Tulip tree

Elke jaar kyk ek net na my Tulip tree Liriodendron tulipifera ) om te weet wanneer dit herfs is, en hierdie jaar het hy my weereens nie teleurgestel nie. 

Die boom is een van die mooiste goed denkbaar.  Die lekkerste van alles is seker dat dit ‘n boom is wat gemaak is vir boomklim!  Sy tappe spiraal letterlik boontoe, sodat daar altyd plek is om jou voet neer te sit. 

In die somer is dit hierdie lieflike groen blare met sy blomme wat amper soos ‘n tulp lyk wat my tuin versier, maar kom herfs is dit die mooiste gesig denkbaar! 

Sy blare lyk so:

Sy blomme lyk so, maar jy moet mooi kyk om hulle te sien, daai blare steek hulle goed weg:

Ongelukkig staan hierdie boom aan die rand van die Amandelboord en nie naby my huis nie.  Maar ook beslis een van my gunstelinge.

So as julle my weer soek, en julle kry my nie in en om die huis nie,  gaan kyk maar daar in die boom se takke, ek sal wel daar iewers wees!!!!!!

22 Responses to Tulip tree

  1. Adrie says:

    Pik

    Lees ek reg? Klim jy boom? As dit die geval is, is ek moerse trots op jou.

    Ek wil nog eendag ‘n boomhuis he, my eie persoonlike plek waar net ek welkom is.

  2. Pikkelik says:

    @ Adrie – my wegkruiptaktiek, be-oefen dit al van kleins af, kon nog nooit ophou nie, waardigheid ten spyt!

  3. Adrie says:

    Pikkie

    Ek kry nie ‘n boom met takke wat sterk genoeg is nie.

  4. Pikkelik says:

    Adrie – Soek ‘n akkerboom, helse sterk takke. Sit ‘n leer teen die stam om by die takke by te kom…

  5. Adrie says:

    Hier is net Jacarandas waar ek is.

  6. netjane says:

    Jy’t regtig vreeslike mooi bome in jou tuin – lucky girl!

  7. Paula says:

    Pragtige blom!
    Ek was ook mal oor boomklim toe ek ‘n kind was, maar die ouderdom laat nie meer sulke dinge toe nie. Miskien eerdag tog weer probeer en hoop ek sit nie vas daar in die hoogte nie🙂

  8. neykie says:

    die reuk van ‘n “yesterday today and tommorow” maak my net rustig.

    Pragtige blom

  9. Dellie says:

    Ek lief die blare se herfkleure.

    En jy klim nog boom?😆 Ek wens ek kon nog, maar ek is altyd te bang ek kan nie weer af nie! Imagine die brandweer deur Welkom se hoofstraat om ‘n simpel vrou uit ‘n boom uit te kom haal… hehe!

  10. Pikkelik says:

    Adrie – sal vir jou ‘n steggie stuur, miskien is hy so oor 30 jaar klimbaar – (dan’s jy nie meer nie!)
    Netjane – Watch this space, dis net die begin.
    Paula – Probeer dit tog, dis heerlik 😳
    Neykie – Yesterday today & tommorow staan voor die agterdeur, maar o wee, daai outjie gee my hooikoors
    Dellie – ek sien al die rooi waens om daai sirkels kaskenades uithaal!

  11. meermin says:

    WAT ‘N MOOIE BOOM! Ek kan my ook verkyk na al hierdie mooi herfsblare aan die bome, daar is darem maar niks mooier as die blare so verkleur voor die afval nie, maar eish daai optel is nou weer ‘n ander storie! Glo my ek het so paar bome en struike in my tuin wat berge en berge blare verloor!

  12. Pikkelik says:

    Meermin – o ek glo jou, en ek weet, ek is nogal heel handig met ‘n blaarsuier!

  13. Wipneus! says:

    Wat is nou mooier as ‘n boom…. ek hou ook van wegkruip, maar ek sal maar die boomklimmery “skip” 😆

  14. Boomklim is lekker en ek het in matriek nog ‘n boomhuis gehad…tot my moeder se afgryse! Ek was ‘n vreeslike tomboy, maar ek reken ek het die ergste streke ontgroei😉

  15. Pikkelik says:

    Wip, jy weet nie wat jy mis nie, dis heerlike oefening en ek en Ouboet kan dit saam doen!
    Kaalvoet – Mooi so kameraad! (is daar nie bome in Korea nie???)

  16. Salomè says:

    Pikkelik
    Adrie moet maar my Akkerboom kom klim, sy weet waar hy staan. Ek lief ok die herfsblare. Het ‘n ander boom in ons erf wat amper sulke blare het soos joune, en hy het “rooi” herfsblare. – maar die liewe hark en optel . . .

  17. Pikkelik says:

    Salomè – Hark en optel???? Nee mag, ek het meer as 150 bome in die erf kan jy jou voorstel ek moet al daai blare hark en optel- never – die wat op die gras val is die grassnyer se werk en die wat in die beddings val suig ons op met die blaarsuier. En ja, ons doen dit self, arbeid hier by ons is of onwettig (van Swaziland) of onbetaalbaar duur!

  18. Wipneus! says:

    Pikkie ek hoor van oefening, ek sal eerder 3 keer om die huis hardloop ten minste sal ek nie gebreekte arms en bene hê nie 😆

  19. Pikkelik says:

    Wipneus – tssk, tssk, tssk! Jy is net jaloers man. Hardloop is baie sleg vir die knieë! Wat soek jy hier as ek daar by jou is?

  20. Salomè says:

    Pikkie
    Ek het maar net 5 groot bome agter in die tuin wat so mors, maar dis meeste van die tyd oudste se werk om te hark – nou is ek ok van die ongedurige soort wat nie kan staan en kyk nie -mind you, dis goeie oefening vir die middeltjie en bo-arms.

  21. Hier is baie bome in Korea, maar hulle is nie klimbaar nie, veral nie die Ginko bome nie! Kan jy jou nou indink as ek met ‘n leer by daai hoe takke probeer uitkom???Die Koreane kraam 7 soorte krimpvarkies🙂

  22. Louisa says:

    Wow! Dis ‘n pragtige boom – ek het nog nooit so een gesien nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: