hulle neusies sommer enige plek wat sag lyk. Dis nou op my klere – ek’t gister 6 keer skoon aangetrek om van die slakstrepe op my klere ontslae te raak….

  16. Zee says:

    Pikkie, hoe gaan dit met die ♪♫ Tiny Bubbles ♪♫

  17. Pikkelik says:

    Ag Zee, die bubbles is nou besig om te verander in wurms. Die bleddie slakstrepe maak my klaar. En nou sny poppedyn nog haar boonste kiestande ook. Oi…. / me is op!

  18. Zee says:

    Pikkie, ek sit met twee bottels “tandekry” mengsels van Mopanie apteek by die huis. (Dankie weer vir die raad!) Sodra ek vermoed van tandkry gaan dit ‘n pad kry na Zee se liggaampie toe. Ek kan nie verstaan dat hulle so siek word van tandekry nie. Met my eie twee het ek nie eers geweet hulle sny tande tot dit daar was nie.

    Sterkte daardie kant…..

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: