Favourite….

Nou ja, noudat al die gefees verby is, kan my lewe seker na normaal begin terugkeer, of wat ook al normaal in hierdie huishouding is.  Ek sit tans in ietwat van ‘n penarie, een van die vrouens wat in my huis werk is vir ‘n maand lank op ‘n rekenaar kursus, moontlik het sy gesien die Mevrou geniet hierdie speletjie en moontlik wil sy saamspeel, hoe ook al, ek het haar met liefde laat gaan want ek glo in geletterdheid.  Ons kan nie meer bekostig om nie te weet hoe, waar en wat nie. 

Die punt is, ek moet nou self uitspring en bontstaan in die huis.  En dit bring my by die onderwerp.  Ek kan gladnie my gunsteling ‘favourite’ resep maak nie….   Weens omstandighede buite my beheer!!!!!! 

Kom ek gee vir julle die resep, maar nou moet ek weereens om verskoning vra vir diegene wat nie in ‘n stad of ‘n redelike groot dorp bly nie.  Dit gaan nie werk nie.

Benodigdhede:

Nuutste of ten minste redelik onlangse plaaslike koerant; of gemorspos wat so gereeld met tussenposes in jou posbus gegooi word; of indien bogenoemde nie beskikbaar is nie, sal die plaaslike telefoongids ook werk, dit verg net ‘n bietjie meer inspanning.

Goed nou neem jy die koerant/gemorspos/telefoongids en sit dit op die kassie langs die telefoon.  Maak nou jou oë toe en ‘sien’ die kos wat jy wil eet. Reg, wat sien jy, o, Lasagne!!!  Bravo die eerste stap is afgehandel.

Neem nou jou koerant/pamflet/telefoongids en soek ‘n telefoonnommer van ‘n betroubare Italiaanse restaurant.  Neem volgende jou telefoon en skakel die nommer.  Plaas jou bestelling en vra dat dit by jou huis afgelewer moet word.

Wag nou vir ongeveer 20 minute – daar is ongelukkig nie ‘n vasgestelde tyd nie want dit verskil van voorstad tot voorstad maar dit neem gewoontlik nie langer as ‘n uur nie.  Maar moenie jou tyd mors nie, dek solank die tafel, sit die kerse op en verkoel die wyn.

Sodra die voordeurklokkie lui weet jy jou maaltyd is gereed.  Haal dit uit die karton uit en sit dit in voorafverhitte bakke.  Roep die familie nader en sit aan om te eet.

Makliker as dit kan dit nie mense – ‘n ete uit die boonste rakke!!!!

Terwyl julle nou so lekker eet, dink tog aan my wat nie eers ‘n Spar in die dorp het nie en wat elke ete van scratch af moet maak.

Lekker dag en lekker eet!   

(Opgedra aan Skoor: http://skoorkos.wordpress.com/ )

12 Responses to Favourite….

  1. Adrie says:

    He He He

    Ek is darem nie so lui nie. Ek koop iets oppad huis toe. Of dit is klaar gevries in my yskas.

  2. Pikkelik says:

    @Adrie – Selfde ding net ‘n ander sous! 😆

  3. Zee says:

    Pikkie, my soort van n resep hierdie. Nie dat ek nou nie ‘n stoof het of so nie, ek verbrand altyd alles. Ek dink jou resep (of iets soortgelyks) is op die menu vannaand!😆

  4. Ons slaan so af en toe by die spar uit. Baie makliker as om self te kook.

  5. Wipneus! says:

    Mr Delivery, is my gunsteling persoon, maar in my huis mag hulle hom net “Mr D” noem. Julle sal die een verstaan😉

    Ek vra elkeen om te kies vanaf die spyskaart, ek dial die nommer, vriendelike dames neem die bestelling. Ek sit heerlik agteroor en blog… Ding-dong….. Kos is op die tafel. Domestic duties afgehandel. 😆

    Gelukkig vir my gesin hou ek nogal van kook en bak, glo dit of nie.

  6. neykie says:

    lol dis sleg, bel my dan vries ek jou ‘n take away en stuur dit met spoedpos 😆

  7. Adrie says:

    Kook – soos in water vir koffie en tee?

    Bak – soos tan in die son?

    Wat het dit met eet te doen?

  8. Pikkelik says:

    Zee, ek dink ons behoort aan dieselfde unie! 😆
    Riaan, hmmm, naaste kettingwinkel is 48km ver, teen die tyd dat ek by die huis kom is die kos yskoud.
    Wipneus – Mr Wie???
    Neykie – Spoedpos wat 3 dae om hier te kom, sallie werk nie.
    Adrie – 🙄

    Ek moet bieg, my ma is die bakker en die koker… Dis haar fortè. Maar ek kom darem baie goed reg met daai oranje skewekoppakkies – julle weet mos daai, Royco Cook-in-Sauce soort! Ek dink dis hoekom ek Skoor se resepte laaik, dis heel eenvoudig, al is jy so domestic-gestremd soos ekke kan jy dit nog regkry! 😆

  9. Adrie says:

    Pikkie

    Jou aap is uit jou mou.

    Ons weet nou hoekom jy so dankbaar is dat jou ma’le bly by jou. Dit hou jou uit die kombuis uit.

  10. Dellie says:

    Dis presies die resep wat ons nodig het vanaand!😆

    Arme Liefie is nou al gatvol vir kosmaak. Ekself hou van kook, en ek KAN kook, maar ek is te siek om te ruik of te proe op hierdie stadium. Het die ander dag so toeneus probeer kook, maar die uitdrukking op sy gesig was genoeg om my te laat besef dat my tastebuds ook op strike is.

    So take away’s, hier kom ons!😉

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: