G@tvol…

Tigger


Dit was ‘n lang, moeisame, koue dag in Amsterdam en as ek hierdie springende, hoppende, gestreepte bleddie gedroggie nog een keer, en ek bedoel nog net een keer moet aanskou pleeg ek DVD moord. Ek sweer ek druk daai DVD in die Dover dat hy soos ‘n konsertina lyk as hy daar uitkom. Ek het vandag vir Winnie en sy vriende nie minder as 7 keer gekyk… Oik – Ek is te bang om te gaan slaap, raai wat gaan ek droom??….

14 Responses to G@tvol…

  1. maxie says:

    Hehehe Pikkelik, al my simpatie. Het dieselfde gevoel oor Barney en Aladin, jare terug. Kan nou nog nie daai pers gedoente (Barney) hanteer nie!

  2. Barney is ook virmy een te veel en ek HAAT Winnie the Pooh! Ek sal daai dom beer bliksem as ek hom ooit moet sien om nie eers van daai pienk ding te praat nie! Ek hou net van die donkie…

  3. Wipneus! says:

    😆 Pikkie nou hierdie is ‘n ander saak, ‘n ander deel van my moet ek alweer openbaar. Genade een van die dae, ken almal my en dink ek is so mal soos ‘n dak haas. 😆

    In die maand wat verby is, het ek Jacques gestuur om die hele versameling Liewe Heksie op DVD te koop. Ek koop gereeld al die kinder karakter DVD’s of animated flieks. Nee ek het nog nie kleinkinders nie. Ek maak dit bymekaar vir as die kleinkinders daar is…..en al die kinders wat hier kom kuier, is stroopsoet as ek vir hulle ‘n fliek opsit met ‘n groot pak springmielies en sjokelade….. Om alles saam te vat ek versamel ook “kinder vriendelike DVD’s…
    hoe’s daai gestel vir ‘n vrou wat altyd aan die een of ander versamelaar sindroom ly en dit wil wegsteek 😆

  4. Wipneus! says:

    Kaalvoet whaahaahaa ek sien nou eers jou comment jy moet dit maar geniet om saam jou “terries” Barney en Winnie te kyk hoor …… alhoewel juffrou om enige violence uit te weg te ruim dink ek jy moet maar liewer donkie dvd’s wys…..

  5. Pikkelik says:

    Wip, dis juis my punt, die klein mannetjie het elke denkbare DVD vir kinders wat beskikbaar is, hoekom, maar hoekom moet ek dieselfde een 7 keer kyk!!! Kinders is Weird!! En Ja ek weet dis ‘n fase wat hy deurgaan, so was ek al ‘n paar honderd keer deur Madagaskar, Kareltjie Kameelperd, Haasdas, Peter Pan, Barnyard, Over the Hedge, Back on the Range, Spirit……………….

  6. TristonJ says:

    Whahaha… ek voel so oor Barney op die oomblik, as Triston se oe oop gaan moet die ding aan… al kyk hy nie eers dit moet daar in die agtergrond wees!😯

  7. Wipneus! says:

    Pikkie dit klink of jy al die dvd’s, soos ‘n gediggie kan opsê😆
    Poppedyn gaan hulle ook nog aanhoudend kyk…… ha ha ha

  8. Pikkelik says:

    LJGA – dis maar reg, jou beurt kom nog “Ouma”!

  9. CheekyBum says:

    lol ek het destyds min of meer dieselfde oor die teletubbies gevoel

  10. Ek kon nadat Madagascar uitgekom het naderhand die hele ding woord vir woord opsê. Maar ons kom almal daardeur. Byt vas.

  11. Adrie says:

    Ek HAAT ook Barney met ‘n passie.

    Ek koop nie kinder DVD’s nie, maar kan kinderboeke nie weerstaan nie. Ek koop hulle asof dit uit die mode gaan, ek is bang hulle gaan uit die mode. Veral die Afrikaanse boeke.

    En nee, ek bere dit nie vir die kinders eendag nie. Dit is my boeke. Ek geniet hulle.

  12. Wipneus! says:

    Adrie is ‘n baba ♪ Adrie lees baba boeke♪ ♪ 😛

    Pikkie as my beurt kom is ek reg vir daardie “terries” ek het al die amo om hulle stil en rustig tv te laat kyk, of hulle besig te hou….verder sal ek jou bel vir raad …as ek dit nie meer kan uithou nie 😆

    Mmm ek sien Mynick word alweer verlei met die “krag van liefde” (power of love is baie mooi) !!! Arme man hy moet ook maar oppas, dit lyk of ‘n hok sy voorland is…. 😆

  13. Adrie says:

    Wip kyk baba dvd’s!!!! En dan blameer sy dit op kleinkinders wat nie eers daar is nie.

  14. Nee genade Wip! Ek waag dit nie om daai snert vir die kinders te wys nie! Ek praat nou sommer van my ousus se seuns wat my altyd die goed saam met hulle maak kyk het. Een van die flieks wat regtig nice is, maar waarvan ek nou nog die dialoog uit my kop uit ken is Dinosaurs! Dit was/is ‘n 3D animasie reeks! BTW: Ek love liewe heksie en al die ander ou classics! Waar’s die dae…ek het vir die 2 seuns die Trompie DVD reeks gekoop laasjaar en hulle het dit nou geniet!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: