Matrieknaargeit – ek meen afskeid…

Rosalind het ons getag vir ons matriekafskeid rokke.  Dit is dan ook al foto wat ek kry, en mense ek het ALMAL se albums deurgegaan, tot my ouma s’n.  Ek moet eers sê ek het hierdie foto op 4 verskillende programme probeer dokter, brush, paint en niks lyk beter nie.  So vat hom nou maar in sy oorspronklike staat.  O wat ‘n aand.  Ons mag net matriekseuns uit ons skool vergesel het.  My vriend was so twee jaar ouer as ek so ek besluit toe maar om alleen te gaan.  My kleinboet het egter planne van sy eie gehad en vir my ‘n date gereel….    O aarde sluk my in,  dit was rerig nie ‘n slegte outjie nie, ek onthou sy naam was Graham maar as jou boetie darem vir jou ‘n date reel vir die afskeid, dit was al te vernederend.   Gelukkig is dit ‘n baie slegte foto.  So brace yourself en vat dit soos dit kom.

 

14 Responses to Matrieknaargeit – ek meen afskeid…

  1. netjane says:

    Love the eyeshadow baby!

    Geen rede om die foto te edit nie!

  2. Wipneus! says:

    Pikkie waar het ons jare heen gevlieg?

    Jy was ‘n oulike matriek afskeid “date”, die Graham mannetjie sou hom wat verbeel.🙂

  3. Pikkelik says:

    Netjane – as jy in die land van die Romeine is…. en in any way dit was mode. Al slat jy my vandag morsdood sal ek nie weer sulke blou goeters aan my oë en opgetiesde hare dra nie… O die foute van die jeug…

  4. Pikkelik says:

    Wipneus – ja wat sal ek nou sê, hiehie, ek was die aand 9:30 al weer tuis, reg vir die bed….

  5. Wipneus! says:

    Pikkie blou oë was die mode….. tsk

  6. Roer says:

    Ag ma, die onskuldige gesiggie van jeug. Jy’t fraai gelyk man. Botter kan nie in daai mondjie smelt nie. Boetie het goed geweet hoe om sussie te ‘beskerm’.

  7. Adrie says:

    Graham ouens is goeie ouens. Kan nie verstaan hoekom julle so vroeg terug was nie.

  8. Wipneus! says:

    Adrie want ons was nog “onskuldig” daarom was ons vroeg terug 😆

  9. Eendjie says:

    Pragtige foto Pikkelik. Nice rok ook.
    Die eyeshadow..mmm…wel ja….maar daai tyd was dit hoog mode. Onthou jy nog vir Agnetha Faltskog van ABBA?? Almal wou mos soos sy lyk!

  10. René says:

    Oelala, lekker sexy né! Ai, die matriekafskeid-foto’s is vet pret! Wanneer begin ons troufoto’s wys? Ons wag net vir NetJane om te trou, dan gaan ek julle almal tag!!

  11. neykie says:

    valiant swart ” sy dra te veel eyeshadow” 😆

    jy lyk cute nes jy is- en ek sou darem nie dat my suster alleen na ‘n matriekafskeid gaan nie-

  12. Emil says:

    Ja nee – die eyeshadow is opvallend. Die “gewaagde” oop skouers ook😆

  13. Dellie says:

    Ag dis ‘n baie nice foto, ten spyte van die eyeshadow en die groot hare… Ek kan ongelukkig nie myne deel nie, want ek HET nie ene nie. Net na ons troue is daar by ons ingebreek, die vidoe masjien met trou-video en al die albums is gesteel. Can you believe it! Wat te donner wou hulle doen met ons foto’s?😯

  14. baby,baby, jy is nie ‘n chicken nie, maar ‘n hele trop brawe ganse! nice! en dankie😉

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: