‘n Vrou van staal

Vanoggend draai daar weer ‘n ding in my rond.  Wanneer is iemand familie en wanneer draai die verhouding na vriendskap.  Kan familie vriende wees, en kan vriende familie wees?  Hoe definieer ‘n mens so ‘n verhouding; is dit familie of vriend?

Wat ek by wil uitkom is dat ek so ‘n familielid het, na regte is dit seker my Tannie – my Ma se skoonsuster – maar sy is veel meer as dit, sy is my vriendin.  Ons noem mekaar op die naam, ons deel mekaar se laste en vreugdes.  Ons ken mekaar se pyn en blydskap.  Selfs afstand het nie die vriendskap laat kwyn nie.

Sy is ‘n vrou van staal en vandag wil ek oor haar skryf.  Petro het as jong vrou die lewe geskenk aan twee pragtige seuns.  Na VYF miskrame en ‘n stilgeboorte het sy toe ook ‘n dogtertjie wat op 24 weke gebore is.  Ek weet nie wie van julle al so ‘n vroeggebore babatjie gesien het nie, dis ongelooflik.  Haar armpie was so dun soos ‘n potlood, haar beentjie so lank soos ‘n BIG-aansteker.  Die kleinste volmaakste mensie.  Dag en nag het sy by haar meisiekind in die hospitaal gesit.  Vertroetel, versorg, ondersteun, vir haar gesing, saam met haar gebid vir asem want haar asemhalingstelsel was nog heeltemal onderontwikkel.  Uiteindelik tuis was daar nie sprake van rus nie, sy het letterlik papiertjies op haar bed se kopstuk gehad met wanneer haar meisiekind watter medisyne moes kry, hoe laat die laaste voeding was, wanneer sy weer gevoed moes word ens.

Maar die dogter het groot geword en die lewe gaan aan.  Toe haar dogter 5 jaar oud is, ontdek hulle dat haar man kanker het.  Weereens moes sy rondspring om alles aan mekaar te hou.  Hulle besigheid, ingeneurswerke wat toerusting vir die myne maak, moes sy self aan die gang hou.  Swyswerk, skuurwerk, admin alles.  ‘n Jaar later is haar man oorlede en sy was verpletter. ‘n Mens verwag dit, weet dit gaan kom, maar as dit gebeur val jou wêreld uitmekaar.  Sy het ongelooflik swaargekry, maar sy het opgestaan en aangegaan, (met ‘n astronomiese hospitaalrekening).   Kort daarna is my Oupa (haar skoonpa) aan enfiseem oorlede, nog ‘n slag.  En skaars ‘n jaar na my Oupa se dood is haar oudste seun ook in ‘n motorfiets ongeluk oorlede. 

Maar van Iewers af het Petro weereens die krag gekry om aan te gaan.  Sy is nou onlangs na baie jare weer getroud met ‘n wonderlike man.  Ek was so dankbaar dat sy weer iemand gekry het wat haar troetel en ondersteun, maar nog was die einde nie in sig nie.  Verlede jaar her die helfte van hulle huis afgebrand, sy bel my en sê haar stiefseun is swanger (ok, sy meisie) en skaars ‘n week later bel sy my weer, haar seun se meisie is swanger.  En sy lag….

Haar motto in die lewe:  Rig jou oë na bo en jou knieë na onder.  En haar gunsteling spreekwoord:  This to will come to pass….

Petro ek saluut jou, en mag die jare wat vir jou oor is, geseënd wees.  Ek bid vir jou rykdom, voorspoed, liefde en vreugde toe.  Mag dit goed gaan…

11 Responses to ‘n Vrou van staal

  1. boendoe says:

    Ja-nee, vet weet, ek salueer haar ook. Ek glo in daai gesegde: krag na kruis, en kruis na krag. ‘n Sissie soos ek sou dit wraggies nie kon handle nie.

  2. Petro, ek staan op aandag. Vroue soos jy is ‘n voorbeeld vir die res van ons wat te maklik kerm en kla oor die kleinste goed.

  3. Wipneus! says:

    Voorwaar ‘n voorbeeld! Mag haar toekoms blink wees.

  4. neykie says:

    Vrou van staal- ‘n storie wat trane agter my oë gebring het.

    Sy het baie moed- sterkte vir haar. Jy is baie bevooreg om so vriendin te he.

    Liefde

  5. annedelicious says:

    my tippe vrou,sterk en vol krag,ek het krag gehat,eskom het dit afgeswitch,eish!

  6. sonkind says:

    Ek het gehuil omdat ek nie skoene het nie, toe sien ek iemand sonder voete.

    Jy laat my beskaamd staan omdat ek soms oor nietighede kla en dan is daar iemand soos jou Petro. Sy verdien net die hoogste respek.

  7. Dellie says:

    ‘n Wonderlike verhaal, Pikkie. En my respek aan jou, Petro. Mag jou paadjie vorentoe besaai wees met voorspoed.

  8. Paula says:

    Dankie dat jy die stukkie met ons gedeel het.
    Mag God vir Petro en haar gesin omvou in Sy groot beskerming en liefde!

  9. Wipneus! says:

    Pikkie ek hoop jy het al eskom!🙂

  10. Oconnor says:

    Search Hotels everywhere in the world! Low rates! No booking fees! Save money!

  11. Gill says:

    Really think we have to look at all options in this day and age. It is also important to consider what the current economic conditions will allow – I still think we may have reached the bottom of the cycle, but will take a lot longer to improve. directory

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: