Witwarm oor Karstoel!

As daar nou een ding is wat my woedend kwaad maak is dit as ek mense sien wie se kinders nie in hul voertuie vasgemaak is nie.

Ek praat van ouderdomsverwante vasmaak.  ‘n Baba in ‘n babastoeltjie, groter kinders in ‘n booster-stoeltjie en daarna met ‘n veiligheidsgordel.  ‘n Kind STAAN nie tussen twee sitplekke nie, hy lê nie op die agterste sitplek nie, hy spring nie rond op die agterste sitplek nie, en erger nog, ‘n kind staan nooit, maar nooit op die voorste sitplek nie.  ‘n Baba sit nie sommer voor op mamma se skoot nie, of lê sommer voor by mamma se voete waar dit lekker warm is nie.  ‘n Kind hoort ook nooit maar nooit agter op ‘n oop bakkie nie.

Toe ons kinders was, was dit seker nog goed, want daar was eenvoudig nie soveel voertuie op die pad nie.  Die mense het versigtiger bestuur EN die voertuie was van yster gemaak nie van papier soos vandag se voertuie nie. 

Jy kan seker sê, maar ek ry versigtig.  Meneer, mevrou, dis nie oor hoe versigtig JY ry nie, dit is die ander motoriste op die pad wat nie so versigtig ry nie.  Ek hoor julle sê Karstoeltjies en Booster-stoeltjies is duur – wel wat dink jy is die prys van jou kind se lewe!  Kan jy vir jou ‘n nuwe kind gaan koop???

“My kind skree blou-moord as ek hom in die stoeltjie wil vasmaak”  –  Wel, tuff luck vir hom.  Dan moet hy maar skree of by die huis bly.  Dit is nie onderhandelbaar nie.  Dis nie ‘n kwessie van die geel of die rooi hempie vandag aantrek nie, dis jou kind se lewe waarvan ons hier praat.

Dis so ongemaklik vir hulle – nonsens, het jy al gesien hoe lekker kan ‘n kind sit en slaap in daardie stoeltjies!  Kar ry is ongemaklik, punt, live with it!

“Ag, ons ry net gou kafee toe” – en op die hoek ry ‘n vragmotor in jou vas.  Jy kan nie veiligheid meet aan die afstand wat jy ry nie.

“Dis ‘n lang pad, hulle word moeg.”  –  Nou kan jy nie stop en uitklim en bene rek nie? 

“Hulle is geirriteerd as hulle vasgemaak is”  –  Ek is so jammer om van hulle bollie te hoor!

Ons kan seker honderde verskonings uitdink waarom ons dink dit is nie nodig om ons kinders vas te maak nie, maar ek waarborg julle, as julle al een van daai verminkte lyfies gesien het wat GEREELD by Ongevalle afdelings van hospitale ingebring word, sal julle ‘n ander deuntjie sing.

Ons braak gal oor kinderregte en kinderverwaarlosing en wat ons kan doen om te help – begin eenvoudig om jou kind vas te maak.  ALTYD!!!  Om ‘n kind los in ‘n voertuig te laat beweeg grens aan verwaarlosing, ek wil amper so ver gaan om te sê dit grens aan poging tot moord.

Julle kan hier meer gaan lees oor die onderwerp.

Goed, nou voel ek beter.  Lekker slaap en verskoon tog maar die galaanval…

20 Responses to Witwarm oor Karstoel!

  1. netjane says:

    Ek het nie eens kinders nie en ek stem saam Pikkie.

    Wat my de bliksem in maak is die mense wat dink dis so oulik as ouboet op pappa se skoot sit en die bakkie “bestuur”. Tot hy daai kar tot in my in bestuur en dit dan somehow my skuld is!

    Dan wil ek nie eens begin praat oor die 4-wiel motorfietse wat in die woonbuurte rondry nie, want “die paaie is so stil”. Die kind het nie ‘n lisensie nie, dis nie ‘n gelisensieerde voertuig nie en nie vir gebruik op openbare paaie bedoel nie. Punt.

  2. Wipneus! says:

    Heita!!! Ek het jou aangesteek!!

    Ek stem 110% saam met jou! As jy lief is vir jou kind, “strap” hom vas in daardie karstoeltjie.

  3. netjane says:

    Post ek en jy so saam-saam Wipneus! Kop-aan-kop botsing!

  4. Adrie says:

    Ek is ook heel te maal daarteen gekant. Ek laat nie kinders in my kar ry nie, want ek het nie ‘n karstoeltjie nie. Dit is die eerste ding wat ek sal koop as ek die dag swanger is. Mense gaan eers leer die dag wat hulle van poging tot moord aangekla word oor ‘n kind wat nie vasgemaak is nie. Ek sien dit so dikwels, ek is seker ten minste 70% van ouers gee nie ‘n fok om nie.

  5. Wipneus! says:

    Netjane ek stem saam met jou oor die 4 wiel motorfietse, hier by ons was nou die dag ‘n vreeslike ongeluk met 1 van hierdie motofietse wat kop aan kop met ‘n kar gebots het. En hulle jaag daardie fietse teen ‘n vreeslike spoed.
    Die ergste is, so klein entjie van ons af, is daar ‘n plek waar hulle gewoonlik hierdie fietse ry . Maar nee dit jaag eerder hier in die strate op en af…tot hulle seerkry.

  6. CheekyBum says:

    Dis seker waar dat ‘n kind in ‘n karstoeltjie moet wees en ek dink hier by ons is dit selfs wet, ek dink net, voordat jy mense oordeel in so ‘n geval…sover ek kan onthou was dit selfs vir my destyds amper onmoontik om ‘n karstoeltjie te bekostig. Dis ontsettend duur en ‘n risiko om tweedehands aan te koop omdat jy nie weet of dit reeds in ‘n ongeluk betrokke was nie.

  7. Gert Gariep says:

    Ek stem, Pikkie!

    O ja, ek die gewoonte om vingertekens te gooi wanneer ek dit sien.

    As jou kind dus op die voorste sitplek rondstaan en jy kry Die Vinger, moenie wonder hoekom nie.

  8. Ek stem 100% saam. Jou kind se lewe is baie meer werd en ek het al gesien hoe dit lyk as ‘n kind voor sit in ‘n botsing en ek het op skool ‘n vriendin verloor agter op ‘n bakkie (wat wel ‘n canopy opgehad het).
    My pa het geweier om die kar aan te sluit voor ek en my broer nie vasgemaak was op die agterste sitplek nie al het ons hoe gemoan daaroor. Ek dink soms was dit ook maar om ons uitmekaar se hare te hou😉 maar meer vir veiligheid!

  9. krista says:

    Ek stem!

  10. BB says:

    Ek het net laas week (weer! ek doen dit sonder om te lank te dink) uit my motor geklim by ‘n (rooi) verkeerslig en die mamma in die kar voor my se liviete vir haar voorgelees – gently yet firmly. Raai wat seg sy terwyl sy haar venster toedraai: “en?? jou punt is?? F… jou!”
    Ek smile eintlik nou nog so by myseld, want die kleintjie wat gestaan en dans het op die passasiersitplek het so tydens my relaas al met die rugleuning af ge-slide en met groot ogies plat op sy alie gaan sit. Ek dink sy moes hom daar losskeur toe hulle by die huis kom😆

  11. Pikkelik says:

    Hallo almal wat saamstem, enige mens met verstand sal saamstem.
    Cheeky, ek hoor duidelik wat jy sê, maar as iemand duisende rande ‘n maand aan ‘n voertuigpaaiement en versekering kan betaal, of aan sigarette en drank, of wat ookal, sal jy ‘n karstoeltjie kan bekostig. Ek het ook onlangs ‘n baie goeie karstoetjie gesien (splinternuut) vir onder die R800.00) as jy hoor jy is swanger en jy sit net elke maand R100.00 weg kan jy dit mos bekostig dan nie!!!

  12. Pikkelik says:

    BB Mooi so man, ek like jou style… 😆

  13. Paula says:

    Ek is met jou!
    Ek sien ook al te veel kinders wat sommer so staan-staan en op ma-se-skoot vervoer word. Moet hulle karre sommer met ‘n paintball of so iets bykom! Merk hulle! Hulle sal beslis dit nie weer doen nie!

  14. CheekyBum says:

    Dis waar, my sienspunt sal dalk bietjie verskil van meeste mense s’n want ek was al self daar. So ignoreer maar net my comment Pikkelik :o)

  15. Pikkelik says:

    Cheekybum – O never…. net omdat jy nie met die ander saamstem nie, beteken nie ek gaan jou comment delete nie. My hel, elke mens het ‘n reg op ‘n opinie en dan maak joune nog sin ook so relax. Ek weet die blerrie goed is duur, heeltemal te duur as jy my vra, die punt is net dat ‘n mens ‘n plan moet maak! Jy kan nie weer vir jou ‘n ander kind gaan koop nie!

  16. CheekyBum says:

    Dit weet ek net so goed. Ek se nie dis reg dat mense nie karstoeltjies gebruik nie, inteendeel. Ek stem volkome saam en dit maak my vreeslik kwaad dat mense hulle kinders net so in ‘n kar laat ry, maar hulle stop voor ‘n drankwinkel. Dis verkeerd. My punt is dat ek nie sommer oordeel nie, Suid Afrikaners kry baie swaar en dis amper hartseer om te dink dat mense soveel geld maak uit die blote feit dat jy jou kind veilig wil hou.

  17. Ek doen baie derdepartyeise namens beseerdes wat ons indien by die padongelukkefonds. Dit is altyd baie hartseer om te sien hoeveel meer beserings daar is, as die persoon nie ‘n veiligheidsgordel gedra het nie. Ek stem 100% saam, as jy nie vir jouself omgee nie, gee ten minste vir jou kinders om.

  18. maxie says:

    ((Pikkie)) My sentiments exactly. Hoe ek nooit hierdie post raakgelees het nie, gaan my verstand te bowe. Welgedaan! Ek is baie passievol oor die betrokke onderwerp en het weer daaraan gedink toe Roos iets daaroor gemeld het. ‘n Nabye familielid is op ‘n brose 12 oorlede in ‘n ongeluk, wat nie sou gebeur het as sy doodeenvoudig net haar gordel aangehad het nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: