Monday Morning Madness…

Hierdie is een van daai seldsame inskrywings wat tot my spyt al meer en meer hier in die blik verskyn.  Maar die spreekwoord sê nie verniet, ‘wat die hart van vol is loop die mond van oor’ nie. 

Aan Al die Boere in Amdam en sommer almal wat belangstel:

Hiermee neem ek die vrymoedigheid om julle van ‘n heerlike dizzy height af goed en propperly uit te tjorts!  Julle is ‘n klomp ‘pennywise, pound foolish’ idiote!  Dit is op JULLE aandrang dat ons vir julle die winkel oopgemaak het, OMDAT julle dan nou kwansuis moeg was om ver afstande te ry om julle veevoer, medisyne, mieliemeel ens aan die hande te kry. 

Tot nou toe het ons, ons bes probeer om die lewe vir julle maklik te maak.  Julle koop ‘op die boek’ soos regte bleddie voortrekkers.  Julle kom betaal wanneer julle daarna voel…  Julle antwoord nie julle fone as julle sien dis ek wat bel nie.  Julle kak en kerm daagliks oor die pryse, (dieselfde pryse wat ons al drie keer die verhogings vir julle geabsorbeer het!), julle kak en kerm oor die voorraad wat nie beskikbaar is nie, (hemel tog ons kan nie veevoer poef nie, kyk julle nie nuus nie, sien julle nie ook dat roumateriaal bykans onbekombaar is nie), en dan het julle die damn vermetelheid om te besluit julle gaan maar liewer weer die afstande ry want die ander plekke se voer is goedkoper.  Is julle flippen onnosel???  Julle ry 80km om R3.50 op ‘n sak veevoer te spaar!  Verondersel jy van jou bakkie met ‘n sleepwa, hoeveel sakke kan jy laai, 15, 16!  Julle betaal meer vir julle brandstof as wat julle spaar op julle veevoer. 

Julle sê julle worry nie oor die gehalte nie, solank julle diere net kos het.  Wel, baie flippen geluk vir julle, gaan koop maar julle kak waar julle ‘n plekkie kry, onthou net die winter is op ons, moenie by my kom huil as julle diere se kondisie verswak en hulle vrek nie!!!!!

O ja, en baie bleddie geluk, ja ons is besig om ons gatte te sien, maar dit verseker ek julle, as julle net julle donnerse uitstaande skuld kom betaal is ons al amper weer op ons voete.  EN julle sal NIE en ek herhaal NIE hierdie Losmoertjies onderkry nie, want weet julle wat, ons is g-e-l-u-k-k-i-g.  Ons leef in vrede met mekaar.  Ons gee om vir mekaar en ons staan by mekaar.

So ter afsluiting:  Vlieg in julle glory in, met julle goedkoper veevoer, en mag julle diere floreer op die kak wat julle hulle voer.

(Skies Mynick, maar nou voel ek sommer stukke beter!!!)

 

12 Responses to Monday Morning Madness…

  1. Jaco says:

    Jinne, ek voel skoon sleg. En ek is nie eers skuldig nie.
    Op ‘n ernstige noot, sterkte daar. Dit is nooit lekker om te lees van ‘n besigheid wat sukkel nie

  2. Paula says:

    Sterkte vir jou!

  3. Adrie says:

    Pikkie

    Ai jong, sterkte. Ek hoop die dom donners kom lees hierso. Ek het in ‘n vorige lewe met boere gewerk en ek weet dit is nie maklik nie. Jy het hare op jou tande nodig om die ooms te oortuig.

    Iedergeval, moenie gaan le dat hulle kan trap nie.

  4. CheekyBum says:

    Pikkie

    Sterkte. Oor die algemeen is boere maar baie selfsugtig en selfgesentreerd.

    Hulle besef nie wat hulle het tot dit nie meer daar is nie.

    Hoop dit gaan gou beter :o)

  5. Hardkoppige, eiewyse bliksems as hulle die dag lus het!!! Sterkte vrou!

  6. Wipneus! says:

    😯 hulle sal weer terug kruip, petrol is baie duur.
    Sterkte Pikkie

  7. netjane says:

    Sjoe, ek het nie gedink jy kan so kwaad word nie! Ek hoop jy voel vreeslik gou beter, die skuld op die boek verdwyn oornag en jou bloeddruk daal weer na normale vlakke toe.

    Miskien moet jy bietjie gaan boomklim?

  8. BB says:

    Sterkte!!

  9. neykie says:

    jy klink om gedonner. maar sterkte vir julle

  10. Moenie toelaat dat hulle op jou trap nie. Veg terug.

  11. Dellie says:

    Dis goed dat jy hulle uitkak, maar ek dink jy moet hierdie briefie vir hulle pos! Rerig! Jy kan hulle nie teen die kop gaan klap nie, maar die sal hulle dalk so bietjie skud.

    Sterkte jong, moenie dat hulle julle omploeg nie!😉

  12. Pikkelik says:

    Dankie vir almal se sterktes en nee moenie worry nie hulle sal my nie onderkry nie, hier veg ek nie net vir myself nie, maar ook vir my kinders se toekoms! :mrgreen:

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: