Sterkfonteingrotte

Ek is geskok!  Ek kan amper nie glo wat ek nou gelees het nie.  Ek het vir die grootste gedeelte van my lewe sover aan die Wesrand gebly.  Ek wil amper sê my hele lewe speel daar af.  Ek het daar grootgeword, Laerskool en Hoërskool toe gegaan, my eerste werk was daar, en daar het ek gebly tot ongeveer 7 jaar gelede. 

Die Sterkfonteingrotte was my uithangplek.  Ek kan nie eers vir julle sê hoeveel keer ek daar was nie.  Ek dink net met my toegangsgeld alleen kan ek al aandele in daardie plek koop!  Wat nog te sê die Renosterpark!  Die stukkie aarde word die ‘Wieg van die Mensdom’ genoem as gevolg van die fossiele en dies meer wat daar gevind is. 

In vandag se Beeld lees ek toe hierdie berig.  Daarin staan ondermeer:

“Luidens ’n verslag wat deur die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing (FVO) beskikbaar gestel is, het goudmynbou die afgelope 120 jaar gelei tot ’n leegte van byna 45 miljoen m3 onder die Wes-Rand. Dit het die westelike deel van die Witwatersrand se hele geologie versteur.

Benewens die onstabiliteit wat die uitgeholde deel veroorsaak, vreet suurmynwater die dolomiete weg en verhoog die moontlikheid van sinkgate, veral in die gebied noord van Krugersdorp.

Verder sê die berig:

“Die suurwater het in ’n natuurlike wateropgaarplek begin uitborrel. Dit op sigself is ’n resep vir ’n ramp, veral wat die vorming van sinkgate betref, maar selfs erger: Die hele gebied noordwaarts van die ou boorgat waar die suurwater (steeds) uitborrel, is ’n verklaarde wêrelderfenisgebied.

“Die Wieg van die Mensdom is veronderstel om baie belangrike fossiele en grotte vir toekomstige geslagte te bewaar.

My vraag is nou, kon iemand dit nie vroeër agtergekom het nie?  Omtrent so 25 jaar (of meer) gelede, ek kan nie presies onthou nie, het daar ‘n enorme sinkgat tussen Randfontein en Krugersdorp ingesak.  Die pad wat Randfontein met Krugersdorp-Wes verbind het (Ek dink dit was die Tweelopies-pad) is heeltemal gesluit omdat meer as die helfte van die pad ingesak het.  Verder het daar omtrent ‘n jaar gelede nog ‘n sinkgat net langs die spoorlyn tussen Randfontein en Krugersdorp ook ingeval.  Wat ek eintlik hiermee wil sê is dat daar byna drie dekades verbygegaan het voordat iemand besluit het om iets aan die saak te doen.

Wat gaan van ons mooiste land oorbly as mynbou en industrieë maar net onverstoord voortgaan om te maak soos hulle wil?  Daai plekke wou ek nog vir my kinders gaan wys het as hulle groter is!

Ek wens net EK het geweet wat ek kan doen om ons land vir ons kinders te bewaar ….

(Foto: Wikipedia)

9 Responses to Sterkfonteingrotte

  1. Wipneus! says:

    Ek het jou mos gesê ons trek ons planeet deur ons agterente.
    Hulle het daarvan geweet, hulle ignoreer dit. Hulle dink of besluit hulle sal later daaraan aandag gee. Later kom nooit …..of hulle wil iets doen as dit alreeds te laat is.

  2. Jasper says:

    Tot iemand doodgaan met so insakking. En met die regering soos hy nou daaruit sien wonder ek of selfs die dood iets aan die situasie sal doen😕

  3. Rustig says:

    Kapitaliste en “greed” ken geen perke nie. Everything for a dollar. Hele Johannesburg gaan weg sink soos Atlantis.

  4. netjane says:

    Pikkie – hoe gaan ‘n Wesrand girl van die groot stad na die baie klein dorp? Love conquers all?

  5. sonkind says:

    Dis nie net dit nie – ons seelewe is ook naby uitgeroei deur stropers en die see-inspekteure is magteloos om hulle te keer. Ons kleinkinders sal ‘n perlemoen en ‘n kreef ook seker net eendag in ‘n museum kan sien. En die visse word al hoe kleiner en minder.

    Die mens is die aarde se grootste vyand.

  6. Adrie says:

    Daardie myne het SA baie lank gevoer. Dit het gehelp dat ons nie vandag almal in armoede verval is nie. Daarom is die debat glad nie eenvoudig nie.

    Kom ons gaan uit op die veronderstelling dat myne, industriee en die staat verantwoordlikheid aanvaar vir die gemors. Wat moet hulle doen om dit reg te stel?

    Dit sal werk en geleendhede skep vir mense wat kreatief is. As jy die gemors kan om keer, kan jy ‘n generasie of twee daarmee besig hou.

    Daar moet dringend iets aan grond en lugbesoedeling gedoen word. As daar in navorising bele word, kan iemand iets goed van die gemors doen. Dit kan die volk in die toekoms voer.

  7. Adrie says:

    Sonkind

    Ek wonder altyd. Daardie idioom van baie visse in die see – dit bestaan nie meer nie.

  8. platterfuss says:

    En… die mens is die MENS se grootste vyand!!!!!

  9. andre says:

    Hi my nam is Andre ek bly in u siulking pleuk maar die huis varter is ou joug ou. Ons ptaal om heer tu bly amel ptaal 2.600 en ons is 45 mensie wat heer. Bly ons kry neks vir wat ons heer ptaal nie die baas van die pleuk gubrek baie drugs met ons geld wat ons heer ptaal. Hy rant die mensie ook an van die mensie wat dood is is julliuk an gu rand asib help ons om h nienaber uit tu as die baas hy dreuk ook virskrukluk as hy drouk is dan rand hy die mensie an all die mensie is baie siek en kan nie hullie self nie help nie as hullie meer wil wet en ons help met die bropleem skakel my op 061 4475140 ek sal ales se en wat gu vra word asib ek vra jullie mensie baie moo! Wand die mensie vir den beter die HERE seun.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: